Hoofstuk 4 Graad 12 Flashcards
(16 cards)
1
Q
Inleiding
A
- werke wat deur landelike swart kunstenaars geskep is, wat gewoonlik nie formele kunsopleiding of enige formele kwalifiskasie gehad het nie
2
Q
Muafangejo
medium
A
- Muafangejo se natuurlike aanleg om linosnee feitlik uitsluitlik as ‘n medium te gebruik, is verwant aan die vaardighede wat hy as ‘n jong seun geleer het
3
Q
John Muafangejo
styl
A
- veroorsaak ‘n vereenvoudiging van vorms wat beskryf kan word as ‘n ekspressiewe weergawe van die werklikheid wat ‘n dieper insig in die lewe onthul soos Maufangejo dit ervaar het
- hoog dekoratief
- gelei tot ‘n patroonagtige styl
- kontras van plat, swart areas of lyne en plat, wit areas of lyne
- baie kinderlik, eenvoudig en naief dekoratief
- lyk soos wit pen op swart papier
- deur teks te voorsien in die komposiesies van baie van sy afdrukke, beskryf en verduidelik Muafangejo sommige van sy beeldmateriaal aan sy gehoor en lewer hy ook kommentaar daarop
4
Q
New Archbishop Desmond Tutu enthroned
Styl
A
- hy word in ‘n storkiesprentagtige styl uitgebeeld aangesien die vorm van sy kop oordrewe is en sy blink bril beklemtoon word
5
Q
New ArchBishop Desmond Tutu enthroned
onderwerp
A
- ‘n Linosnee van die onvergeetlike gebeurtenis vir SAers titel Die werk bestaan uit 2 stroke beelde met onderskrifte onderaan elkeen. Die strook aan die bokant van die komposisie is die uitbeelding van die Nuwe Archbishop Desmond Tutu
- Die kruis met Jesus is in swart en wit areas uitgebeeld en blatant gekonsentreer. Die liggaam van Christus is wit met die swart kruis agter dit in een helfte van die uitbeelding daarvan, terwyl die teenoorgestelde kontrasterende kleure aan die ander kant gebruik word
- In die strook aan die onderkant word ‘n kerk vol mense wat hierdie geleentheid bywoon uitgebeeld
6
Q
New Archbishop Desmond Tutu enthroned
Komposisie
A
- geen definitiewe fokuspunt nie, maar Tutu se gesig trek aandag a.g.v plat swart area op sy voor kop
- 3 stroke verdeel, elk met sy eie storie
- plat, vlak diepte, min negatiewe ruimte, sigbaar in elke blok a.g.v die figure/ objekte wat mekaar oorvleuel
7
Q
New Archbishop Desmond Tutu, simboliek (1)
A
- Rondom Bishop Tutu se nek hang ‘n ketting met ‘n groot kruis en hy dra ‘n ligte baadjie met ‘n donker help onder dit. Hierdie uitbeelding van hom dra by tot die beklemtoning van die posisie wat hy aangeneem het
- Sy gesigsuidrukking is ernstig en hy hou die gepunte vinger van sy regterhand na die kruis van Jesus toe om die mense daaraan te herinner sodat hulle nie moet vergeet waarom hulle daar is nie
- ‘n Wit voel , wat ‘n duif kan wees, vlieg van links af in die komposisie in. Dit simboliseer die Heilige Gees wat op Bishop Tut neerdal
- Aan die regterkant, langs die kruis, is twee gevoude hande, een wit en een swart, ‘n simbool van gebed
- gebed & eenheid
7
Q
New Archbishop Desmond Tutu enthroned
Simboliek (2)
A
- Hulle gesigsuitdrukking lyk vriendelik en in die ry mense aan die bokant, strek ‘n wit en ‘n swart man hul arms uit om mekaar se hande te vat, en gevolglik omsluit hulle ook drie ander mense
