Diereryke Flashcards
(21 cards)
In watter twee hoofgroepe word diere verdeel?
Vertebrata (gewerwelde diere) en Invertebrata (ongewerwelde diere)
Noem die vyf groepe van gewerwelde diere.
Soogdiere, voëls, reptiele, visse, amfibieë
Noem drie voorbeelde van ongewerwelde diere.
Weekdiere, stekelhuidiges, wurms (ook: geleedpotiges)
Wat is geleedpotiges?
Ongewerwelde diere met ‘n ekoskelet. Voorbeelde: skaaldier, spinagtiges, insekte
Noem drie kenmerke van vertebrata.
- Het ’n werwelkolom (ruggraat)
- Endoskelet gee struktuur en ondersteuning
- Het ’n senustelsel gekoppel aan die werwelkolom
Watter organe is in gewerwelde diere se gevorderde orgaanstelsel?
Hart, longe, niere en immuunstelsel
Hoe beweeg gewerwelde diere?
Hulle beweeg met spiere wat met die skelet saamwerk
Ryk: Visse (Pisces) - Kenmerke
• Eksotermies
• Leef in water
• Asem deur kieue
• Liggame met skubbe en vinne
• Voortplanting: lê eiers (ovipaar)
Ryk: Amfibieë (Amphibia) - Kenmerke
• Eksotermies
• Leef op land én in water
• Asem as larwes deur kieue, as volwassenes deur longe en klam vel
• Gaan deur metamorfose (bv. paddavis → padda)
• Lê eiers in water
Ryk: Reptiele (Reptilia) - Kenmerke
• Eksotermies
• Leef op land
• Asem deur longe
• Droë vel met skubbe
• Lê eiers (ovipaar) of bring lewendige kleintjies voort (ovovivipaar)
Ryk: Voëls (Aves) - Kenmerke
• Endotermies
• Asem deur longe
• Liggame bedek met vere (dons-, dek- en penvere)
• Ligte, hol bene
• Lê eiers met harde dop
• Het snawels, nie tande nie
Ryk: Soogdiere (Mammalia) - Kenmerke
• Endotermies
• Asem deur longe
• Bedek met hare of pels
• Lewendige geboorte (vivipaar)
• Wyfies het melkkliere vir voeding van babas
Ongewerwelde Diere (Invertebrata) - Kenmerke
• Geen werwelkolom (ruggraat)
• Eksoskelet beskerm die liggaam
• Gesegmenteerde liggame
• Klein van grootte
• Voorbeelde: wurms, stekelhuidiges, geleedpotiges, weekdiere
In watter twee hoofgroepe word ongewerwelde diere verdeel?
Geleedpotiges en weekdiere
Wat is ‘n eksoskelet?
‘n Harde uitwendige beskerming wat die liggaam van geleedpotiges bedek.
Noem drie dele van ’n geleedpotige se liggaam.
Kop, borsstuk en agterlyf
Gee voorbeelde van geleedpotiges.
Insekte, spinagtiges, skaaldier
Wat is kenmerkend aan weekdiere?
Hulle het sagte liggame, soms met ‘n skulp. Liggaam bestaan uit kop, spiervoet en ingewandsmassa.
Hoe beweeg weekdiere?
Hulle gebruik hul spiervoet vir beweging.
Noem voorbeelde van weekdiere.
Slakke, oesters, mossels
Wat is ‘n belangrike verskil tussen geleedpotiges en weekdiere?
Geleedpotiges het ‘n eksoskelet en gesegmenteerde liggame; weekdiere het ‘n sagte, ongesegmenteerde liggaam.