K1 & K2 - Junie eksamen Flashcards

(188 cards)

1
Q

Atlas

A

‘n Boek met kaarte

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Kaart

A

‘n Diagram van ‘n gebied waarop fisiese kenmerke, dorpe, paaie ens aangedui word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Kartograaf

A

Iemand wat opgelei is om kaate te maak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Indeks

A

‘n Alfabetiese lys van strate en plekke wat help om ‘n verwysing in die boek op te spoor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Baken

A

‘n Maklik herkenbare voorwerp in die landskap wat die pad kan aandui

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bestemming

A

Die plek waarheen jy wil gaan

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Roosterblok

A

‘n Vierkant op die rooster van ‘n kaart, met

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Simbole

A

Prentjies of teken van iets wat ons toelaat om dit op die kaart te vind sonder om te veel plek of woorde te gebruik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Kaartsleutel

A

‘n Lys langs die kaart waarop simbole op die kaart verduidelik word om die gebruik van ‘n kaart te vergemaklik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Afkorting

A

Verkorte vorm van ‘n woord

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Puntsimbole

A
  • Prentjie of ‘n letter
  • Algemene plekke
  • Bv die simbool vir skool (blokkie met S binne)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Lynsimbole

A
  • Verskillende kleure en dikte lyne
  • Strate, paaie en spoorweë
  • Bv die simbool vir ‘n pad met ‘n brug
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Gebiedsimbole

A
  • Ingekleurde blokke of asimmetriese vorms
  • Gebiede vir verskillende doeleindes
  • Bv parke (groen ingekleur)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Waarvoor staan die indeksafkorting Ln.

A

Laan

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Waarvoor staan die indeksafkorting Sl.

A

Slot

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Waarvoor staan die indeksafkorting Sgl.

A

Singel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Waarvoor staan die indeksafkorting w.

A

Weg

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Waarvoor staan die indeksafkorting Pl.

A

Plein

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Waarvoor staan die indeksafkorting St.

A

Straat

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wat is die indexafkorting vir Laan?

A

Ln.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Wat is die indexafkorting vir Slot?

A

Sl.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Wat is die indexafkorting vir Singel?

A

Sgl.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Wat is die indexafkorting vir Weg?

A

w.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Wat is die indexafkorting vir Plein?

