Here be dragons Flashcards

(28 cards)

1
Q

Watter aanduiding is daar dat die kind die internet slegs onder toesig mag gebruik?

A

Daar is ‘n kodewoord op sy pa se rekenaar waarsonder ‘n mens nie toegang tot die rekenaar kan verkry nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Voor watter uitdaging kom die kind in strofe 1 te staan, en hoe vaar hy met hierdie uitdaging?

A

Hy probeer deur die kodewoord breek / en ondervind geen probleme daarmee nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat beteken die term ‘surf’ in rekenaartaal?

A

‘Surf’ beteken om verskillende webblaaie op die internet te besoek op soek na inligting.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Watter enkele woord in die gedig suggereer die doelgerigtheid van ‘n rekenaarmuis?

A

‘dwingend’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat lê in die ‘nuwe ruimtes’ opgesluit?

A

‘inligting’

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Watter internet-instrument gebruik die seun om nuwe plekke te ontsluit?

A

GoogleEarth

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat bedoel die seun wanneer hy internet-gebruik ‘n ‘religie’ noem?

A

Sy hele lewe sentreer hierom; hy erken dat dit sy lewe beheer en dat hy nie daarsonder kan bestaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter twee voorbeelde gee die seun van versoekings en gevare buite die rekenaardomein?

A

Dagga is vrylik op straat beskikbaar. / Sommige onderwysers lol met skoolkinders.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wie is ‘ons’ na wie die kind in die derde strofe verwys?

A

Hedendaagse jongmense wat baie goed vertroud is met tegnologie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Waarmee assosieer ‘n mens wysheid gewoonlik?

A

Met ‘grysheid’ (die ouderdom).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe verskil hedendaagse mense se manier van reis van dié van ‘n vorige generasie?

A

Jongmense hoef nie meer na ver plekke te reis nie; hulle besoek dit op die internet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Noem twee plekke waarheen die seun op hierdie manier reis.

A

Na Pole V en Parys (Frankryk).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Watter beeld gebruik die seun wat herinner aan delwers se gebiede?

A

Hy praat van ‘kleims afsteek’ (om iets jou eie te maak).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe sal jy seker maak dat ander weet jy is die eerste Suid-Afrikaner op Berg Everest?

A

Jy sal jou land se vlag bo-op die kruin plant as lewende bewys van jou prestasie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Op watter manier wil jongmense vandag daardie selfde gevoel ervaar?

A

Hulle wil dinge op die internet vir hulleself toeëien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat dui aan dat die seun nie sy pa om toestemming vra nie?

A

Hy gebruik nooit die woord ‘asseblief’ nie.

17
Q

Verduidelik in jou eie woorde: ‘Hou oop jou hart’.

A

Hy vra dat sy pa hom moet ondersteun en nie sy hart teenoor hom sal verhard nie.

18
Q

Noem twee gevreesde rekenaarvirusse waarna daar in die gedig verwys word.

A

die wurm / en die Trojaanse perd.

19
Q

Watter woorde sê dat hierdie virusse hom ook persoonlik gaan ‘aanval’?

A

‘wat meer gaan doen as komperkraak.’

20
Q

Wat besef die kind oor sy beheptheid met die internet?

A

Dit maak nie vir sy pa sin nie, nie logies nie.

21
Q

Wanneer sal hy sy logika teenoor sy pa wil gebruik?

A

Wanneer sy brein met sy pa wil praat.

22
Q

Van watter ander moonlike pedofiele het ons vroeër in die gedig gelees?

A

Onderwysers wat met skoolkinders lol.

23
Q

Wat doen die pedofiel en sluipdief in die voorlaaste strofe?

A

Hulle bedreig/vlous die spreker; hulle slaan onverwags op hom toe.

24
Q

Watter aanduiding gee die seun dat hy besef die pedofiel en sluipdief is gevaarlik?

A

Hy besef dat hy van hulle sal moet probeer wegvlug.

25
Watter illusie oor die skool word bevraagteken?
Dat die skool 'n veilige plek vir kinders is.
26
Wat bedoel die seun met: 'sal jou oor dan oop wees, pa?'
Hy wil weet of sy pa bereid sal wees om na hom te luister.
27
Wat bedoel die seun met die metafoor 'n USB vir my gemoed'?
Hy vra of sy pa as skakel tussen hom en die dreigende gevaar sal optree.
28
Watter twee kontraswoorde kom in die koeplet aan die einde voor?
'vuurwal' en 'kuberstorm'.