Onderwerp 1.1 Flashcards
(12 cards)
Bestuurders ervaar meer druk in vergelyking met die verlede as gevolg van:
Globalisering
Tegnologiese innovasies
Neigings tot demokratisering
Verhoging in sosiale ongelykhede
Bestuur:
Definisie
Die proses om met of deur ander te werk om die besigheid se doelwitte so doeltreffend en effektief as moontlik te bereik in ‘n veranderende omgewing.
6 Komponente van bestuur
1.Bestuur is ‘n proses
2.Wat met of deur ander werk
3.Om die besigheid se doelwitte te bereik
4.Balansering van doeltreffend en effektiwiteit
5.Meeste maak van beperkte hulpbronne
6.Hantering van ʼn veranderde omgewing
Bestuursproses & funksie
Bestuur is a proses wat bestaan uit ‘n stel aktiwiteite met die doel om ‘n uitset te lewer.
Die bestuursfunksie in ʼn besigheid kan ook gesien word as ʼn proses.
Bestuurders neem deel aan die volgende 4 bestuursfunksies.
BOLB - Beplanning, Organinsering, Leiding, Beheer
Insette en uitsette van bestuursproses
Insette word deur bestuurders gebruik om doelwitte te bereik.
BV:
Mense
Kapitaal (Finansies)
Rou materiale (Fisiese hulpbronne)
Kennis (Informasie hulpbronne)
Entrepreneuriese vaardighede
Tegnologie
Informasie
Komponente
Half klaar gemaakte produkte
Die uitsette wat gerealiseer word deur hulpbronne te transformeer of te benut.
Effektiwiteit vs doeltreffendheid
Effektiwiteit beteken in wese om die regte dinge te doen.
Koppel uitsette met doelwitte.
Doeltreffend beteken in wese om dinge reg te doen.
Koppel inset met uitset.
Funksionele areas van bestuur
- Finansieel, aankope
- Bedrywighede, Navorsing & ontwikkeling, Bemarking
- Menslike hulpbronne, Openbare betrekkinge
Rolle van bestuur
- Interpersoonlike rol
Figuurkop
Leier
Skakeling - Inligting rol
Monitor
Verspreider
Woordvoerder - Besluitnemings rol
Entrepreneur
Probleem oplosser
Hulpbron toewyser
Onderhandelaar
BESTUURSVAARDIGHEDE: Tegniese vaardighede
Vermoë om onderwys, opleiding en ervaring toe te pas om ‘n taak, werk of projek te organiseer.
1. Tegniese kundigheid
2. Opheldering van doelwitte
3. Probleem oplossing
4. Verbeelding en kreatiwiteit
BESTUURSVAARDIGHEDE: Spanbou vaardighede
Vermoë om te kan luister en kommunikeer met ander en so n span te ontwikkel en te koordineer.
1. Luister vir insig
2. Aanwysing en afrig
3. Oplos van probleme as ‘n span
4. Koördineer en saam werk
Bestuursvaardighede benodig in vandag se dae
- Emosionele intelligensie
- Tegnologiese vaardighede
- Etiese leierskap en volhoubaarheid
- Veranderbestuur
- Deurlopende leer en ontwikkeling
BESTUURSVAARDIGHEDE: Dryfkrag vaardighede
Vermoë om doelwitte te stel, standaarde te handhaaf en optrede te evalueer.
1. Stel van optree standaarde
2. Beheer van besonderhede
3. Energie
4. Druk uit te oefen