- Hierdie gebeurtenis was belangrik vir die kerk, aangesien ‘n nuwe leier aangewys is, maar dit was belangriker vir SA as ‘n land wat vasgevang was in die finale stadiums van die rasseskeiding wat deur Apartheid veroorsaak is. Dit is ‘n duidelike teken van die integrasie van die kerk
8
Q
Jackson Hlungwani
onderwerpe
A
- deur sy spirituele oortuigings geinspireer
- hy het sy beeldhouwerke beskryf as die kommunikasie vanaf Christus
9
Q
Jackson Hlungwani
Styl
A
- Hy het die natuurlike vorm en grein van hou in baie van sy werke gebruik
- mense se gesigte, kenmerke tot vergrote vorms vereenvoudig
- het nie die realistiese proporsies van die mense of diere gebruik wat hy voorgestel het nie
- Die skep van ‘n figuur was verwant aan die vorm en grootte van die stuk hout wat beskikbaar was, asook aan die karakter van die figuur wat hy wou uitbeeld
10
Q
Jackson Hlungwani
medium
A
- hy het hout van inheemse bome gebruik wat as gevolg van ouderdom of storms omgeval het
- begin om figuratiewe beeldhouwerke op ‘n gereelde basis te skep
11
Q
Jackson Hlungwani
mediums en tegniek
A
- altaarstukke en as verduideliking vir die teologie in sy kerk vir sy godsdienstige volgelinge
- die uitbeelding van figure, stoele, kruise, stapstokke en ingewikkelde bakke
12
Q
Jackson Hlungwani
Leaping fish
simboliek
A
- die beeld van die vis is ‘n erkende Christelike simbool aangesien dit die Griekse woord Ichtus verteenwoordig
- Christus word ook as die ‘visser van mense’ beskryf, wat mense tot ‘n lewe van Christenskap bekeer
- Daar is ook Tsonga-spreekwoorde wat visse insluit. Die simbool van die vis is dus ingewikkeld
- In terme van Christenskap kan dit ook verwant wees aan die proses om gedoop te word deur onderdompeling of wegsinking in water
- Hierdie is ‘n rituele reinigingsproses waardeur die persoon simbolies tot ‘n nuwe lewe hergebore word
- die belangrikheid van die vis is uniek deur Hlungwani geinterpreteer as uitbeeldings van vrede en kalmte
13
Q
Jackson Hlungwani
Leaping fish
Onderwerp
A
- Hlungwani het 22 visstandbeelde in sy loopbaan gemaak
- In hierdie beeldhouwerk het hy in ‘n ekspressiewe styl gewerk deur die vloeibare, natuurlike vorm van die hout te beklemtoon
- Die natuurlike vorm van die hout is gebruik om die kurwende vorm van die springende vis te skep, terwyl die grein van die hout bydra tot die visuele effek van vloeibaarheid wat met visse geassosieer word
14
Q
Jackson Hlungwani
Leaping Fish
Komposisie
A
- Die vis word uitgebeeld soos dit deur die water gly. Dit het ‘n duidelik gevurkte stert wat bydra tot die gevoel van beweging
- Die vis se gesig het ‘n menslike gevoel aangesien die eenvoudige lyn, wat die mond aandui dit laat lyk asof dit glimlag en die twee ronde holtes wat die oe aandui dit laat lyk of hy afwaarts kyk
15
Q
Jackson Hlungwani
Leaping fish
Tegniek en tekstuur
A
- Die vinne aan die kante van die vis is reghoekig en die tekstuur daarvan word aangedui met lyne wat diep ingekerf is.
- Die vinne op die vis se rug en aan die onderkant van die lyf kom gladder voor en is naby aan die lyf gekerf
- die oppervlakte van hierdie vis is met skuurpapier afgeskuur om dit ‘n egalige tekstuur te gee
- Skubbe word op ‘n vereenvoudige manier voorgestel as klein merke wat eweredig oor die liggaam van die vis versprei is