A

Pl.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Wat is die indeksafkorting vir Straat
St.
26
Indexverwysing
Dit dui aan waar waar in die boek gevind kan word
27
# Verwys na Prent 1: Jakob stap langs Vasco-boulevard vanaf Voortrekkerweg (B2) na Miltonweg (A2). In watter rigting het hy gestap?
Noord, noordwes of noord-noordwes.
28
# Verwys na Prent 1 Vriende wil van die Elsiesrivier Bus- en Taxiterminus (B3) na die Goodwood Sportgronde (A1) gaan. Gee vir hulle aanwysings hoe om daar te kom.
Van die bus en taxi-staanplek, draai regs in Haltweg tot by Voortrekker- weg. Draai links in Voortrekkerweg en hou aan tot by Vasco-boulevard. Draai regs in Vasco-boulevard en hou aan tot by Miltonweg en draai links in Milton. Die sportveld is vier klein blokke verder aan die regterkant.
29
# Verwys Prent 1 Ek staan op die hoek van Vasco-boulevard en Voortrekkerweg en stap twee blokke noord. Ek draai regs en stsp nog ses blokke verder. Op die hoek van watter twee strate staan ek?
Paarlstraat en Merrimanstraat
30
Kaartskaal
Toon hoe 'n kaartafstand met 'n grondafstand vergelyk
31
Kardinale punte
Die rigtings Noord, Suid, Oos en Wes
32
Magnetiese Kompas
Instrument om rigting te bepaal en waarvan die naald altyd magneties Noord gerig is
33
Sketskaart
'n Kaart wat die weg van een plek na 'n ander aandui
34
Wat is die eienskappe van 'n goeie sketskaart?
Die meeste kaarte bestaan uit 4 konvensies wat die gebruik daarvan vergemaklik: * Titel en datum * Sleutel simbole * Rigtingnaald * Skaal
35
Sekondêre rigting
Noord-Oos, Suid-Oos, Suid-Wes, Noord-Wes
36
Direkte roete
Die reguit lyn roete tussen twee plekke
37
Indirekte roete
Die roete wat jy rondom hindernisse aflê om jou bestemming te bereik
38
Lynskaal
'n Lyn onderaan die kaart wat die verhouding tussen die kaartafstand en die grondafstand aandui
39
Woordskaal
Dit dui die verhouding tussen die kaartafstand en grondafstand in woorde en syfers aan
40
Kleinskaalkaart
'n Kaart wat 'n groot deel van die aardoppervlak verteenwoordig en waarop alles drasties verklein is om op die bladsy te pas, soos 'n kaart van 'n provinsie/land/wêreld. Bv 1cm verteenwoordig 1000km
41
Grootskaalkaart
'n Kaart wat 'n klein deel van die aardoppervlak verteenwoordig en nie drasties verklein hoef te word om op die bladsy te pas nie, soos 'n kaart van 'n voorstad van 'n stad. Bv 1cm verteenwoordig 100m
42
Lengtegraad
Lyne gemeet van Oos na Wes en wat by die pole ontmoet. Die hoof lengtelyn is die Greenwich Meridiaan
43
Wat word die hoof lengtelyn genoem?
Greenwich Meridiaan
44
Breedtegraad
Lyne parallel tot die ewenaar gemeet. Die hoof-breedtelyn is die Ewenaar wat by 0° lê.
45
Wat word die hoof breedtelyn genoem?
Ewenaar
46
# Verwys Prent 2 Verskaf die koördinate van die kol (rooi)
N45° O75°
47
# Verwys Prent 2 Verskaf die koördinate van die kol (blou)
S30° W60°
48
# Verwys Prent 2 Verskaf die koördinate van die kol (geel)
N60° W120°
49
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: skool
A1
50
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: woud/park
C5
51
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: poskantoor
A4
52
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: kerk
D3
53
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: vulstasie
B5
54
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: woongebied
A3
55
# Verwys Prent 5 Benoem die simbole in die rooster volgens hulle verwysings: biblioteek
C4
56
# Verwys Prent 6 Benoem die primêre rigtings op die kompas
1. Noord 2. Oos 3. Suid 4. Wes
57
# Verwys Prent 6 Benoem die sekondêre rigtings op die kompas
1. Noord-Oos 2. Suid-Oos 3. Suid- Wes 4. Noord-Wes
58
# Verwys Prent 7 Hoe ver (in km) is A vanaf D af?
5km
59
# Verwys Prent 7 Hoeveel sentimeter word gebruik om die afstand tussen B en D voor te stel?
2cm
60
# Verwys Prent 7 Hoe ver (in km) is A van C af?
4km
61
Viskeus
Klewerige of taaierig. Dit beskryf 'n dik vloeistof wat nie maklik vloei nie (heuning)
62
Konveksie
