Interaksies En Interafhanklikheid Flashcards Preview

Lewenswetenskap > Interaksies En Interafhanklikheid > Flashcards

Flashcards in Interaksies En Interafhanklikheid Deck (25)
Loading flashcards...
1

Wat is ń bevolking?

Organismes van dieselfde spesie wat in ń spesifieke plek voorkom.

2

Wat is ń gemeenskap.

Verskillende bevolkings

3

Wat is ń ekosisteem

Gebied van interaksie tussen al die lewende en nie- lewende dinge

4

Wat is ń biosfeer?

Al die ekosisteme op aarde

5

Wat is ń voedselketting?

Vloei van energie van plante na die diere wat dit eet

6

Wat is ń trofiese vlak?

Voedingsposisie van elke spesie in die voedselketting

7

Wat is aanpassing

Eienskappe van ń organisme wat dit help oorleef in sy habitat

8

Wat is die vlakke van ekologiese interaksie?

1. Bevolking
2. Gemeenskap
3. Ekosisteem
4. Biosfeer

9

Wat is biotiese en abiotiese faktore?

Biotiese- lewende dinge
Abiotiese - nie-lewende dinge

10

Noem abiotiese dinge:

Sonlig
Water
Wind
Temperatuur
Grond
Hellings

11

Gee ń voorbeeld van ń voedselketting

Gras> larwe> spinnekop> akkedis > slang

12

In ń energie piramiede wat se energie bron gebruik hulle

Kj

13

Wat is dravermoë?

Maksimum lewe wat ń gebied kan ondersteun

14

Wat is die 3 soorte aanpassings.

Strukturele aanpassings
Funksionele aanpassings
Gedragsaanpassings

15

Wat is die 3 maniere waarop prooi ń roofdier kan ontduik?

Kamoeflering
Waarskuwingskleure
Nabootsing

16

Gee ń voorbeeld van kamoeflering, nabootsing, waarskuwingskleure (diere)

Kamoeflering - langhoringsprinkaan
Nabootsing- (copy cats) onderkoningvlinder naboots koningvlinder
Waarskuwingskleure- rooi en swart Afrika sprinkaan (giftig)

17

Wat is uitsterwing.

Groot aantal van ń organisme of organismes wat sterf as gevolg van ń onnatuurlike gebeurtenis

18

Hoe kom indringerplantegroei by ons?

Voëls wat die sade van indringerplante versprei
Papiermaatskappye indringers soos dennebome in die woud-ekosisteme plant.

19

Voorbeelde van indringerplante

Swartwattel
Denneboom
Bloekomboom
Lantanaplant

20

Wat is inheemse spesies

Spesies wat natuurlik in die ekosisteme van ń land voorkom.
Bv. Springbokke en die protea is inheems by Suid-Afrika

21

Beskryf vleilande

Grond bedek met vlak laag water bv. Moerasse en vleie
Tree op as ń spons vir vloedwater
Filtreer water en vang voedingstowwe, patogene en toksiese metale vas

22

Wat is ń farmaseutiese maatskappye

Vervaardigers van medisyne en ander gesondheidsorodukte

23

Wat is die 3 H's of the 3 R's

Reduce Reuse Recycle
Verminder hergebruik herwin

24

Wat is die term wat gebruik word vir stowwe wat die aarde kan afbreek (ontbind) en wat is die teenoorgestelde daarvan

Bio-afbreekbaar
Nie - bioafbreekbaar

25

Wat is ekologie?

Studie van die interaksie tussen organismes met mekaar en die omgewing.