Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 2 Flashcards

1
Q

Waarheen was Benjamin op pad saam met Elias en Barta?

A

Bos toe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waarom het Benjamin besluit om die tog maar saam met Elias-hulle aan te pak?

A

Die magistraat het hom beveel om saam hulle te gaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoekom, dink jy, (buiten dat hy vreemd gevoel het) antwoord Benjamin nie vir Elias as hulle hom Lukas noem nie?

A

Hy voel hy is nie Lukas nie, maar Benjamin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

BARTA: Hoekom is die kind so sonder tong?
Word Barta se woorde hier DENOTATIEF of KONNOTATIEF gebruik?

A

Konnotatief

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoekom sou Elias dink dat Lukas dalk moeg kon wees?

A

Dit is ver en moeilik om so deur die bos te stap.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoekom het Elias gedink, wou Lukas nie praat nie?

A

Hy voel vreemd.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom het Elias nie getwyfel dat Benjamin Lukas was wat weggeraak het nie? Gee TWEE redes.

A

Barta het hom dadelik uitgewys as hulle kind. Hy is net so maer soos Nina.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Na wie het Lukas geaard?

A

Nina.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoekom het Elias volgens jou gedink dat Lukas na Nina aard?

A

Hy is maer soos Nina.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hoekom het Barta gedink wou Lukas nie by hulle sit toe hulle gerus het nie?

A

Nog skaam.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat het Elias en Barta met Lukas se trommel gedoen?

A

Benjamin se kos uitgehaal en dit geëet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoekom was daar so baie mense toe Lukas-hulle by die boshuis aangekom het?

A

Almal was nuuskierig oor die verlore seun wat weer gevind is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Waarom, dink jy, sou almal aan Lukas wou vat?

A

Hulle was verras/verbaas oor die feit dat die seun nie dood is soos hulle gedink het nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat het Lukas gedoen toe die kinders aan hom gevat het?

A

Hy het hulle geskop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wie het vir Lukas ingetree?

A

Tant Gertjie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Hoekom het Tant Gertjie gevoel almal moes Lukas uitlos? Gee DRIE redes.

A

Sy sê hy was bang, gedaan, verwilderd.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Hoe het Lukas vir ons gewys dat hy Willem en Nina nie as sy familie erken het nie? Gee TWEE redes.

A

Hy weier om op te kyk en hulle te groet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Watter karaktereienskap van Elias word op hierdie bladsy uitgehef?

A

Sy ongeduld.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Het jy begrip vir Lukas in hierdie situasie waarin hy hom bevind? Motiveer jou antwoord.

A

Ja. Hy is bang en almal is vreemd vir hom/hy ken niemand nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Watter emosie ontlok Lukas se situasie by jou as leser?

A

Simpatie/jammerte.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Wat het Nina vir Lukas aangebied om te eet?

A

Patat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Hoe het Nina Lukas se aandag probeer kry?

A

Sy wou weet of hy ʼn geheim kon hou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Het Nina se manier van aandag soek dadelik met Lukas gewerk? Gee TWEE redes.

A

Nee. Hy het gesê hy gaan nêrens nie. Hy wag vir sy ma.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Wat het Nina gesê gaan met Lukas gebeur as hy heeldag so sit?

A

Hy gaan bobbejaanboude kry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Hoekom, dink jy, het Nina regtig Lukas se aandag probeer kry?

A

Sy was alleen/het iemand gesoek om haar geheime mee te deel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

LUKAS: Ek wag vir my ma.
Wie is die ma na wie Lukas hier verwys?

A

Fiela Komoetie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

LUKAS: Ek wag vir my ma.
Wat word met hierdie woorde oor Benjamin se verhouding met Fiela geïmpliseer? Verduidelik jou antwoord.

A

Goeie verhouding. Hy het geweet Fiela sal na hom kom soek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

NINA: Pa sê hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom. Van môre af gaat hy vir jou lekker kortvat.
Na watter “nuk” het Nina verwys?

A

Hy hou vol hy is Benjamin en nie Lukas nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

NINA: Pa sê hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom. Van môre af gaat hy vir jou lekker kortvat.
Wat het Nina met die woorde “kortvat” gesuggereer?

A

Elias gaan hom slaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Hoekom wou Lukas aanvanklik nie saam met Nina in die bos gaan speel nie?

A

Hy wag vir Fiela om hom te kom haal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Noem die twee voëls wat Nina gehoor het?

A

Bosduif en bosloerie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Wat wou Lukas by Nina weet?

A

Hoe ver die pad Lange Kloof toe is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Watter pad het na die Lange Kloof toe geloop?

A

Die hardepad/Diepwalle.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Wat impliseer “hardepad”?

A

Nie ʼn maklike pad is om te loop nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Wat wou Lukas hê moes Nina hom gaan wys?