Die siklus beweging van 'n vloeistof of 'n gas van 'n warm gebied na 'n koeler gebied. Uitgesitte materiaal, wat minder dig is, sytg, terwyl koeler, digter materiaal daal.
63
Tektoniese plate
Reuse gedeeltes van die aardkors wat tesame met die boonste mantel in beweging is.
64
Semi-gesmelte
Halfpad tussen 'n vastestof en 'n vloeistof
65
Astenosfeer
Die boonste laag van die mantel onder die litosfeer waarin daar 'n betreklike lae weerstand is teen plastiese vloeiing en waar konveksie waarskynlik voorkom
66
Litosfeer
Die rigiede buitenste deel van die aarde bestaande uit die kors en die boonste deel van die mantel
67
Identifiseer A in Prent 3
Buite Kern
68
Identifiseer B in Prent 3
Mantel
69
Identifiseer C in Prent 3
Binne kern
70
Identifiseer D in Prent 3
Kors
71
Identifiseer E in Prent 3
Oseaan kors
72
Identifiseer F in Prent 3
Kontinentale kors
73
Identifiseer G in Prent 3
Omtrek
74
Hoe lank is die omtrek van die aarde
40 075km
75
Hoe ver is dit vanaf die middelpunt van die aarde tot by die kors?
6 371km
76
Hoeveel km is die deursnee van die aarde?
12 700km
77
Kors
Buitenste aardlaag, baie dun
78
Mantel
* Tussen die kors en die kern * Bomantel bestaan uit magma * Ondermantel is solied * Verantwoordelik vir aarde se magneetveld
79
Buite Kern
* Die laag onder die mantel * Bestaan uit vloeibare yster en nikkel
80
Binne kern
* In die middel * Geweldige hitte * Solied - nikkel en yster
81
Oseaan kors
* Dunste dele van die kors * Dit lê onder die oseaankom * So 10km dik
82
Kontinentale kors
* Dikste dele van kors * Vorm groot landmassas * Tot 35km dik
83
Wat noem ons die dunste laag rots rondom die aarde?
Kors
84
Wat noem ons die dikste laag rots rondom die aarde?
Mantel
85
Noem een ooreenkoms en een verskil tussen die binnekern en buitekern
Verskille: Die binnekern is solied, ervaar meer druk en is baie warm. Die buitekern is halfgesmelte rots, het minder druk en is nie so warm soos die binnekern nie. Ooreenkomste: Beide die binnekern en die buitekern bestaan uit yster en nikkel.
86
Hoekom verskil die binnekern en die buite kern van mekaar?
Die binnekern ervaar baie meer druk vanaf die lae wat dit omring, wat veroorsaak dat die yster daarin solied word. Die binnekern is ook warmer as die buitekern ## Footnote Ek is ook nie seker of die antwoord sin maak nie.
87
# Waar of onwaar: Planeet aarde is 'n solide rots
Onwaar, dit het ook vloeibare dele
88
# Waar of onwaar: Hoe dieper jy onder die grond in delf, hoe kouer word dit
Onwaar, dit word warmer hoe dieper jy delf
89
# Waar of onwaar: Die klip in die mantel beweeg altyd in 'n stadige konveksiestroom
Waar
90
# Waar of onwaar: Die hitte in die lae van die aarde se oorsprong kom van die kern af
Waar ## Footnote Is die een korrek?
91
# Waar of onwaar: Druk vanaf die boonste lae hou die kern vloeibaar.
Onwaar, die kern is solied
92
Uit hoeveel dele bestaan die aarde se kors en wat word dit genoem?
Die kors bestaan uit 2 dele, die kontinentale kors en die oseaniese kors
93
Wat is die dikste gedeelte van die kors?
Die kontinentale kors
94
Hoe ontstaan nuwe grense?
Die tektoniese plate waarom kontinente gevorm word, beweeg voortdurent en dit kan nuwe grense laat ontstaan.
95
Watter rots kom in die oseaanbodem voor?
Stollingsgesteentes
96
Noem die tektoniese plate wat meestal land is
Eurasiese plaat Afrika plaat Antarktiese plaat
97
Noem die tektoniese plate wat meestal oseaniese is
Pasifiese plaat Indiese plaat Nazca plaat
98
Watter plaat is Noord van die Afrika plaat?
Eurasiese Plaat
99
Watter plaat is Suid van die Afrika plaat?
Antarktiese plaat
100
Watter plaat is Oos van die Afrika plaat?
Indiese plaat
101
Watter plaat is Wes van die Afrika plaat?
Suid-Amerikaanse plaat, Noord-Amerikaanse plaat
102
Waar beweeg tektoniese plate?
Bo-op die mantel
103
Wat veroorsaak dat tektoniese plate rondbeweeg?
Konveksiestrome in die mantel
104
Oseaniese-kontinentale grens
Die Himalajas is gevorm op hierdie tipe plaatgrens
105
Plaattektoniek
Die beweging van die plate en die aktiwiteite wat binne die Aarde plaasvind
106
Transformerend
'n Grens waar twee plate verby mekaar beweeg Gevolg - Aardbewegings
107
