Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 1 Flashcards

1
Q

Hoekom, dink jy, het Benjamin die nege maal tafel oor en oor herhaal?

A

Hy was bang/vol vrees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat het Benjamin gedink sou hy doen as die mense van hom vergeet het daar in die magistraat se kantoor?

A

Deur die venster klim.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoekom sou Benjamin nie die trommel net daar kon los nie?

A

Dawid se baadjie, klere, kosgoed

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat openbaar die feit dat hy nie die trommel net daar kon los nie vir ons oor Benjamin se karakter?

A

Hy is verantwoordelik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoekom, dink jy, was Benjamin bly dat hy darem die geld in sy sak
gehad het?

A

As hy deur die venster moes klim en die trommel daar los, sou hy geld gehad het om mee kos te koop of iets.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Die volgende gebeure het plaasgevind terwyl Benjamin op die magistraat gewag het. Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE volgorde neer:

Benjamin het 5 sjielings in sy sak.
Benjamin herhaal die nege maal tafel.
Benjamin wil deur die venster klim as hulle van hom vergeet het.
Benjamin kan nie sonder die trommel teruggaan nie.

A

Benjamin herhaal die nege maal tafel.
Benjamin wil deur die venster klim as hulle van hom vergeet.
Benjamin kan nie sonder die trommel teruggaan nie.
Benjamin het die vyf sjielings in sy sak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom het die magistraat gedink Benjamin kry koud?

A

Hy het gebewe van vrees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat het die magistraat heel eerste probeer vasstel toe hy sy kantoor binnegestap het? Noem TWEE dinge.

A

Wat Benjamin se naam was.
Wat Benjamin kan onthou van die tyd voor hy in die Lange Kloof aangekom het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoe het Benjamin die magistraat die eerste keer aangespreek?

A

Weledele heer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hoe het die magistraat se liggaamshouding gewys dat hy geskok was op die manier waarop Benjamin hom aangespreek het?

A

Hy suig sy wange aan die kante in en laat dit dan weer uitbult.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Op watter dorp het die hofsitting plaasgevind?

A

Knysna.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoe het Benjamin die magistraat aangespreek toe die vrees te erg was?

A

Baas.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoe het die magistraat sy misnoë met Benjamin wat hom as ‘baas’ aanspreek kenne gegee?

A

Hy suig sy wange in en uit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoeveel seuns is ingeroep om saam met Benjamin aan die uitkenningsparade deel te neem?

A

4 seuns.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hoekom, dink jy, was Elias verskrik terwyl hulle daar in die hof was?

A

Om jou kind te kry na soveel jare is maar angswekkend/skrikkerig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Verduidelik waarom die magistraat dadelik vir Barta geglo het toe sy Benjamin as haar kind uitgewys het.

A

Sy het dadelik na Benjamin gestap en sonder twyfel na hom gewys as haar kind.

17
Q

Hoe het Benjamin na Barta verwys?

A

Bosvrou.

18
Q

Dink jy dit was regverdig teenoor Benjamin dat hy alleen sonder Fiela en Selling Knysna toe is om voor die magistraat te verskyn? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Hy was maar net ʼn kind.

19
Q

Hoe het Benjamin reageer toe die magistraat vir hom gesê het dat Barta hom as haar kind uitgewys het?

A

Hy het gesê hy is Fiela Komoetie se kind.

20
Q

Hoe het die magistraat aan Benjamin probeer verduidelik wat tydens die uitkenningsparade gebeur het?

A

Hy het aan hom verduidelik dat ʼn kind lank gelede in die Bos weggeraak het. Benjamin kon daardie kind wees, maar hy moes doodseker maak en dit was hoekom Benjamin daar was.Hy het hom tussen 4 ander seuns gesit om die uitkenning moeiliker te maak. Barta het sonder twyfel Benjamin dadelik as haar seun uitgewys.

21
Q

Op watter DRIE maniere het die magistraat in die hof probeer uitvind of Benjamin die Van Rooyens se kind was?

