Lena Aucamp (sr.) Flashcards
(7 cards)
Waarom is Lena Aucamp bekend?
Lena Aucamp (sr.) is ‘n impulsiewe en hoogs talentvolle skilderes wat tot dusver bekend was vir haar ontwerpe van al haar kêrel, Jacques Rynhard, se romans.
Wat is die belangrikste ooreenkoms tussen Lena en Jacques?
Lena is, nes Jacques, verlief op die liefde.
Wat besef Lena uiteindelik?
Sy begin besef dat sy nooit die moed gehad het om ten volle eerlik met haarself te wees nie.
Wat is Lena se groot fout?
Lena is verlief op twee mans, Jacques en Jan-Paul en haar groot fout is dat sy nie ‘n keuse kan maak nie.
Wat het sy nie die moed gehad om Jacques toe te gee nie?
Sy was die dag van die tragedie waarin Jacques Rynhardt se pa doodgeskiet is, teenwoordig, maar het nie die moed gehad om dit te erken nie.
Hoe het Lena Jacques verraai?
Sy kon ook nie erken dat sy al die tyd ‘n verhouding met Jan-Paul gehad het nie. In die opsig verraai sy vir Jacques omdat sy nie die moed gehad het om dit vir hom te sê nie.
Waarom is Lena verantwoordelik vir die verdwyning van jacques?
Sy verraai Jacques se liefde en vertroue en is verantwoordelik vir sy “verdwyning”.