Konvergerend
'n Grens waar twee plate na mekaar toe beweeg Gevolg - Vorm berge en vulkane
108
Divergerend
'n Grens waar twee plate uitmekaar beweeg Gevolg - Vorm skeurvalleie
109
Nazca
Die plaat aan die weskus van Suid-Amerika
110
Wat is die vernaamste verskille tussen die oseaniese litosfeer en die kontinentale litosfeer?
Oseaniese litosfeer: * Digter, bestaan uit rots, ryk aan yster en magnesium. * Dunner, tussen 5 en 10km dik Kontinentale litosfeer: * Ligter, bestaan uit graniet * Dikker, kan strek van 35 - 50km by die vastelande
111
Verduidelik hoe die aarde se kors beweeg
1. Die aardkors bestaan uit plate wat beweeg 2. Plaattektoniek verwys na die beweging van plate sowel as die aktiwiteite binne-in die aarde 3. Uiterste hitte word in die kern gegenereer. Soos wat die hitte binne in die mantel styg en daal, ontstaan daar konveskiestrome in die magma. Dit laat die plate beweeg 4. Tektoniese plate beweeg altyd langs konvesiestrome.
112
Gevaarpunte
'n Gebied op die aardoppervalk wat met die mantel verbind is waar intense vulkaniese aktiwiteite plaasvind
113
Krater
'n Ronde holte gevorm deur 'n vulkaniese uitbarsing
114
Seismiese
Wat met foutlyn aardbewegings of -skuddings verband hou
115
Foutlyn
'n Beweging van rotslae in die aardkors wat deur stres of wrywing veroorsaak word
116
Lawa
Die term wat gebruik word vir magma wanneer dit die oppervlak van die aarde bereik
117
Magma
Warm vloeibare of semi gesmelte materiaal onder of binne die aadkors waaruit lawa en ander stollingsgesteentes deur afkoeling gevorm word
118
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 1
Magma
119
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 2
Hoof opening
120
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 3
Sekondêre kegel
121
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 4
Lae lawa
122
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 5
Pyroklastiese bomme
123
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 6
Vloeiende lawa
124
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 7
Krater
125
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 8
As-wolk
126
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 9
Pyroklastiese wolke
127
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 10
Lae van as
128
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 11
Sekondêre opening
129
# Verwys Prent 4 Identifiseer nr 12
Magma-kamer
130
Wat word die verskillende soorte plaat bewegings genoem?
Divergerend - plate beweeg weg van mekaar af Konvegerend - plate beweeg na mekaar toe Transformerend - plate beweeg verby mekaar
131
Watter soort plaatbeweging het die San Francisco-aardbeweging van 1906 veroorsaak?
Transformerend
132
Watter soort plaatbeweging het die Groot Skeurvalleie veroorsaak?
Divergerend
133
Watter soort plaatbeweging het die Himalaja-gebergte veroorsaak?
Konvegerend
134
Verduidelik hoe die plaatbeweging die San Francisco aardbeweging kon veroorsaak
Aardbewegings vind plaas wanneer tektoniese plate verby mekaar skuur en druk opbou totdat dit skielik vrygestel word, wat 'n vernietigende aardbewing veroorsaak.
135
Verduidelik hoe die plaatbeweging die Groot Skeurvalleie veroorsaak het
Die Groot Skeurvalleie is die gevolg van die opwelling van magma binne die Aarde, wat deur die kors dring en die tektoniese plaat laat skeur het, sodat die plate geleidelik van mekaar af wegbeweeg
136
Verduidelik hoe plaatbewegings die Himalaja-gebergte veroorsaak het
Die Himalaja-gebergte is die gevolg van die beweging van twee tektoniese plate wat na mekaar toe beweeg het, waartydens sedimentêre rotslae opwaarts gedwing is.
137
Verduidelik die oorsprong van vulkane
1. Konvergerende plaat bewegings stel energie vry. In sommige gevalle is die energie hoeveelheid te groot en word 'n vulkaan gevorm en die energie word as 'n vulkaniese uitbarsting vrygestel. 2. Amper alle vulkane kom voor op plaat grense. Dit is omdat die beweging van die plate splete veroorsaak waardeur vulkane gevorm kan word. 3. Die ring van vuur is 'n sone waar aardbewegings en vulkaniese uitbarstings gereeld plaasvind. Dit omring die kom van die stille oseaan.
138
Wat is die fases van vulkaniese aktiwiteite?
Aktiewe vulkane - Kan enige tyd uitbars Dormante vulkane - Nie op die oomblik aktief, het in die verlede uitgebars, maar rus nou Uitgestorwe vulkane - hulle het vir baie jare nie uitgebars nie
139
Hoe gebeur vulkane?
1. Wanneer tektoniese plate bots of oormekaar skuif word energie vrygestel 2. Aarde se mantel so warm dat rotse smelt en 'n dik vloeibare stof verander, noem dit magma 3. Die temperatuur van die mantel is hoog genoem om die mantel te smelt 4. Van die magma stoot na die oppervalk van die aarde se opening en splete. Vulkaniese uitbarstings vind plaas. 5. Magma wat uitgebars het, word lawa genoem. Dit is gesmelte rots. 6. Lawa kan stadig of met geweldige uitbarsting na die oppervalk vloei. 7. As dit uitbars, skiet die magma in die lug op - breek in stukke 8. Groot stukke word vulkaniese bomme genoem.
140
Wat noem ons magma wat uit 'n vulkaan uitbars?
Lawa
141
Hoekom word vulkane by plaatgrense aangetref?
Smeltende gesteente vorm deur plaatbewegings en magma styg na die oppervlak deur hierdie breuke. ## Footnote Ek weet nie of korrek is nie ... het chatgpt gevra ... antwoord in boek is nie gemerk nie en dit se net "want dit maak 'n breek"
142
Om watter oseaan word die ring van vuur aangetref?
Stille oseaan ## Footnote Dis volgens chatgpt ... ongemerkte antwoord in boek is Atlantiese oseaan, maar Chatgpt is baie seker dis die Stille oseaan
143
Hoekom word die gevaarpunt die ring van vuur genoem?
Dit word die Ring van Vuur genoem omdat dit soos 'n ring om die Stille Oseaan lê en vol vulkane en aardbewings is.
144
Wat is naam en die plek van die vulkaniese uitbarsing in Italië 79 n.C
**Mount Vesuvius by Pompeii** Die berg het baie skielik uitgebars. Warm as en giftige gasse het uit die vulkaan gestort en byna almal in die stad is in hul slaap dood.
145
Wat is die naam en die plek van die vulkaniese uitbarsing in Japan 1707
**Mount Fuji by Tokio** Mount Fuji is Japan se grootste en bekendste berg. Drie tektoniese plate kom in hierdie area bymekaar. Fuji is 'n oeroue vulkaan wat laas in 1707 uitgebars het toe warm as en suur reën neergestort het
146
Wat is die naam en die plek van die vulkaniese uitbarsing in Indonisië 1883
**Krakatoa** Krakatoa is 'n klein eiland wat deur baie vulkaniese ontploffings opgebou is. In 1883 het dit ontplof en groot golwe veroorsaak wat meer as 36000 mense op ander eilande verdrink het.
147
Wat is die naam en die plek van die vulkaniese uitbarsing in Mexiko 1943
Parícutin Paricutin is 'n vulkaan wat uit 'n boer se mielielang uitgestyg het. Die boer het rook opgemerk terwyl hy geploeg het. Binne 'n week was daar 'n berg wat 5 verdiepings hoog uitgestrek het. Dorpies is deur die vulkaan begrawe. 9 jaar later, toe die vulkaan 424m hoog was, het die uitbarsing opgehou.
148
Ontbossing
Die verwydering van bome uit 'n woud deur bome af te kap of te verbrand
149
Vloed
'n Oorstroming van water wat die land bedek
150
Ontruim
Mense uit 'n gebied of gebou wegneem
151
Oorbewerkte grond
Wanneer grond vir 'n lang tyd bewerk word raak die grond onvrugbaar
152
Gronderosie
As bogrond vinniger verwyder word as wat dit vervang kan word
153
Afloop
Vloedwater veroorsaak deur surplus water wan nie deur die grond geabsorbeer kan word nie
154
Uitheemse plantegroei
Plante in 'n gebied wat nie natuurlik daar groei nie
155
Wat is die uitwerking van vloede?
* Beserings en lewensverlies - mense wat naby rivieroewers of laagliggende gebiede woon loop 'n groter risiko * Siektes - Cholera is algemeen tydens vloede waar water toevoer en rioolstelsels beskadig word wat water kan besmet * Ontworteling - Vloede vernietig mense se huise en hul lewensbestaan. Mense moet dan verskuif na ander plekke waar hulle kan woon en werk
156
Wat is die redes dat sommige gemeenskappe 'n groter riskio vir vloede het as ander?
