Kwartaal 1 (2) Flashcards
(136 cards)
Noem twee funksies van die selkern
- Dit dra die genetiese materiaal (erflike eienskappe) in die chromosome
- Dit reguleer die struktuur en metabolisme van die sel
Waarom dink jy word na Gregor Mendel verwys as die ‘Vader van Genetika’?
Hy was die eerste persoon wat oorerwingseksperimente met ertjieplante gedoen het, en vasgestel het dat elke erflike eienskap deur ‘n spesifieke geen beheer word.
Tussen 1920 en 1944 het wetenskaplikes se mening oor die samestelling van ‘n geen drasties verskil. Verduidelik hoe hulle verskil het, asook hoe hulle hul siening gestaaf het.
1920 - Gene bestaan uit proteïene en nie DNA nie; aangesien proteïene uit 20 verskillende aminosure en DNA slegs uit 4 verskillende nukleotiedbasisse opgebou word.
1944 - Gene bestaan uit DNA en nie uit proteïene nie; aangesien eksperimente met bakterieë getoon het dat die DNA die erflike eienskappe oordra.
Watter wetenskaplike se bevinding sou uiteindelik daartoe kon lei om bewys te lewer waarom die twee ‘bene’ van die DNA-leer ewewydig aan mekaar bly? Verduidelik jou antwoord.
Erwin Chargaff.
‘n Groter purienbasis (Adenien of Guanien) bind altyd aan ‘n kleiner pirimidienbasis (Timien of Sitosien) - sodoende bly die afstand tussen die twee bene konstant.
Noem die twee nukleïensure (hul naam en afkorting) wat in ‘n sel aangetref word
- Deoksiribonukleïensuur - DNA
- Ribonukleïensuur - RNA
Word nukleïensure beskou as organiese- of as anorganiese molekules? Verduidelik jou antw.
Organies - dit besit die element koolstof
Wat word die monomere (boustene) van nukleïensure genoem?
Nukleotiede
Noem die drie dele waaruit ‘n monomeer van nukleïensure opgebou word
- suikermolekule
- fosfaatgroep
- stikstofbasis
Hoeveel verskillende stikstofbasisse vorm deel van die DNA en RNA struktuur?
5
Noem die suikermolekules aangetref in DNA
Deoksiribose
Noem die suikermolekules aangetref in RNA
Ribose
Noem die verskillende stikstofbasisse aangetref in DNA
- Adenien
- Guanien
- Sitosien
- Timien
Noem die verskillende stikstofbasisse aangetref in RNA
- Adenien
- Guanien
- Sitosien
- Urasiel
Noem die verskillende stikstofbasisse wat beskou word as purienbasisse
- Adenien
- Guanien
Noem die verskillende stikstofbasisse wat beskou word as pirimidienbasisse
- Sitosien
- Timien
- Urasiel
Wat is die natuurlike vorm van DNA?
Dubbele heliks
Wat is die natuurlike vorm van RNA?
Enkele string wat nie op homself terugvou nie
Watter tipe bindings word aangetref tussen die purien- en pirimidienbasisse van DNA?
Waterstofbindings
Watter eienskap van die bindings tussen die purien- en pirimidienbasisse van DNA verseker dat replisering van DNA, asook transkripsie van mRNA, vinnig en maklik plaasvind?
Dit is swak bindings, wat maklik deur ensiemwerking gebreek word.
Wat word die proses genoem waartydens die DNA molekuul homself sal kopieer voor seldeling?
Replisering
Tydens watter stadium van die selsiklus vind die proses waartydens die DNA molekuul homself kopieer voor seldeling, plaas?
Interfase
Noem die funksies van DNA in die sel
- Dra erflike eienskappe na dogterselle oor, aangesien DNA kan repliseer
- Beheer die struktuur en funksie van die sel aangesien DNA die aminosuurvolgorde van proteïene bepaal
Ten spyte van die feit dat die stikstofbasisse nie almal ewe groot is nie, bly die twee ‘bene’ van die dubbele heliks ewewydig. Hoe is dit moontlik?
Daar bind altyd ‘n groter purienbasis (A of G) aan ‘n kleiner pirimidienbasis (T of C) en dus bly die afstand tussen die ‘bene’ van die heliks dieselfde.
Noem die drie tipes RNA wat aangetref word
- mRNA
- tRNA
- rRNA