Die Impak van Onlangse Wetgewing op Besighede. Flashcards
(50 cards)
Doel van die WVO.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING.
Belê in die onderwys en opleiding van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag.
Herstel doelbewus wanbalanse van die verlede deur onderwys en opleiding.
Verbeter die werksvooruitsigte van voorheen benadeelde mense.
Die impak van die WVO.
Positief:
Verbeter die opbrengs op belegging (OOB) in onderwys en opleiding.
Verhoog belegging in onderwys en opleiding in die Suid-Afrikaanse
arbeidsmark.
Negatief:
Besighede vind dit moeilik om die implementering van hierdie Wet te monitor en te beheer.
Die implementering van die WVO is tydrowend, duur, voorskriftelik en
administrasie-intensief.
Optredes wat nie voldoen aan die WVO nie.
Die voorkoming van gekwalifiseerde werknemers om toegang tot
opleidingsgeleenthede en leerlingskappe te verkry.
Die onregverdige bevordering van vaardigheidsontwikkeling, byvoorbeeld, waar slegs sekere werknemers bevoordeel word.
Die verskaffing van verkeerde en ontoepaslike inligting oor ‘n leerlingskap om werknemers doelbewus te mislei.
Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WVO.
Besighede wat nie aan die WVO voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang wat hulle dwing om aan die wet te voldoen.
Besighede wat versuim om aan die WVO te voldoen, kan groot boetes
ontvang en kan tronkstraf kry.
Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word, wat die bedrywighede van die besigheid staak.
Maniere waarop besighede vereistes van die WVO kan nakom.
Vertoon ‘n opsomming van die WVO in die besigheid waar dit vir alle
werknemers sigbaar is.
Gee geleenthede aan alle werknemers om hul vaardighede te verbeter.
Bevorder en moedig werknemers aan om hul vaardighede te verbeter en
aktief by leerlingskappe betrokke te raak.
Die rol/funksies van SOOO (Sektorale Onderwys-
en-Opleidingsowerhede) (SETA) in die ondersteuning/implementering van die WVO.
Die rol en funksie van ‘n SETA:
registreer verskillende leerlingskappe en leerprogramme.
bevorder en vestig verskillende leerlingskappe.
ontwikkel vaardigheidsontwikkelingsplanne vir die verskillende ekonomiese sektore.
Befondsing van SETAs.
Skenkings/Toelaes ontvang van die publiek/besighede/KMI-programme.
Surplusfondse van staatsinstellings.
Fondse ontvang uit die lewering van hul dienste.
Die betekenis van leerlingskappe.
‘n Leerlingskap is ‘n teoretiese en praktiese opleidingsgeleentheid wat lei tot ‘n erkende beroepskwalifi kasie.
‘n Leerlingskap verskaf gestruktureerde leerprogramme wat gedurende werksure vir ‘n bepaalde tydperk voltooi word.
Dit sluit ‘n opleidingskursus met leermateriaal sowel as praktiese
werkservaring in.
Verduideliking van Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. (NVOS)
Verduideliking van die Menslike Hulpbronstrategie. (MHOS)
NVOS: Memoriseer die komponente en verstaan hoe dit verbruikers bevoordeel.
MHOS: Fokus op die doel, strategieë, en impak op besighede en werkskepping.
Doel van die WAV.
DIE WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE.
Bevorder kollektiewe bedinging op die werkplek/sektorale vlak.
Bevorder billike arbeidspraktyke tussen werkgewers en werknemers.
Bevorder sosiale geregtigheid wat
verseker dat die werkplek die basiese regte van werknemers handhaaf.
Die impak van die WAV op besighede.
Positief:
Bevorder vinnige en goedkoper beslegting van arbeidsgeskille.
Beskerm die regte van besighede en werkgewersorganisasies in
arbeidsverwante kwessies.
Negatief:
Verminderde winsgewendheid van besighede as gevolg van ‘n afname in
produktiwiteit en verkope.
Die implementering van die WAV kan baie duur en tydrowend wees – veral
die geskilbeslegtingsproses.
Optredes wat as oortreding van die WAV beskou word.
Onbillike en onwettige ontslag van werknemers.
Voorkoming van werknemers om aan wettige stakings deel te neem.
Afdanking van werknemers wat aan wettige stakings deelneem.
Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WAV.
Besighede wat nie aan die WAV voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang wat hulle dwing om aan die wet te voldoen.
Besighede wat versuim om aan die WAV te voldoen, kan groot boetes
ontvang en kan tronkstraf kry.
Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word, wat die bedrywighede van die besigheid staak.
Maniere aan waarop besighede die vereistes van die WAV kan nakom.
Vertoon ‘n opsomming van die WAV in die werkplek waar dit vir alle
werknemers sigbaar is.
Die vestiging van werksplekforums moet deur werkgewers ondersteun word.