* Opvangsgebiede - natuurlike gebiede waarvandaan reënval in riviere en mere vloei * Vloedvlaktes - gebiede met laagliggende grond langs 'n rivier * Hoë watertafels - as die watertafels hoog is beteken dit dat die ondergrondse water naby aan die oppervlak van die aarde is * Hellings en heuwels - hulle het gewoonlik swak dreinering * Informele nedersettings - huise word maklik beskadig * Onvoldoende of afwesige stroomwaterstelsel - swaar reënval kan afloop veroorsaak * Laagliggende kusgebiede - groot golwe kan vloede veroorsaak
157
Hoe kan gemeenskappe aanpas om meer voorbereid vir vloede te wees?
* Implementeer waarskuwingsstelsel en sisteme * Skep 'n doeltreffende vervoer en infrastruktuur wat maklike ontruiming moontlik maak * Skep hulpbronne vir tydelike behuising nadat vloede plaasgevind het * Implementeer kwaliteitsbeheerprogramme om die skade van verlede te kan weerstaan
158
Aardbeweging
'n Skielike hewige vrylating van energie in die aardkors wat gewoonlik aan die randte van tektoniese plate voorkom
159
Infrastruktuur
Dienste en strukture gelewer deur munisipaliteite soos water- en elektrisiteitvoorsiening, paaie en spoorlyne
160
Ontworteling
Wanneer mense gedwing word om huise te verlaat
161
Episentrum
Die punt op die aarde se oppervlak wat vertikaal bokant die fokus van die aardbewing geleë is
162
Hiposentrum
Die punt binne in die aarde waar 'n aardbeweging begin
163
Ontruim
Trek uit en weg van 'n plek gedurende 'n tyd van gevaar
164
Richterskaal
'n Oop skaal wat die omvang van 'n aardbeweging meet gegrond op die energie wat vrygelaat word
165
Verskuiwing sone
Die plek waar tektroniese plate bymekaarkom
166
Waar kom aardbewegings meestal voor?
Aardbewegings kom meestal lans plaat grense voor. Koerdie sones is waar plate beweeg. Dus gebiede wat altyd tot aardbewegings geneig sal wees
167
Hoekom voel ons meestal nie aardbewegings nie?
Hulle is te swak of te ver vanaf die oppervlak
168
Wat meet skadelike aardbewegings op die Richterskaal?
Tussen 6 en 9
169
Oorsake van aardbewegings
* Wanneer daar 'n beweging in die aardkors is word skokgolwe veroorsaak * Skokgolwe beweeg uitwaards vanaf daardie punt - hierdie golwe word seiesniese golwe genoem. * Die punt onder die grond waar die aardbewegin begin is die hiposentrum (fokus) * Die episentrum is direk bo die fokus. * Soos die tektoniese plate langs die verskuiwings sone beweeg bou druk op. * As die plate glip, word energie in die vorm van aardbewegings vrygestel. Dit veroorsaak skudding van 'n aardbeweging.
170
Noem die 2 hoof oorsake van aardbewegings
Die twee hoofoorsake van aardbewings is: 1. vulkaniese uitbarsings en 2. die beweging van tektoniese plate by plaatgrense, waar druk opbou en krake in die aardkors veroorsaak word.
171
# Verwys Prent 8 Identifiseer 1
Seismiese golwe
172
# Verwys Prent 8 Identifiseer 2
Plaatbewegings
173
# Verwys Prent 8 Identifiseer 3
Episentrum
174
# Verwys Prent 8 Identifiseer 5
Hiposentrum (fokus)
175
# Verwys Prent 8 Identifiseer 4
Tektoniese plate
176
Gevolge van aardbewegings
* Beserings en sterftes * Ontworteling * Armoede * Siektes bv disenterie en cholera
177
Verduidelik waarom oorstromings in stede voorkom
Oorstromings kom in stede voor omdat reën nie in die grond kan insypel nie en die dreinering nie al die water vinnig genoeg kan wegvoer nie.
178
Wat is die gevolge van vloede op die grond?
* Grond kan wegspoel en gronderosie veroorsaak * Grond kan versuip of oordompel word wat gewasse vernietig * Dit beïnvloed landbou produksie
179
Hoe kan boere die impak van oorstromings verminder?
Goeie boerderymetodes - boere kan die volgende toepas: * konteerploeg * goeie dreineringstelsels * verhoed brande * behou genoeg bome in alle gebiede * beskerm natuurlike plantegroei Beter boustandaarde - bou huise hoër en weg van riviere en strome Goeie kommunikasie - mense moet in kennis gestel word sodat hulle vroegtydig kan voorbereiding doen
180
Hoe word oorstromings deur ontbossing en brande vererger?
Ontbossing en brande verwyder plante wat water opneem en grond vashou, wat veroorsaak dat reënwater vinniger afloop en oorstromings vererger.
181
