1.7 Die Impak van onlangse wetgewing op besighede NKW Flashcards

1
Q

Waarvoor staan NKW?

A

Nasionale Kredietwet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Verduidelik kortliks die NKW

A

Die NKW is
gepromulgeer/ ingestel om hoë vlakke van verbruikerskuld te bekamp, en om
verantwoordelikheid te bevorder in die neem van ingeligte besluite voor
verbruikers op krediet koop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die doel van die NKW

A
  • Bevorder ‘n regverdige, maar mededingende kredietmark.
  • Maak voorsiening vir die instelling van die National Credit Regulator / NCR
  • Bevorder die sosiale en finansiële belang van verbruikers.
  • Verseker dat verbruikers weet wat in hul kredietkontrakte vervat is.
  • Verseker registrasies van kredietburo’s en skuldberadingsdienste.
  • Voorkom diskriminasie en verseker dat krediet beskikbaar is vir alle verbruikers.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Voordele van NKW op besighede

A
  • Laer slegte skuld wat beter kontantvloei tot gevolg het.
  • Beskerm besighede teen nie-betalende verbruikers.
  • Gemagtigde kredietverskaffers kan meer klante lok.
  • Lei tot meer klante deur kredietverkope, aangesien hulle nou beskerm word teen misbruik.
  • Verhoog kontantverkope aangesien krediet slegs aan kwalifiserende klante verleen kan word.
  • Roeie roekelose uitleen uit en voorkom dat besighede banktrot word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Nadele van NKW op besighede.

A
  • Besighede kan nie meer krediet bemarking doen nie.
  • Besighede sukkel om krediet te kry soos banklenings / oortrokke betalings.
  • Besighede wat nie die NKW nakom nie, kan regstappe in die gesig staar.
  • Skuldinvorderingsprosedures is meer kompleks en duur.
  • Minder klante koop op krediet omdat dit moeiliker is om krediet te kry.
  • Verhoog die administratiewe las vir kredietverskaffers.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Diskriminerende optrede/ oortredings volgens die NKW

A
  • Weiering van krediet aan klante op grond van geslag / ras.
  • Verskaf verskillende rentekoerse aan klante op grond van geslag / ras.
     Swartlys klante sonder om te poog om die skuld te verhaal.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Strawwe vir die nie-nakoming van die NKW

A
  • Die onderneming mag nie betaling eis, dagvaar of kliënte / verbruikers se salarisse / bates heg nie.
  • Die besigheid mag geen fooie / rente / ander heffings hef onder die spesifieke kredietooreenkoms nie.
  • Die hof kan die toekenning van krediet deur die besigheid roekeloos verklaar en kan verbruikers beveel om nie die krediet / of ‘n gedeelte daarvan aan die besigheid terug te betaal nie.
  • Die Nasionale Kredietreguleerder kan ‘n boete oplê vir die onderneming weens nie-nakoming.
  • Die onderneming dra alle kostes dra vir die verwydering van negatiewe inligting van kliënte / verbruikers wat as gevolg van roekelose lenings op die swartlys geplaas is.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Maniere waarop ondernemings die NKW kan nakom

A
  • Bied aansoekers verklarings voor ooreenkoms aan.
  • Openbaar alle koste van die lening / Geen verborge koste moet gehef word / bygevoeg word nie.
  • Kredietverskaffers moet by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer wees.
  • Doen bekostigbaarheidsassesseringf om te verseker dat die verbruiker in staat
  • is om sy / haar verpligting na te kom.
  • Doen kredietondersoek by ‘n geregistreerde kredietburo en raadpleeg die Nasionale Kredietregister.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verbruikersregte in die termyn van die NKW

A

Verbruikers het die reg om:
* Aansoek te doen aan krediet vry van diskriminasies.
* Inligting te ontvand in duidelike en verstaanbare taal.
* Dokumente te ontvang soos vereis deur die Wet.
* Dokumentasie te ontvang voordat enige krediettransaksies beklink
* Redes te verkry vir die weiering van krediet.
* Billike en verantwoordelike bemarking.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly