Bl. 5 - 8 Notas Die spysverteringstelsel Flashcards
(65 cards)
Watter tipe voedselstof is belangrik vir die opbou en herstel van selle?
Proteïene
Wat is die hoofbron van energie vir die liggaam?
Koolhidrate
Watter voedselstof help met die regulering van liggaamsprosesse en voorkoming van siektes?
Vitamiene
Watter voedselstof help om gesonde bene, tande en spiere te bou?
Minerale
Watter stof help die spysverteringstelsel en voorkom hardlywigheid?
Vesel (oftewel: rou voedsel)
Waarom is water belangrik in die liggaam?
Dit is ‘n oplosmiddel, afkoelmiddel en vervoermiddel in die liggaam.
Wat is die funksie van proteïene in die liggaam?
Verskaf boumateriale vir groei en herstel van selle,en vervaardiging van ensieme/hormone en teenliggaampies
Wat is die funksie van vette?
Gee langtermyn energie, beskerm organe + isoleer teen koue
Wat is die doel van ‘n gebalanseerde dieet?
Om al die nodige voedingstowwe in die regte verhoudings aan die liggaam te verskaf vir gesondheid en die vermyding van siektes a.g.v. tekorte
Wat beteken ‘n dieet is nie gebalanseerd nie?
Daar is te veel of te min van sekere voedingstowwe, wat kan lei tot gesondheidsprobleme.
Wat sluit makro-voedingstowwe in?
Koolhidrate, vette en proteïene.
Wat sluit mikro-voedingstowwe in?
Vitamiene en minerale
Wat is die doel van die spysverteringstelsel?
Om makro-molekules wat deur die mond ingeneem word deur ingestie af te breek tot hul basiese molekules (monomere) deur chemiese en meganiese vertering , sodat die monomere deur bloed vervoer kan word tot by die selle vir gebruik.
Gee ‘n voorbeeld van ‘n voedselsoort wat ryk is aan koolhidrate
Brood, pasta, rys, aartappels.
Watter voedselsoorte is goeie bronne van proteïene?
Vleis,vis, eiers,bone, melk en hoender
Watter kossoorte bevat gesonde vette?
Avokado, sade, botter en olyfolie
Wat is ‘n voorbeeld van ‘n voedselsoort ryk aan vitamiene?
Vrugte en groente soos lemoene (vitamien C), wortels (vitamien A).
Gee voorbeelde van minerale
kalsium
yster
Jodium
Wat is ‘n voorbeeld vesels?
Bruinbrood (Die selwande van plante bestaan uit vesel)
Watter siekte kan voorkom as jy te veel of te min vette inneem?
Hartsprobleme
Oorvoeding en Vetsug
Wat gebeur by ’n tekort of oormaat aan proteïene?
Kwashiorkor, geen proteïen strukture nie
Wat is siektes wat deur ’n vitamientekort veroorsaak word?
A- Nagblind
B- Beri-beri
C- Skeurbuik
D- Ragitis
Wat is ’n gevolg van ’n tekort of oormaat aan minerale?
Sagte bene en tande (Kalsium)
Anemie (Yster)
Goiter (Jodium)
Watse siekte kan ontstaan a.g.v. ‘n oormaat of tekort aan vesel?
Hardlywigheid en hartsprobleme