sure en basisse Flashcards
(11 cards)
Wat is die Arrhenius-teorie van sure en basisse?
‘n Suur is ‘n stof wat waterstofione (H’)/hydronium-ione (H3O) vorm wanneer dit in water oplos. ‘n Basis is ‘n stof wat hidroksied-ione (OH) vorm wanneer dit in water oplos.
Wat is die Lowry-Bronsted teorie?
‘n Suur is ‘n protonskenker (H+ -ioon skenker). ‘n Basis is ‘n proton ontvanger (H+ -ioon ontvanger).
Wat is ‘n sterk suur?
‘n Sterk suur ioniseer volledig om ‘n hoë konsentrasie H3O+ ione te vorm.
Wat is ‘n sterk basis?
‘n Sterk basis dissosieer volledig om ‘n hoë konsentrasie OH- ione te vorm.
Wat is ‘n swak suur?
‘n Swak suur ioniseer onvolledig om ‘n lae konsentrasie H3O+ ione te vorm.
Wat is ‘n swak basis?
‘n Swak basis dissosieer/(ioniseer in die geval van NH3) onvolledig om ‘n lae konsentrasie OH- ione te vorm.
Wat is gekonsentreerde sure/basisse?
Gekonsentreerde sure/basisse bevat groot hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met volume water.
Wat is verdunde sure/basisse?
Verdunde sure/basisse bevat ‘n klein hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met volume water.
Wat is die ekwivalente punt van titrasie?
Die punt waar die suur/basis volledig met die basis/suur gereageer het.
Wat is die eindpunt van titrasie?
Die punt waar die indikator van kleur verander tydens die titrasie.
Wat is ‘n amfiprotiese stof?
‘n Stof wat of as ‘n suur of as ‘n basis kan reageer, bv. water.