EKSIEPERFEKSIE Flashcards
(28 cards)
Uit hoeveel lede bestaan die gesin?
4 lede
Watter woord dui moontlik aan dat die gesin geheg(attached) is?
“ons”
Watter informasie oor die gesin kry ons in strofe 1?
Die kinders lyk nes hul ouers. Hul is dalk mooi mense omdat hul eksieperfeksie lyk.
Wat vertel strofe 2 ons omtrent die gesin?
Dit sê vir ons dat hul gesond eet.
Watter implikasies is daar vir die feit dat hul dophou wat hul eet?
Dit wat hul eet is dalk nie altyd lekker is.
Wat sê die woorde “min sout” omtrent hoe hul kos smaak?
Dit is smaakloos.
Waarom eet die gesin hierdie tipe kos?
Hul wil nie vet raak nie/gewig aansit nie./hul is gesondheidsbewus.
Wat eet hul vir ontbyt?
Lae-GI-hawermout.
Waaruit bestaan die gesin se fiksheidsorogram? Noem 4 DINGE.
Swem/Pilates/gewigte/spin
Watter opoffering moet hul maak omdat hul fisies gesond wil wees?
Hul moet vroeg opstaan.
Hoe weet jy dat die kinders nog op skool is? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Kinders presteer.
Dink jy die ouers kry hoë salarisse? Ja of Nee. Gee ’n rede vir jou antwoord.
Ja. Hul het goeie werk
Wat impliseer die volgende woorde oor die gesin? “Sondae is dit kerk.”
Hul is voorbeeldig(examples) en het goeie morele waardes.
Hoe weet jy dat hul Christene is?
Hul gaan kerk toe.
Bespeel die gesin moontlik musiekinstrumente? Ja of Nee. Gee ’n rede vir jou antwoord.
Ja. Hul maak musiek
Haal TWEE woorde uit strofe 5 aan wat min of meer dieselfde betekenis het.
“omring” en “vriendekliek”
Watter negatiewe implikasie het die woorde “omring” en vriendekliek”?
Dit kan impliseer dat hul vasgevang word deur hul vriende en hul het nie wye vriendekring nie.
Waarom kom “Eksieperfeksie” slegs EEN keer in strofe 6 voor? Verduidelik jou antwoord.
Dit dui ’n wending (verandering aan.) in hierdie strofe val die fokus op die tienermeisie in die gesin en hoe sy haarself siek maak omdat sy wil inpas by haar perfekte gesin.
Hoe weet ons dat die ek-spreker nie altyd eksieperfeksie is nie? Motiveer jou antwoord.
Sy is ’n bietjie vet.
Wat doen die meisie om te verhoed dat sy verder vet word?
Sy maak haarself naar en gooi dan al haar kos op.
Waarom ly sy nou aan hierdie siekte?
Sy wil perfek wees.
Hoe dink jy voel die meisie oor haar siekte?
Skuldig/sleg/onperfek/ongelukkig
Waarop sinspeel die woord “druk” in strofe 6? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Die meisie verkeer onder druk om perfek te wees.
Verduidelik die konnotatiewe betekenis van die onderstaande woorde: “spoel”
Sy spoel haar probleme weg.