Gehalte van Prestasie Flashcards
(25 cards)
Definieer Gehalte.
Dit is die vermoë van n produk of diens om aan die kliënte se behoeftes te voldoen.
Dit word gemeet aan hoe volhoubaar, doeltreffend en betroubaar die produk of diens is.
Definieer Gehaltebestuur.
Verwys na die tegnieke wat gebruik word om die gehalte van produkte te verbeter.
Kan gebruik word vir verantwoordbaarheid binne elke besigheidsfunksie.
Definieer Gehalteversekering.
Dit is wanneer kontroles gedoen word voor en tydens die proses om te verseker dat die reëls gevolg word.
Daar moet in elke stap van die proses foute voorkom word sodat die produk van die begin af reg gemaak kan word.
Definieer Gehaltebeheer.
Wanneer jy kyk of die produk reggemaak word.
Jy toets en inspekteer die produk tydens en na produksie.
Hulle doen dit deur doelwitte en reëls te implementeer asook na vakmanskap en grondstowwe te kyk.
Definieer Gehalteprestasie.
Hoe goed elke deel van die besigheid werk om goeie gehalte te lewer.
Gehalte word gemeet op verskillende maniere:
– Hoe goed die produk is
– Hoeveel reggemaak is (uitset)
– Wat kliënte sê in opnames of terugvoer
Definieer Gehaltebestuurstelsels.
‘n Plan wat ‘n besigheid help om dinge reg en van goeie gehalte te doen.
Dit help die besigheid om belangrike dinge reg te bestuur.
→ Soos hoe werk gedoen moet word.
Alles word neergeskryf: reëls, stappe en wie wat moet doen.
→ Sodat almal weet wat om te doen.
Dit help die besigheid om goeie gehalte en teikens te bereik.
→ So kliënte bly gelukkig.
Die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.
Gehaltebeheer:
verseker dat die voltooide produk aan die vereiste standaard voldoen.
inspekteer die finale produk om te verseker dat verlangde gehalte verkry word.
Gehalteversekering:
verseker dat elke proses van die produksie aan die vereiste standaard voldoen.
kontroles wat tydens en na die produksie proses uitgevoer word.
Die verskil tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
Gehaltebestuur:
fokus op die middele om konsekwentheid te bereik.
tegnieke, instrumente en metodes wat gebruik word om die gehalte van n produk te bepaal of te verseker.
Gehalteprestasie:
die totale prestasie van elke afdeling word gemeet aan die gespesifiseerde standaarde.
kan verkry word as alle afdeling saamwerk na dieselfde gehaltestandaarde.
Voordele van n goeie gehaltebestuurstelsel.
Die besigheid verbeter sy mededingende voordeel bo sy mededingers.
Verhoogde markaandeel en meer kliënte verbeter winsgewendheid.
Verbeter die besigheidsbeeld aangesien daar minder defekte en terugsendings is.
Doeltreffende kliëntediens word gelewer wat lei tot verhoogde kliëntetevredenheid.
Algemene bestuursfunksie.
Effektiewe kommunikering sodat almal die misie, visie en waardes kan verstaan.
Stel die rigting en prioriteite van die besigheid.
Hulle vorm en monitor strategiese planne.
Produksiefunksie.
Die produksiebestuurders kommunikeer aan werkers hulle rolle.
Die produkte moet van goeie gehalte wees en voldoen aan kliënte se vereistes.
Moniteer prosesse en vind probleme van die produksieproses.
Aankoopfunksie.
Koop gronstowwe in grootmaat teen billike pryse.
Verseker dat vereiste hoeveelhede op die regte tyd en plek afgelewer word.
Betroubare verskaffers te kies wat goeie gehalte produkte teen billike pryse lewer.
Bemarkingsfunksie.
Deur seker te maak klante is gelukkig en goeie kliëntediens te lewer.
Gebruik advertensieveldtogte om klante te behou.
Volg etiese praktyke wanneer produkte bevorder word.
Finansiële funksie.
Gebruik strategieë om die besigheid se wins te verhoog.
Ontvang kapitaal van veilige, betroubare bronne.
Gebruik beheermaatreëls en finansiële stelsels om bedrog te voorkom.
Openbare betrekkinge funksie.
Verskaf gereelde en positiewe persverklarings.
Implementeer volhoubare KMI-programme.
Verskaf positiewe terugvoer oor die besigheidsbeeld.
Administrasie funksie.
hanteer klagtes vinnig en effektief.
alle stelsels en prosesse word gedokumenteer.
gebruik moderne tegnologie doeltreffend.
Menslike hulpbronfunksie.
Bied prestasie-aansporings vir personeel om produktiwteit te verbeter.
Gesonde en positiewe verhoudings met werknemers verbeter werknemersmoraal.
Laë werknemersomset en hoë werknemersbehoudkoerse in die besigheid.
Impak van TGB indien swak geimplementeer word.
stel onrealistiese spertye wat nie bereik kan word nie.
afname in produktiwiteit as gevolg van onderbrekings.
swak publisiteit as gevolg van swak gehalte produkte wat verskaf was.
Impak van voldoende finansiering en kapasiteit van TGB.
positief:
kan bekostig om kwaliteit grontstowwe en toerusting aan te koop.
kan bekostig om stelsels in plek te hê.
negatief:
finansiële kapitaal word vermors wanneer verkeerde finansiële beplanning bestaan.
hierdie besighede kan groot hoeveelhede kapitaal gebruik soos hulle probeer om normale bedrywighede te finaliseer.
Betekenis van TGB.
TGB stel besighede in staat om voortdurend op die lewering van produkte en dienste te verbeter om die behoeftes van kliënte te bevredig.
Die bestuur verseker dat elke werknemer verantwoordelik is vir die gehalte van hul werk en optredes.
Dit stel besighede in staat om gehalte produkte en dienste vir kliënte te ontwerp, produseer of verskaf.
Die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling/ onderwys en opleiding.
positief:
vermoë om gespsialiseerde en vaardige werknemers te kan bekostig.
kan dalk gekwalifiseerde opleiers huur om werkers op te lei.
negatief:
werkers kan gedeotiveerd raak as hulle nie erkenning vir opleiding ontvang nie.
kan moeilik wees om die doeltreffendheid van opleiding te evalueer.
Die impak van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
positief:
groot besighede het n persoon wat toegewyd is aan die verbeter van stelsels.
hulle kan bekostig om die dienste van hulle gehaltesirkels te gebruik om voor die mededingers te bly.
negatief:
gehaltebeheer kan ingewikkeld raak met grootskaalse vervaardigingsprosesse.
risiko om dele va die besigheid te verander wat goed werk.
Die impak van voldoene finansiering en kapasiteit.
positief:
kan bekostig om gehalte grondstowwe en toerusting aan te koop.
groot besighede kan spesialiste bekostig om gevorderde opleiding met werknemers te doen.
negatief:
groot besighede kan groot hoeveelhede kapitaal gebruik as hulle probeer om normale bedrywighede te balanseer.
finansiële kapitaal word vermors wanneer verkeerde finansiële beplanning bestaan.
Die impak van monitering en evaluering van gehalteprosesse.
positief:
Verbeter prestasie en verhoog produktiwiteit, verkope en winsgewendheid.
Verander intervensies wat die doeltreffende gebruik van hulpbronne kan verbeter.
negatief:
Dit neem dikwels langer om probleme op te spoor of op swakhede te reageer.
Dit is nie altyd moontlik om die gehalte van al die produkte na te gaan nie.