Woordelys - 2 Flashcards

(283 cards)

1
Q

Definieer:

Alzheimer se siekte

A

Siekte wat veroorsaak word deur die degenerasie van senuweefsel in die brein.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Definieer:

Amnion

A

Die binneste membraan van die embrio van voëls, soogdiere en reptiele

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Definieer:

Amniotiese eier

A

‘n Eier wat vier membrane het naamlik die amnion, chorion, allantoïs en dooiersak gesamentlik bekend as die ekstra embrioniese membrane

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Definieer:

Amniotiese vloeistof

A

Die vloeistof wat binne die amniotiese holte lê; dit beskerm die ontwikkelende embrio

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Definieer:

Ampullae

A

Swelsels by die basis van die halfsirkelvormige kanale vd oor waarin die kristae (reseptore vir balans) voorkom

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Definieer:

Analoog

A

Eenderse strukture wat deur konvergente evolusie gevorm word van verskillende voorouers bv. vlerke van ‘n insek en die van ‘n voël

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Definieer:

Antibiotika

A

Medisyne wat van lewende organismes gevorm word (gewoonlik bakterieë en fungi) wat die groei van siekte veroorsakende mikrobes vertraag of stop

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Definieer:

Akwaties

A

Leef in of naby water

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Definieer:

Arboreaal

A

Lewe op bome

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Definieer:

Band transek

A

‘n Band transek is ‘n lang, dun, vierkantige area wat in eenderse blokke verdeel word vir die doel om die plantegroei en die biotiese en abiotiese faktore wat daarmee geassosieer is, te bestudeer; dit is in effek ‘n verlengde kwadraat

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Definieer:

Aandagafleibare Sindroom (AAS)

A

‘n Verskeidenheid gedragsprobleme wat met swak konsentrasie geassosieer word, ook bekend as Aandag Gebreks Hiperaktiwiteit Afwyking (AGHA)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Definieer:

Abiotiese komponente

A

Nie-lewende bronne van ‘n ekosisteem

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Definieer:

Absissien suur

A

Plant groeistof wat die dormansie van sade veroorsaak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Definieer:

Aborsie

A

Beëindiging van swangerskap voor die volle tydperk (280 dae)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Definieer:

ADH

A

Hormoon wat die hoeveelheid water wat deur die niere geabsorbeer word, kontroleer en is dus verantwoordelik vir osmoregulering

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Definieer:

Adrenalien

A

Hormoon wat deur die adrenalienklier afgeskei word tydens noodgevalle

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Definieer:

Aldosteroon

A

Hormoon wat deur die bynier afgeskei word en natrium absorpsie bevorder

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Definieer:

Afwisseling van generasies

A

Die afwisseling van die diploïede sporofietproduserende generasie met ‘n haploïede gameet produserende fase

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Definieer:

AKTH

A

Adreno-kortikotrofiese hormoon; ‘n hormoon wat deur die anterior lob van die hipofise of pituïtêre klier afgeskei word; AKTH is verantw vir die kontrolering van die sekresies van die hormone van die korteks van die byniere

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Definieer:

Oog Akkommodasie

A

Vermoë van die ooglens om sy vorm te verander vir duidelike visie wanneer beide ver en naby voorwerpe beskou word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Definieer:

Akromegalie

A

Siekte wat deur oorafskeiding van die groeihormoon in volwassenes veroorsaak word, gekenmerk deur die verlenging van die bene van die hande, voete en ken

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Definieer:

Altriële ontwikkeling

A

Eiers van voëls ontwikkel in jong voëls wat swak ontwikkeld is met hulle oë toe, sonder donsvere; wat nie kan rondbeweeg nie en nie in staat is om hulself te voed nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Definieer:

Benige labirint

A

Gedeelte van die inwendige oor wat opgebou is uit ‘n sisteem van holtes en kanale wat binne die skedel gevind word en gevul is met ‘n vloeistof bekend as perilimf

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Definieer:

