Die Soetste Kind Flashcards
(15 cards)
Na wie verwys die titel?
Na Pieter Hendrik van der Plas
Gee ‘n voorbeeld van alliterasie in r.4.
“skrop sy tande, skrop sy sproete”
Watter bewyse kry ons in die gedig dat die soetste kind daaraan glo om gesond te eet?
Hy eet als sy vleis.
Hy eet nooit die vet van vleis nie.
Hy eet al sy broccoli
Waarom dink jy vaar die die soetste kind so goed op skool?
Hy eet gesond / en hy gaan slaap vroeg of kry genoeg slaap.
Watter bewyse kry ons in die gedig dat die soetste kind nie ‘n skinderbek is nie? Haal aan.
“sê nooit ‘n enkel nare woord.”
Na watter outydse gesegde verwys reël 10 “bly tjoepstil, soos ‘n kind behoort”?
“Kinders moet gesien maar nie gehoor word nie.”
Haal die woord en reël aan wat verwys na afknouery.(bullying)
boelie
Haal die woord en reël aan wat verwys na diefstal.
steel
Haal die woord en reël aan wat verwys na leuens.(lies)
jok
Wie is die “ou” in reël 17 en met wie trou die “ou”?
Pieter Hendrik van der Plas / Juffrou Breggie van der Pouw
Hoekom dryf die ses kinders die ou en sy vrou tot “raserny”?
Hulle kla en pla, hul steun en kreun.
Hul brom en grom en tjank en ween.
Hul boelie almal, jok en steel.
Trek skewebek en vloek en neul
Watter twee bewyse kry ons in die gedig dat die kinders ‘n gebrek aan respek teenoor ander betoon?
Trek skewebek en vloek
Verduidelik die verskil tussen “tjank” en “ween” (r.22 kortliks).
tjank en ween het soortgelyke betekenisse, maar tjank word gewoonlik geasosieer met diere en verwys na ‘n lelike, oordrewe huil. Waar ween ‘n meer weemoedige, hartseer konnotasie het.
Wat beteken r.25 - r.26 in die konteks van die gedig: “tot Pieter Hendrik van der Plas wens al sy kinders wil verkas.”
Pieter het gewens dat sy kinders sou weggaan. Hy het nie meer kans gesien vir hulle nie.
In jou eie woorde, wat is die lewensles wat on leer uit die gedig.
‘n Mens se goedheid of goeie dade word nie altyd beloon nie.