Billikheid moet bevorder word, en werknemers moet nie onbillik
afgedank word nie.
Regte van werkgewers ten opsigte van die WAV.
Werkgewers het die reg om:
werkgewersorganisasies te vorm.
bedingingsrade te vorm vir die doel van kollektiewe bedinging.
werknemers wat aan beskermde stakings deelneem, nie te vergoed nie.
Regte van werknemers ten opsigte van die WAV.
Werknemers het die reg om:
by ‘n vakbond van hul keuse aan te sluit.
wettige stakings te begin as ‘n oplossing vir griewe.
‘n werksplekforum te vestig waar ‘n besigheid 100 of meer werknemers het om werkverwante kwessies op te los.
Die doel van die WGI.
DIE WET OP GELYKE INDIENSNEMING.
Bepleit dat werknemers wat werk van dieselfde of gelyke waarde doen, gelyk betaal moet word.
Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werkers in die werkplek.
Voorkom diskriminasie op grond van geslag/ras/gestremdheid in die werkplek.
Die impak van die WGI op besighede.
Positief:
Moedig konsultasie tussen werkgewers en werknemers aan.
Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werkers in die
werkplek.
Negatief:
Besighede moet gelyke indiensnemingsplanne en nakomingsertifi kate indien
voordat besigheid met die staat gedoen kan word.
Die implementering van die WGI is tydrowend en duur omdat ‘n gelyke indiensnemingsverslag elke twee jaar
by die Departement van Arbeid ingedien moet word.
Optredes wat as oortreding van die WGI beskou word.
Om mense toegang tot die werkplek te weier, gebaseer op enige vorm van
diskriminasie.
Die onregverdige behandeling van werkers en die verkeerdelike bevordering van regstellende aksie in die werkplek.
Die weiering om jong vroue in diens te neem omdat hulle in die toekoms sou kies om kinders te hê.
Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WGI.
Besighede wat nie aan die WGI voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang wat hulle dwing om aan die wet te voldoen.
Besighede wat steeds nie daaraan voldoen nadat die nakomingsbevel
uitgereik is nie, kan dan deur die Arbeidshof aangekla word vir
oortreding van die wet.
Besighede wat versuim om aan die WGI te voldoen, kan groot boetes
ontvang en kan tronkstraf kry.
Maniere aan waarop besighede die WGI kan nakom.
Vertoon ‘n opsomming van die WGI in die werkplek waar dit vir alle
werknemers sigbaar is.
Gee gelyke geleenthede aan alle werknemers in die werkplek.
Besighede moet verseker dat werknemers gelyk betaal word vir werk van gelyke waarde.
Die doel van die WBDV.
DIE WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES.
Bepaal duidelike diensbepaling en voorwaardes vir werkgewers en werknemers.
Verskaf minimum vereistes vir die skep van indiensnemingskontrakte.
Reguleer die variasies van die basiese diensvoorwaardes.
Die bepalings van die WBDV.
Werksure:
Werknemers mag 9 uur per dag werk as hulle vyf dae of minder per week werk.
Oortyd:
Werknemers kan nie gedwing word om oortyd te werk nie, maar moet instem om oortyd te werk.
Maaltye en rusperiodes:
Werknemers moet ‘n etenspouse van 60 minute hê na 5 aaneenlopende ure se werk.
Beëindiging van indiensneming:
‘n Minimum van 4 weke kennis moet aan die besigheid gegee word indien die werknemer vir ‘n jaar of langer in diens is.
Kinder- en dwangarbeid:
Dit is onwettig om ‘n kind jonger as 15 in Suid-Afrika in diens te neem.
Publieke vakansiedae:
Werknemers moet betaal word vir enige publieke vakansiedag wat op ‘n werksdag val.
Verlof:
1. Jaarlikse verlof - 21 opeenvolgende dae jaarlikse verlof per jaar.
- Siekverlof - 30 dae betaalde siekverlof in ‘n 3 jaar siklus.
- Kraamverlof - Swanger werknemers is geregtig op vier opeenvolgende maande kraamverlof.
- Ouerskapverlof - ‘n Werknemer wat ‘n ouer is, is geregtig op 10 opeenvolgende dae ouerskapverlof na die geboorte van sy/haar kind.
- Gesinsverantwoordelikheidsverlof -
‘n Werkgewer kan redelike bewyse vereis voordat hierdie tipe verlof goedgekeur word.
Die impak van die WBDV op besighede.
Positief:
Bevorder konsultasie tussen werkgewers en werknemers in die werkplek.
Verskaf die basiese vereistes vir indiensnemingskontrakte.
Negatief:
Werkgewers kan nie goedkoop arbeid aanstel nie, en kan dus nie werknemers uitbuit nie.
Die implementering van die WBDV is tydrowend en duur veral die opstel van wettige kontrakte.