Algemeen Flashcards
(29 cards)
In die alfabet is daar 5 … en 21 … ?
5 vokale en 21 konsonante
Noem die vokale?
a, e, i, o en u
Wat is rymwoorde?
Rymwoorde klink dieselfde (bv. “sing” en “kring”)
Hoeveel vraagwoorde kan jy onthou?
wie (who) hoekom (why) waarom (why) waar (where) wat (what) wanneer (when) hoeveel (how many) hoe (how)
Wat is naamwoorde?
Naamwoorde is die name van mense, dinge en plekke.
Wat doen ‘n byvoeglike naamwoord?
Vertel jou meer van ‘n naamwoord / beskryf ‘n naamwoord.
Wat is ‘n werkwoord?
‘n Aksie woord (verb).
Wat doen ‘n bywoord?
Vertel jou meer van hoe iets gedoen word / beskryf ‘n werkwoord.
Wat is ‘n samestelling?
Wanneer 2 of meer woorde saamgevoeg word (bv. sak + geld = sakgeld)
Wat is die verskil tussen “se” en “sê”?
Naomi se ouma sê: “Ek is lief vir dans.”
Wat is die verskil tussen “voel” en “voël”?
Ek voel soos ‘n voël wanneer ek dans.
Wat is die verskil tussen “klere” en “kleure”?
Die seun dra klere. Die kleure van sy klere is blou en wit.
Skryf die volgende in direkte rede:
Florence vra hoe die soldaat se been voel.
Florence vra: “Hoe voel jou been?”
Skryf die volgende in indirekte rede:
Die soldaat sê: “Dit is seer.”
Die soldaat sê dat dit seer is.
Wat noem mens die naam van ‘n boek?
Die titel.
Wat noem mens die persoon wat ‘n boek geskryf het?
Die skrywer.
Wat noem mens die prente in boeke?
Illustrasies.
Hoe word boeke rangskik in ‘n biblioteek?
Alfabeties, volgens die skrywer se van.
Wat noem mens die persoon waaroor die boek gaan?
Die hoofkarakter.
Hoe groet mens met informele taal?
Hallo, hi, koebaai, tata, ens.
Hoe groet mens met formele taal?
Goeiemôre, goeiedag, tot siens, ens.
Noem die maande van die jaar.
Januarie Februarie Maart April Mei Junie Julie Augustus September Oktober November Desember
Noem die dae van die week.
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
Noem die seisoende van die jaar.
Somer (Desember, Januarie, Februarie)
Herfs (Maart, April, Mei)
Winter (Junie, Julie, Augustus)
Lente (September, Oktober, November)