Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 6 Flashcards

1
Q

FIELA: Se moer. (Klop by ʼn ander deur)
Hoekom is die gebruik van die kragwoord hier effektief?

A

Om te beklemtoon dat Fiela haar deur niks gaan laat stop om die magistraat te sien nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe het Fiela na die magistraat verwys?

A

Salomo.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Dink jy Fiela het besef dat sy besig was om met die magistraat te praat? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Nee, want as sy geweet het sou sy nie so aanvallend gewees het nie/sy sou nederiger gewees het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Hoe het Fiela die magistraat aangespreek toe sy besef het met WIE sy praat?

A

“weledele heer”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoekom was dit aanvaarbaar van Fiela om na die magistraat as Salomo te verwys?

A

Hy het soos Salomo destyds besluit wat met die kind moes gebeur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat was die eerste vraag wat Fiela aan die magistraat gestel het?

A

Hoekom net een vrou laat kom is toe die kind deurgesny moes word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Watter waarskuwing het die magistraat aan Fiela gerig?

A

Hy gaan haar laat arresteer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Waarom kon die magistraat, volgens Fiela, haar nie laat arresteer nie?

A

Hy kon haar nie laat arresteer nie omdat sy net kom uitvind het wat met haar kind gebeur het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoe het Fiela reageer toe sy uitgevind het dat sy nog die hele tyd met die magistraat gepraat het?

A

Sy het na haar asem gesnak. Hom dan met respek aangespreek as “weledele heer”.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Waarom wou die magistraat nie die saak verder met Fiela bespreek nie?

A

Volgens hom is die saak afgehandel – die kind is aan sy regte ouers terugbesorg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Waarom was Fiela vasbeslote dat Benjamin nie die Van Rooyen-kind kon wees nie?

A

ʼn Kind van 3 jaar oud kan nie van agter die Bos tot in die Lange Kloof loop nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat het die magistraat Fiela herhaaldelik geantwoord aangesien hy nie vir haar ʼn ander aanvaarbare antwoord gehad het nie?

A

Die saak is afgehandel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoekom het die magistraat geglo dat hy die regte besluit gemaak het? Gee TWEE redes.

A

Die Bosvrou het hom dadelik tussen 4 ander seuns as haar eie uitgeken. Daar was ʼn getuie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wie was die getuie na wie die magistraat verwys het?

A

Die konstabel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat sal God die mens nooit vergewe nie?

A

Die kwaad wat aan ʼn kind gedoen word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat het Fiela gedink kon die rede gewees het waarom die Bosvrou dadelik Benjamin as haar eie uitgeken het?

A

Geluk.

17
Q

Met watter strikvraag wou Fiela hê, moes die magistraat vir Barta konfronteer?

A

Hy moes die Bosvrou vra watter klere die kind aangehad het die dag van sy verdwyning.

18
Q

Hoekom het die magistraat gevoel dat die klere geen verskil sou maak nie?

A

Fiela kon ook gejok het oor die klere.

19
Q

Hoekom kon Fiela nie vir die magistraat enige fisiese bewyse van die klere gee nie?

A

Dit is opgevreet die jaar tydens die kriekeplaag.

20
Q

Hoe het Fiela aan die magistraat probeer bewys dat sy goed vir Benjamin kon sorg?

A

Vir hom genoem dat sy die Laghaans se grond gaan koop en dit op Benjamin se naam gaan sit.

21
Q

Dink jy Fiela het die waarheid gepraat? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Ja. Fiela is ʼn gelowige mens en sy het gesê dat sy op die Grootboek sal sweer.

22
Q

Waarna verwys die Grootboek?

A

Die Bybel.

23
Q

Wat het Fiela gedoen toe sy besef het dat die magistraat onversetlik in sy besluit was?

A

Sy smeek hom om vir haar te sê by watter mense Benjamin is.

24
Q

Waarmee het die magistraat Fiela gedreig om haar van Benjamin af weg te hou?

A

Hy sou aan die magistraat op Uniondale skryf om Fiela te laat dophou. Om stappe teen haar te neem as sy enige moeilikheid veroorsaak.

25
Q

Beskryf Fiela se emosies toe sy deur die magistraat belet is om enige kontak met Benjamin te maak? Gee slegs TWEE woorde.

A

Verslaentheid
Magteloosheid

26
Q

Dink jy die magistraat verdien enige simpatie van die leser se kant af? Motiveer jou antwoord.

A

Ja – Hy het gedoen wat reg was volgens die wet want die vrou het die kind dadelik tussen 4 ander seuns as haar eie uitgeken/
Nee – Hy kon Fiela ook ingeroep het en albei kante van die saak oorweeg het.