Verduidelik hoekom siektes soos cholera, disenterie en diaree tydens oorstromings voorkom
As watertoevoer en rioolstelsels beskadig word kan die water besmet word wat lei tot siektes soos cholera, disenterie en diaree
182
Wat beinvloed die gevaar van aardbewings vir gemeenskappe
1. Ligging - Mense wat langs foutlyne van plate woon, asook naby see en berge 2. Boustandaarde - Swak boumateriaal en opgeleide bouers 3. Bevolkingsdigtheid - Gemeenskappe met 'n hoë bevolkingsdigtheid 4. Dienste en ondersteuning - swak ondersteuning van ambulanse en brandweerwaens 5. Graad van gereedheid - geen rampbestuurplanne, waarskuwingsisteme of ontruimingsplanne en swak infrastruktuur, kommunikasie en noodplanne
183
Voorbereiding vir 'n aardbewing
1. Vroeë waarskuwings sisteme - Gebiede gebruik spesiale toerusting om vroeë tekens van 'n aardbewing op te spaar deur seismiese aktiwiteite te monitor 2. Rampbestuur - planne vir ontruiming, reddingspan, toetslopies 3. Familie planne - huishoudelike ontruimingsplan, ontmoetingspunt, infrastruktuur moet teen aardbewegings beskerm word 4. Boutoestande - geboue moet volgens die regte standaarde gebou word.
184
Hoe kan ons die impak van aardbewings verminder?
**Voorbereiding en reaksie op aardbewegings:** * Behoorlike noodplanne in plek om die inpak te verminder * Mense wat in aardbeweginggebiede woon moet bilkkieskos, gebottelde water, mediese voorrade en toerusting soos tente en komberse in hul huise hou **Reageer op aardbewegings:** (Wanneer jy in 'n gebou is) * Val plat, bedek jou kop en lyf en hou aan swaar voorwerpe vas * Wag op veilige plek totdat die skudding verby is * Wees op die uitkyk vir brande, gebreekte gaspype, beskadigde drade en vermy huisbakke (Wanneer jy buite is) * Bly buite en beweeg weg van geboue, bome, straatligte en kragdrade * Bedek jou kop * Beweeg weg van vrystaande mure en geboue
185
Wat is die oorsake van oorstromings (vloede)?
**Natuurrampe** * Tsunami's kan vloede in kusgebiede veroorsaak, asook siklone en orkane * Aardbewegings kan krake in damme veroorsaak **Menslike aktiwiteite** * ***Boerdery: ***Oorbeweiding en die bewerking van grond beskadig die grond, wat veroorsaak dat reën die grond wegspoel en in riviere laat opdam, wat tot oorstromings kan lei. * ***Nedersettings:*** Wanneer mense huise en paaie bou, word grond bedek met materiaal wat nie reënval absorbeer nie. Dit veroorsaak afloop. * ***Swak ploegtegnieke: ***As die land op en af saam met die helling geploeg word, is daar geen weerstand vir water nie. Die water loop dan in die ploegvoor in en in die rivier af. Dit vervoer die bogrond van lande weg en spoel in riviere en damme af. * Brande en verlies van plantegroei: Verlies van plantegroei en ontbossing kan indirekte oorsake van oorstromings wees. Die afkap van bome kan tot gronderosie lei. Uitheemse plantegroei haal dikwels voedingstowwe uit die grond en verminder ander plantegroei wat afloop verhoog. Gespoelde grond daal af na die bodem van riviere wat damvlakke laat styg.
186
Wat is die gevolge van vloede op geboue en strukture?
* Geboue kan beskadig of vernietig word * Dit kan mense dakloos laat * Skole kan ontwrig word * Vervoermiddels kan beïnvloed word
187
Watter reaksie het owerhede op vloede?
* Verskeie waarskuwings moet aan die gemeenskap gerig word * Verseker dat noodsaaklike dienste volgehou word * Hou toegangsroetes oop * Beskerm en herstel strukture wat met vloedbeheer help * Voorsien noodsaaklikhede * Versorg diere wat deur vloede in gevaar is
188
Watter reaksie het mense en gemeenskappe op vloede?
* Wees gereed om te reageer en vinnig op te tree * Volg die raad van plaaslike owerhede * Ontruim onmiddelik as owerhede dit aanraai * Volg voorgestelde ontruimings roetes * Bly weg van oorstroomde gebiede * Moet nooit probeer om in vinnig vloeiende vloedwater te loop nie * Klim uit jou voertuig indien dit in die water vasval * Bly weg van sandbanke, rivieroewers, of brue * Vermy kontak met vloedwater * Kook alle drinkwater en gooi kos weg wat met vloedwater in kontak was * Bly uit geboue indien dit met water omring is