Jan-Paul Otto (jr.) Flashcards
(10 cards)
Jan-Paul (jr.) is ‘n ____ wat in ‘n ____ huis grootword.
rykmanseun
liefdelose
Wat is die situasie met Jacques se ouers?
- Sy ma het vroeg gesterf.
- Sy pa is ‘n argitek wat al sy aandag aan sy planne en huise bestee.
Is Jacques ‘n parasiet?
Jan-Paul het ‘n lafhartige streep en hy misbruik Jacques se vriendskap.
“Jan-Paul leef deur ander mense.”
Waar of Onwaar.
Waar, Sy lewe is eintlik tweedehands. Jacques is sy held, en dit is vir hom wat Jan-Paul se (asof hy met homself praat): “Moenie dink nie, doen net!” Hy het egter self nie altyd genoeg moed het om dit te doen nie.
Wat is die verhouding van Jan-Paul met sy pa?
Hy is’n rykmanseun wat gewoond is om alles te kry wat hy soek (behalwe liefde) en wat nooit sy pa wil teleurstel nie.
Waarvoor is Jan-Paul baie bang?
Hy is ook baie bang vir straf of om uitgevang te word indien hy oortree het.
Met wie het hy ‘n geheime verhouding?
Hy en Lena het ‘n verhouding agter Jacques se rug.
Waar nooi hy Lena uit en waarom?
Hy nooi Lena uit na die skietles sonder dat Jacques daarvan bewus is, want eintlik wou hy haar beïdruk met sy skietvermoëns en wou hy op ‘n manier vir Jacques oortref.
Waaraan was Jan-Paul skuldig?
Hy voel skuldig, want dit was sy geweer wat Klaus se dood veroorsaak het, maar hy pak die skuld op Jacques omdat hyself te lafhartig is om die skuld te aanvaar.
Toe Jacques ________ toe gestuur word, was hy nie daar om hom te groet nie. Hy het eenkant gestaan toe die ____ vertrek.
verbeteringskool
trein