Onderwerp 6: Dinamika van Markte Flashcards
(68 cards)
Wat is ‘n Mark
Enige plek waar kopers en verkopers bymekaar kom.
Hoef nie ‘n fisiese plek te wees nie.
Die samestelling van markte
1) Potensiële koper wat die produk wil en kan koop
2) Potensiële verkoper van ‘n omskryfbare produk moet die produk wil verkoop teen ‘n markprys
Omskryf Markprys
Die prys waarteen goedere verkoop word
Formule van Markprys
Verkoopsprys = Kosprys + Wins
Goedere trou
A.k.a Bona fide
Opregte motief om sonder boosheid handel te dryf en bedrog en oneerlikehid te voorkom.
5 Strukture wat die Dinamika van markte beïnvloed
1) Aard van die produk
2) Aantal kopers en verkopers
3) Prysbeleid
4) Beskikbaarheid van inligting
5) Toetrede/uittrede tot die mark
Omskryf Markstrukture
Word in terme van mededinging omskryf. Verdeel in Onvolmaakte mededinging en volmaakte mededinging
Onvolmaakte mededinging
Deelnemers kan markprys manipuleer.
Monopolie
Monopolistiese mededinging
Oligopolie
Monopolie
Slegs een verkoper wat die mark domineer
Kan ‘n Suiwer monopolie of ‘n Kwasi monopolie wees.
Suiwer Monopolie
‘n Monopolistiese markstruktuur waar daar geen mededinging bestaan nie a.g.v gunstige omstandighede soos enigste verskaffer in ‘n geografiese ligging of beskerming deir wetgewing
Kwasi monopolie
Lyk op die oog af soos ‘n monopolis maar voldoen nie aan al die vereistes nie
Daar is substituut produkte beskikbaar en niks verhoed ander ondernemimgs om die mark toe te tree nie.
Verdeel in twee; Natuurlike monopolie en kunsmatige monopolie
Kunsmatige monopolie
Die versperrings is Ekonomies van aard
Patenteegte en wetgewing
Natuurlike Monopolie
Hoë ontwikkelingskostes/ aanvangskostes verhoed toetrede
Kenmerke van ‘n monopolis (Teorie)
Slegs een verskaffer beheer alle aanbod (maar gewoonlik meer maatskappye) geen mededinging en monopoliste is prysmakers
Toegang word versper en is byna onmoontlik
Produkte is uniek met geen substitute en markinligting onvolledig beskikbaar
Substituut goedere
Alternatiewe vir produkte om dieselfde behoefte te bevredig
Unieke goedere
Enig in hul soort geen direkte substitute maar al die produkte wat deur die produsent self vervaardig word lyk presies dieselfde
Prysmaker
Bepaal self die prys van goedere en dienste en word nie bepaal deur markkragte nie
Prys
Monetêre waarde van goedere en dienste
Patentregte
bied wetlike eksklusiewe reg om ‘n produk te vervaardig
Aanvangskapitaal
Geld benodig om ‘n onderneming te begin
Omskryf en gee die formule vir gemiddelde inkomste
Die inkomste wat verdien word per eenheid
GI =TI / Q
Elastisiteit
Die gevoeligheid van ‘n afhanklike veranderlike op die verandering in die onafhanklike veranderlike
Pryselastisiteit
Verwys na die gevoeligheid (hoe die verbruiker reageer) van vraag en aanbod vir prysberanderinge