A

Hoe om by die hardepad te kom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
36
Q

Hoe het Nina Lukas gekry om saam met haar in die bos te gaan?

A

Sy het genoem dat die geheim wat sy hom wou wys op pad na die “hardepad” toe was.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
37
Q

Watter raad het Nina vir Lukas gegee as hulle olifante op die pad sou kry?

A

Hy moes ʼn dik boom kies om te klim.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
38
Q

Wat sou jy gedoen het as jy Lukas was en jy moes by die van Rooyens in die Bos gaan woon het?

A

Ek sou weggehardloop het/geskree het/baklei het/dit maar aanvaar het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
39
Q

Hoe sou jy gevoel as jy Lukas was en jy moes by die van Rooyens gaan bly?

A

Eensaam/bang/hartseer/ongelukkig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
40
Q

Wat is die funksie van “(op band)” in die eerste spreekbeurt?

A

Lukas se gedagtes/dit is wat hy dink/hy praat nie hardop nie/hy praat met homself.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
40
Q

Hoekom het Lukas nie vir Nina vertrou nie?

A

Sy het sy slaaphemp as ʼn rok gedra.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
41
Q

Hoe het Lukas Nina beskryf?

A

Sy was so tars soos ʼn klipbok. Sy was ʼn wilde ding.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
42
Q

Benoem die beeldspraak in reël 4 van die eerste spreekbeurt.

A

Vergelyking

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
43
Q

Skryf die beeldspraak in reël 4 van die eerste spreekbeurt neer.

A

So rats soos ʼn klipbok.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
44
Q

Na wie het Lukas verwys as “my ma”?

A

Fiela Komoetie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
45
Q

Waarom het Nina aanvaar dat Lukas haar verlore broer was? Gee TWEE feite.

A

Barta het hom dadelik uitgewys as haar kind en Benjamin is wit, terwyl Fiela-hulle bruin was; dus kon Fiela nie sy ma wees nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
46
Q

Wat het Nina van Lukas gevat?

A

Sy slaaphemp.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
47
Q

Waaruit kan ons aflei dat Lukas nie baie gelukkig was oor bogenoemde nie?

A

Hy wou by haar weet hoe sy dink, gaan sy ma (Fiela) die hemp weer skoon kry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
48
Q

Hoe het Nina gereageer op Lukas se woorde dat hy Fiela se kind was?

A

Sy het gesê dat bruin mense nie ʼn wit kind kon hê nie.

49
Q

Hoe het Lukas Nina aangespreek as hy haar nie op haar naam genoem het nie?

A

Meisiekind.

50
Q

Hoekom was Lukas so bang toe Nina vir hom in die bos weggekruip het?

A

Hy ken nie die bos nie.

51
Q

Hoe het Lukas Nina beskryf toe sy skielik weer verskyn en gelag het oor sy vrees? Gee TWEE woorde.

A

Onbeskof en simpel.

52
Q

Wat het Nina agter ʼn boom uitgegrawe?

A

4 bottels.

53
Q

Waar het Nina haar bottels gekry?

A

Van hulle het sy opgetel. Sy het een by tant Gertjie gesteel.

54
Q

Watter soort bottel het Nina by tant Gertjie gesteel?

A

Die kraffie.

55
Q

Hoekom het sy dié kraffie by tant Gertjie gesteel?

A

Dit maak die mooiste klank.

56
Q

Wat was Nina se geheim?

A

Sy maak die voëls se geluide na deur op die bottels te blaas.

57
Q

Watter voëls kon Nina na-aap?

A

Piet-my-vrou
Muisvoël
Bosduif
Loeries

58
Q

Watter voël het sy gesukkel om te na-aap?

A

Lawaaimakertjies.

59
Q

Voltooi die sin met EEN WOORD.

Wanneer Nina op haar bottels blaas, maak sy ________________

A

Musiek.

60
Q

Hoekom sou jy sê, was Nina kunstig?

A

Sy kon musiek maak deur op die bottels te blaas.

61
Q

Hoe het Elias sy kinders getugtig/berispe?

A

Hy het hulle met die osriem geslaan.

62
Q

Hoe sal jy Elias se karakter beskryf na aanleiding van sy manier oor hoe hy sy kinders geslaan het? Gee slegs EEN WOORD.

A

Wreed.

63
Q

Stem jy saam met Elias se manier van tugtiging? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Lyfstraf is teen die wet/
Ja. ʼn Mens moet jou kind tugtig/slaan maar nie so hard dat jy die kind mishandel nie.

64
Q

Wat sou Elias doen as Lukas nie ophou neul om terug te gaan na Fiela toe nie? Gee TWEE feite.

A

Hy gaan hom met die osriem slaan tot hy homself natmaak.