A

Eerstens het hy vir Benjamin gevra of hy iets kon onthou van die tyd voor hy in die Lange Kloof beland het. Hy het Benjamin tussen vier ander seuns laat staan. Hy het Barta laat inkom om haar kind uit te wys.

22
Q

Wat het Benjamin bly herhaal toe die magistraat vir hom gesê het hy moes saam met die Van Rooyens gaan?

A

Hy is Fiela Komoetie se hanskind.

23
Q

Hoe het Benjamin die magistraat probeer oortuig om hom nie saam met die Van Rooyens Bos toe te stuur nie?

A

Hy herhaal ʼn paar keer dat hy Fiela Komoetie se hanskind was. Die Bosvrou lieg as sy sê hy was haar kind.
Hulle is nie kaalgatte nie/hy het 5 sjielings. Hy sê ook dat hy Fiela en Selling Komoetie se hanskind was.

24
Q

Wat het die magistraat Benjamin beveel om te doen?

A

Om saam met die Van Rooyens terug Bos toe te gaan.

25
Q

Watter WOORD mag Benjamin nooit weer gebruik nie?

A

Baas.

26
Q

Hoe het die magistraat hierdie opdrag van hom om nooit weer ‘baas’ te sê nie geregverdig?

A

Benjamin is ʼn wit kind en moet leer om soos ʼn wit kind te praat.

27
Q

Hoekom sou jy sê dat die woord “baas” gedurende daardie politieke tyd nie die gebruiklike woord vir Benjamin was om te gebruik nie?

A

Mense van ander rasse het die witmense destyd so aangespreek/tydens apartheid was dit hoe die mense van ander rasse gepraat het.

28
Q

Die magistraat het gedink dat hy die regte besluit geneem het omdat …

A hy die wette van die land geken het.
B hy aanvaar het dat die Bosvrou eerlik was.
C daar reeds jare lank na ʼn verlore kind gesoek is.
D hy geweet het dat Selling vroeër in die tronk was.

A

A (hy die wette van die land geken het)

29
Q

Verduidelik waarom die sensusmanne reg opgetree het om vir Benjamin van Fiela af weg te vat. Verwys in jou antwoord na die politieke konteks van daardie tyd.

A

Fiela was bruin en Benjamin was ʼn wit kind. Dit is nie daardie tyd toegelaat nie.

30
Q

BENJAMIN: Ek is Fiela Komoetie se kind, baas, ons is nie kaalgatte nie, baas, ek sweer. Ek het vyf sjielings om dit te wys.

Op watter DRIE maniere (behalwe met die 5 sjielings) het Fiela nog seker gemaak dat Benjamin ʼn goeie indruk op die magistraat sou maak?

A

Nuwe skoene.
Nuwe hemp.
Dawid se baadjie.
Sy het sy broek reggemaak.
Sy het Benjamin self skoon gewas.
Hy moes sy beste klere aantrek voor die magistraat.
Het hom geleer om die magistraat se vrae reg te beantwoord (hulle besit grond).
Hy moes die magistraat as “weledele heer” aanspreek.

31
Q

Noem TWEE maniere hoe die dramaturg op bl. 69 dit reggekry het dat die leser Benjamin se vrees kon aanvoel.

A

Benjamin herhaal hy is Fiela Komoetie se hanskind. Hy gebruik woorde soos “sweer”, “baas” en “asseblief”.

32
Q

Verduidelik die uitdrukking “ons is nie kaalgatte nie.”

A

Hulle is nie arm nie/Hulle het geld.

33
Q

Dink jy die magistraat se opdrag aan Benjamin om saam met die Van Rooyens terug te gaan, is aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Fiela moes saam met Benjamin daar gewees het om haar kant te stel/die magistraat moes besef het hoe bang Benjamin was/hy moes die kind se belang (behoeftes) eerste gestel het.
OF
Ja. In daardie tyd was dit taboe vir ʼn wit kind om tussen bruin kinders groot te word/Fiela moes nooit vir Benjamin gehou het nie.

34
Q

Hoe het Benjamin in die hof gewys dat hy en Selling ʼn goeie verhouding het?

A

Hy het Selling in die hof as sy pa erken.