Hoofstuk 6 Graad 12 Flashcards
(14 cards)
1
Q
inleiding
A
- Identiteit kan beskou word as persoonlike of gedragskenmerke wat ‘n persoon herkenbaar maak as ‘n lid van ‘n groep of as ‘n individu
- Identiteit is altyd in verhouding met iets/ iemand anders en handel oor hoe eenders of hoe verskillend ons is.
- Identiteit verwys dus na individualiteit, maar ook na eendersheid met ander
2
Q
Conrad Botes
inpirasie
A
- Neo pop
- Bitterkomix
3
Q
Conrad Botes Kenmerke
Medium
A
- In sy kunswerke, werk Botes in skilder, drukkuns en beeldhouwerk. Hy is as ‘n grafiese ontwerper opgelei
- gebruik dikwels omgekeerde glasskilderkuns waar hy op en agter ‘n stuk glas skilder
4
Q
Conrad Botes
kenmerke, styl & kleure
A
- styl: gebruik van ‘n skerp, grafiese lyn wat gevul is met plat kleur
- kleur is sterk en dikwels skril (kleure skree teen mekaar)
- werk is ook dikwels verdeel in ‘n rooster met verskillende tonele in elke blok
5
Q
Conrad Botes
kenmerke, temas
A
- Godsdiens (kerk) en rasse- ideologiese, tesame met alle vorms van patriargie het ineen gesmelt
6
Q
Conrad Botes
Everything is beautiful
Onderwerp
A
- ‘n rooster om vier vierkante te skep. In drie verskyn dieselfde portret van ‘n vrou, hoewel die kleure in elkeen verskil. Dit herroep die werk van die Pop- kunstenaar Andy Warhol, met sy veelvoudige uitbeelding van figure
- In die boonste linkerhoek is die vrou omring deur wolke en het sy ‘n hartvormige wond op haar gesig. In die boonste regterkantse hoek is daar 4 sirkels wat op haar superimponeer is. 1 sirkel is ‘n beroemde Goya- etswerk herskep met Mickey Mouse en Goofy in plek van die lyke. ‘n Man wat op ‘n bank slof en ‘n portret van ‘n man met bloed op sy nek kan in die 2 anders sirkels gesien word
- Sentraal in hierdie vierkant (links onder, in sirkel) is ‘n weergawe van Michealangelo se Pieta, in hierdie toneel is Christus ‘n swart man
7
Q
Conrad Botes
Everything is beautiful
Medium en styl
A
- Die werk is op glas gedoen wat gelei het tot die plat voorkoms van die wek
- illustratiewe styl
8
Q
Conrad Botes
Everything is beautiful
Simboliek
A
- Soos altyd, gee Botes nie ‘n betekenis aan die werk nie. Die titel is ironies, omdat alles nie mooi is in hierdie werk nie met sy beseerde en dooie mense
- Die werk verwys dus na geweld in die samelewing, maar ook na godsdiens
- Die 3 onderstebo mans kan verwys n die Afrikanerman in die nuwe SA, hulle wat hul posisie van mag verloor het
9
Q
Conrad Botes
Everything is beautiful
Komposisie
A
- verdeel in 4 blokke (rooster)
- plat met geen diepte of geen fokuspunt nie
- vrou se gesig word 3 keer herhaal
10
Q
Conrad Botes
Everything is beautiful
Kleur
A
- rooi, oranje, blou
- vaal kleure wat droefheid en mismoedigheid uitbeeld
- kleure skree teen mekaar
11
Q
Hasan & Husain Essop
Kenmerke
Medium
A
- werk al van hul gegradueer het saam om hul digitaal saamgestelde foto’s te skep
- besluit om slegs hulself as onderwerpe in hul foto’s te gebruik
- gebruik kleurfotografie as hul medium, om hulle idees uit te druk
- beelde is dikwels besig en energoek en is deurdrenk met kleure, sterk teatrale gevoel aan hul werk en dit lyk dikwels soos ‘n stiltoneel uit ‘n fliek
12
Q
Hasan & Husain Essop
Thronton Road
onderwerp & inspirasie
A
- Ligging van foto is Thronton Road, ‘n straat in ‘n woonbuurt met ‘n groot Moslem- bevolking. Ook di eligging van ‘n Apartheidsera gruweldaad wat in 1985 plaasgevind het en bekend gestaan het as die Trojan Horse - insident waar polisie in ‘n voertuig weggekruip het en begin skiet het op ongewapende kinders en jeugdiges, van wie baie dood is
13
Q
Hasan & Husain Essop
Thronton Road
komposisie
A
- die veelvoudige afdrukke van Hasan en Husain waar hul of in gebed is, aangetrek is in gevegsuitrusting of gedrapeer is in kenmerkende swart- en - wit serp, of keffinyeh, wat met Palestinie geassosieer word. Hulle teug aan daardie globale drankie, Coca cola, onder yslike Coke - banier
14
Q
Hasan & Husain Essop
Thronton Road
simboliek
A
- Coca cola: verbruikers kultuur, gaan teen Moslem kultuur en geloof van tradisies. Handelsnaam word geassosieer met westerse materialisme en imperialisme
- sommige karakters lyk soos zombies wat Coca Cola afsluk, terwyl ander aktief gemilitariseer is en daarteen rebelleer
- nie net oor Islam versus weste nie, se die boers, maar ook oor die weersprekings waarmee Moslems leef