65
Q

Waaruit kan ons aflei dat Elias geen genade toon wanneer hy sy kinders slaan nie?

A

Nina sê dat hy hom gaan slaan tot hy homself gaan natmaak.

66
Q

Hoe het Lukas dit reggekry dat Nina hom die pad uit die bos sou wys?

A

Hy het haar met die 5 sjielings omgekoop.

67
Q

Waaruit kan jy aflei dat Nina nie geld geken het nie?

A

Sy wou weet hoeveel ʼn halfkroon is.

68
Q

Wat wou Nina vir haarself met die 5 sjielings koop? Noem TWEE dinge.

A

Mondfluitjie en ʼn kombers.

69
Q

Verduidelik hoekom Nina nie meer haar eie kombers het nie.

A

Die grootvoete het die kombers vertrap toe Elias die kombers moes neergooi toe hulle hom gejaag het.

70
Q

Die bosmense was liggelowig.

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.

A

Ja. Hulle mag nie die woord “olifant” gebruik nie want dan sal die olifante dink jy roep hulle en hulle sal jou jaag.

71
Q

Watter woord het die bosmense vir die olifante gebruik?

A

Grootvoete

72
Q

Waaruit kan ons aflei dat Nina nie geleerd was nie?

A

Sy het nie geweet wat ʼn halfkroon was nie/nie geweet hoeveel geld 5 sjielings is nie.

73
Q

Watter belofte het Nina aan Lukas gemaak?

A

Sy sal Lukas die hardepad wys in ruil vir die 5 sjielings.

74
Q

Dink jy Lukas het enige kennis van die bos gehad? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Nee. Hy was baie bang toe Nina vir hom weggekruip het/Hy het Nina gevra om hom die pad uit die bos te wys.

75
Q

Watter voordeel het dit vir Nina ingehou om Lukas by hulle in die huis te hê? Noem TWEE voordele.

A

Sy kon haar geheime met hom deel.
Sy het sy slaaphemp as ʼn rok gedra.

76
Q

Watter vooroordeel kom tot dusver in hierdie drama na vore?

A

Wit en bruin mag nie saam bly nie/dit is verkeerd om as bruin mens ʼn wit kind groot te maak.

77
Q

Wat was die Van Rooyens se stapelvoedsel?

A

Patats.

78
Q

Waarvoor wou Elias Lukas gebruik/tot watter voordeel was Lukas vir Elias?

A

Om balke te saag/om vir hom te werk.

79
Q

Wat was Barta se verskoning dat Elias Lukas nie mag slaan nie?

A

Die magistraat sal gereeld die boswagter stuur om te kom kyk of Lukas wel is.

80
Q

Waarom was Elias versigtig om aan Lukas te slaan?

A

Die magistraat sal gereeld die boswagter stuur om te kom kyk of Lukas wel is.

81
Q

Verduidelik die sin “sy nuk kan uitsweet” in jou eie woorde.

A

Om te werk tot jy nie meer vol nonsens is nie/veel baklei in jou oor het nie.

82
Q

Verduidelik die sin “dis in my vuur wat die kaiing lê”.

A

Dit is sy plig as ouer om self die probleem op te los.

83
Q

Watter WOORD het Lukas gebruik wat Elias ontstel het?

A

Baas.

84
Q

Hoekom het die gebruik van die woord ‘baas’ Elias so ontstel?

A

Dat sy wit kind vir ʼn ander wit man “baas” sê, was vir hom verkeerd. Net bruinmense het die woord teenoor blankes gebruik.

85
Q

Wat, volgens Elias, was die rede waarom Lukas die woord ‘baas’ gebruik het?

A

Hy was te lank onder die bruingoed se invloed.

86
Q

Wat was vir Barta ʼn goeie teken in verband met Lukas?

A

Lukas saam met Nina Bos toe.

87
Q

Watter werk moes Nina om die huis doen?

A

Skoffel.

88
Q

Wat het Nina dan gewoonlik gedoen as sy moes werk?

A

Sy het met die skoffel gedans.

89
Q

Waarom wou Elias hê, moes Nina uit die Bos bly?

A

Dit was nie ʼn plek vir ʼn meisiekind nie.

90
Q

Dink jy dit is reg om geweld teenoor jou kinders te gebruik as hulle ongehoorsaam is? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Dit is mishandeling en wreed en jy kan tronk toe gaan daarvoor.

91
Q

Elias is ʼn rassis.

Stem jy saam met die stelling? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Ja. Hy verwys na Fiela-hulle as “bruingoed”/Dit was vir hom onaanvaarbaar dat Lukas wat wit is, ander wit mense as “baas” aanspreek.

92
Q

Elias voel dat Lukas te lank onder die invloed van die “bruingoed” was.

Wat is so ironies omtrent hierdie denkwyse van Elias?

