Geskiedenis Kwartaal 3+4 Flashcards
(88 cards)
Hoekom het mense langs die Nylrivier gebly? (8)
Vrugbare grond -Boerdery
Water vir landerye
Drinkwater
Visvangs vir kos
Papirusriete vir boumateriaal en papier
Modder vir bakstene en erdewerk
Jag vir kos - seekoeie, voëls
Toegang tot vervoer
Hoe het die omgewing rondom die Nylrivier verander oor van 10 000 jaar gelede tot nou?
10 000 jaar gelede was Egipte met grasvlaktes bedek.
Nomades het daar gejag en versamel
Toe het hulle saad geplant en begin boer
6 000 jaar gelede het dit egter in ‘n woestyn verander
Mense moes trek na waar daar water was - die Nylrivier
Wat het in die somerreënseisoen in Oos-Afrika met die Nylrivier gebeur?
Baie klein riviertakke het by die Nylrivier aangesluit
Dan het die rivier oorstroom
Die rivier het modder en vrugbare grond uit die berge saamgebring
Wanneer die vloedwaters opdroog het die vrugbare grond agtergebly - en die Egiptenare kon boer
Die Egiptiese samelewing het gegroei en was suksesvol deels te danke aan die natuurlike omgewing. Verduidelik hoekom. (2)
Woestyn - maak dit moeilik vir ander nedersettings om naby te ontwikkel en vir vyande om aan te val
Nylrivier - stroomversnellings maak dit onmoontlik om op te vaar en van die suide aan te val
Hoe is antieke Egipte georganiseer?
Hiërargies (volgens vlakke van belangrikheid) - mense is nie gelyk nie en het nie dieselfde mag of middele gehad nie
Wat beteken hiërargies?
Georganiseer volgens vlakke van belangrikheid
Beskryf die Egiptiese hiërargie van bo tot onder (5)
- Farao
- Regeringsamptenare: visier (finansies, belasting, bestuur bouwerk); godsdiens/priesters; weermagbevelvoerders
- Adel, skrywers, vakmanne, handelaars, ryk boere
- gewone boere
- Slawe - geen regte
Watter geloofsmodel het die Egiptenare gevolg?
Politeïsme
Wat is politeïsme?
Om in baie verskillende gode te glo
Wat het die Egiptenare geglo wat gode kan doen? (3)
Beheer alles op aarde
As mense hul kwaad maak sal hul gestraf word
Straf kan wees dood, siekte, hongersnood, droogte
Egiptiese gode is gewoonlik met iets geassosieer? Noem 2
Met diere of voëls
Wie was die songod?
Ra
Hy was die hoof bo al die ander gode
Kan ‘n kangaroe hoër as ‘n huis spring?
Ja, huise kan nie spring nie
Hoe het Ra gelyk?
Hy is uitgebeeld as ‘n mens met die kop van ‘n valk
Die kop het ‘n sonkroon met ‘n kobra om gedra
Wat het die EGiptenare geglo gebeur as iemand sterf?
Die persoon gaan na die hiernamaals of die volgende wêreld
Waar is faraos begrawe?
in grafkelders in die Vallei van die Konings
Waar was faraos begrawe voor die Vallei van die KOnings geskep is?
In grafkamers binne piramides, maar die kamers is dikwels beroof
Wat het mense geglo van faraos? (8)
Baie magtig - wat hy sê is wet
Kon met gode praat
Sommige het geglo hy is ‘n god
Altyd die oudste seun van die vorige farao
Hoofpriester
Hoof vd weermag
Al die grond, mense en hul besittings het aan hom behoort
Sal ‘n god word wanneer hy sterf
Wat is saam die faraos begrawe?
Baie skatte om die hiernamaals te kan geniet
Waarvoor is Egipte bekend?
Piramides - reusagtige strukture gebou van rotsblokke met geen gapings tussen-in nie
Wat is die beroemdste piramide?
Groot piramide van Giza
14-20 jaar geneem om te bou
20 000 mans het gebou
2.3 miljoen kalksteenblokke
voltooi teen 2560VHJ
Wat is ‘n sfinks?
Sandsteenstandbeeld
Mitiese wese met leeu se lyf en mens se kop
Kyk in die rigting waar die son opkom
Staan voor die Giza-piramides
Grootste en oudste standbeeld in die wêreld
gebou duer farao Khafra 2500 VHJ
Wat is naby die sfinks gebou?
Twee tempels
Wat is ‘n tempel?
Plek waar gode en godinne woon
Mense kon hul daar aanbid