A

Elias is die een wat geen respek vir ander (sy vrou en kinders) het nie, terwyl Fiela en haar mense mekaar en ook ander met respek behandel.

93
Q

Waarvoor het Elias gedink was Nina en Lukas goed?

A

Om leeg te lê.

94
Q

Hoe het Barta vir Nina verdedig?

A

Sy het glo die vorige week heel week geskoffel.

95
Q

BARTA: Jy sal haar nie uit die Bos hou nie.

Watter karaktereienskap van Nina word met die stelling geopenbaar?

A

Sy was wild/ongetem.

96
Q

Wat sou Elias met Nina doen as sy nie uit die Bos wou bly nie?

A

Hy sou haar vasmaak soos jy ʼn wegloop-os vasmaak.

97
Q

Watter dier word so wreed vasgemaak om hom in sy kraal te hou?

A

Os.

98
Q

Benoem die beeldspraak wat hier gebruik word in verband met die os.

A

Vergelyking.

99
Q

Waarom wou Elias vir Lukas en Nina ʼn pakslae gee?

A

Hulle het nie die werk gedoen wat Elias hulle beveel het om te doen nie.

100
Q

Hoe het hulle daarin geslaag om onder Elias se oë te verdwyn?

A

Hy het gesit en slaap terwyl hulle moes werk.

101
Q

Waarvoor was Barta bang as Elias vir Lukas gaan slaan?

A

Merke wat die boswagter gaan sien.

102
Q

Wat beteken dit as Elias vir Barta vra of hy eers die magistraat se “tjap” moet kry voor hy Lukas kan slaan?

A

Hy die magistraat se toestemming moes kry voor hy Lukas kan tugtig.

103
Q

Hoekom sou Barta moes help as Elias vir Nina wou slaan?

A

Sy hardloop weg.

104
Q

Dink jy Nina se weghardloopry is aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord.

A

Ja. Ek sal ook weghardloop as my pa my so wreed en vir niks wil slaan.

105
Q

Noem TWEE maniere waarop Elias die kinders wou straf as hulle terugkom?

A

Hulle gaan bylkap tot hulle lê.
Hulle gaan ʼn balk uit ʼn blok haal.

106
Q

Na wie het Elias verwys as “maaksel” en “vreksel”?

A

Nina.

107
Q

Watter tipe vader sou jy sê, was Elias?

A

ʼn wrede pa/hy mishandel sy kinders/slegte pa.

108
Q

Op watter manier het Elias Nina hier mishandel?

A

Hy trek haar aan haar hare.

109
Q

Waaruit kan ons aflei dat Nina haar belofte aan Lukas nagekom het?

A

Sy het vir hom die pad gewys Diepwalle toe.

110
Q

Wat was Nina se verskoning aan Elias oor hoekom sy Bos toe was?

A

Sy het na Lukas gaan soek want hy het weggeloop.

111
Q

Hoekom het Nina nie net eerder die waarheid aan Elias erken nie? Verduidelik jou antwoord.

A

Sy was te bang vir Elias. Hy is baie wreed wanneer hy sy kinders slaan.

112
Q

Waar het Nina laas vir Lukas gesien?

A

In Kom-se-Bos.

113
Q

Hoe het Lukas, volgens Nina, geweet om by Diepwalle uit te kom?

A

Hy het glo vir Nina gesê hy ken die pad want dit was waarlangs hy saam met Barta en Elias gekom het.

114
Q

Waaruit kon Elias dadelik aflei dat Nina vir hom gelieg het?

A

Nina het vir hom gesê dit was die pad waarlangs hulle met Lukas gekom het, maar volgens Elias was dit donker.

115
Q

Om watter redes was almal verskrik toe hulle uitgevind het Lukas was alleen in die bos op pad terug Lange Kloof toe? Gee DRIE moontlike redes.

A

Lukas ken nie die bos en kan dus verdwaal.
Daar is olifante wat hom kan jaag.
Wat gaan hy wat Elias is vir die magistraat sê as Lukas weer weg is.

116
Q

Hoe gaan Elias die wegloopsituasie oplos?

A

Hy gaan hom met die osriem haal en terugbring.

117
Q

Wat word gesuggereer as Elias die lantern saam met hom vat?

A

Dit gaan lank vat om Lukas te vind want hy weet nie hoe groot voorsprong Lukas het nie.

118
Q

Is Barta, volgens jou, ʼn rolmodel vir vandag se moderne vrou? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Nee. ʼn Vrou van vandag kan vir haarself besluite neem en opstaan. Vrouens van vandag is nie so passief en onderdanig soos in die verlede nie.

119
Q

Waaruit kan die leser aflei dat Lukas ʼn pakslae gaan kry?

A

Elias vat die osriem saam.

120
Q

Waarheen was Lukas op pad?

A

Lange Kloof toe.