Beroerte

A

Skade aan die breinselle agv breinbloeding of blokkasie veroorsaak deur ‘n bloedklont, lugblasie of ander vreemde partikel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
# Definieer: Bewaring
Die **wyse** en **versigtige gebruik** van ons bronne sodat hulle beskikbaar vir huidige sowel as **toekomstige generasies** is
26
# Definieer: Binokulêre visie
Die proses om na 'n voorwerp met **beide oë** te kyk; gee oorsprong aan **diepte persepsie** d.i. **stereoskopiese visie**
27
# Definieer: Biotegnologie
Die gebruik van die jongste vooruitgang in tegnologie om **navorsing** en **ontwikkeling** in die **lewenswetenskappe** te bevorder
28
# Definieer: Biotiese komponente
Al die lewende organismes in 'n **ekosisteem**
29
# Definieer: Bipolêre afwyking
**Buierigheid**, van laag na hoog, ook bekend as **manies-depressie afwyking**
30
# Definieer: Blinde vlek
Area van die **retina** waaruit die optiese senuwee ontspring; bevat **geen stafies en keëltjies** nie en is dus **nie sensitief vir lig** nie
31
# Definieer: Brachiasie
Deur te **swaai** van tak tot tak met die **arms omhoog**
32
# Definieer: Brein bloeding
Die **skeur** (oopbreek) van 'n **bloedvat** in die **brein**
33
# Definieer: Breinstam
Bestaan uit die **middelbrein**, die **pons Varolli** en die **medulla oblongata**
34
# Definieer: Byniere
**Kliere** wat op die **niere** voorkom en die hormone **adrenalien** en **aldosteroon** produseer
35
# Definieer: Chemoterapie
Die gebruik van verskeie **chemikalieë** in kombinasie met mekaar om of die **kankerselle direk te vernietig** of deur die DNS van die selle te vernietig en sodoende te **verhoed** dat die **selle voortplant**
36
# Definieer: Chorion
Die **buitenste membraan** vd embrio wat saam met die **uterusweefsel** van die moeder die **plasenta** vorm
37
# Definieer: Choroïed
Gepigmenteerde laag vd oog wat **lig absorbeer** en dus die **interne reflektering van lig** verhoed
38
# Definieer: Corpus callosum
'n Massa **wit fibrille** wat die linker en regter helfte van die **brein** verbind
39
# Definieer: Corpus luteum
Die struktuur wat van die Graafse follikel gevorm word nadat die **eiersel vrygestel** is; die corpus luteum skei die hormoon **progesteroon** af wat swangerskap onderhou
40
# Definieer: Cristae
**Reseptore** vir **balans** binne die **ampullae** vd halfsirkelvormige kanale
41
# Definieer: Dendriet
**Vesel** wat 'n **impuls** na 'n **selliggaam** in die liggaam vervoer
42
# Definieer: Depressie
Die wat aan depressie ly het die **meeste** vd tyd 'n **'lae' gemoedstoestand**
43
# Definieer: Detrivore
'n **Organisme** wat op groot gedeeltes van **dood** en **verrotte organiese materiaal** voed
44
# Definieer: Diabetes insipidus
**Gebreksiekte** wat deur die onderafskeiding van die hormoon ADH veroorsaak word; dit het tot gevolg dat **groot volumes uriene uitgeskei** word
45
# Definieer: Diabetes mellitus
Gebreksiekte wat deur die onderafskeiding van die hormoon **insulien** veroorsaak word; simptome van diabetes mellitus sluit **abnormale hoë bloedglukosevlakke** in en die **uitskeiding** van **glukose** in die **uriene**
46
# Definieer: Dialise
'n Metode waardeur **afvalprodukte in die bloed kunsmatig** verwyder word indien die niere nie in staat is om dit te doen nie
47
# Definieer: Digtheidsafhanklike faktore
Interne faktore wat direk verwant is aan die grootte (**dighteid**) vd **bestaande bevolking** bv. kompetisie wat 'n belangrike rol speel in **bevolkings fluktuasies**
48
# Definieer: Digtheidsonafhanklike faktore
**Eksterne** fisiese faktore bv. die **hoeveelheid reënval** wat 'n belangrike rol in **bevolkings fluktuasie** speel
49
# Definieer: Dihibried
Die resultaat van 'n **kruising** tussen individue wat **nie eenders** t.o.v. twee kenmerke is nie.
50
# Definieer: Direkte tegniek
'n Metode om die **bevolkingsgrootte** te bepaal wat insluit dat al die individue getel word bv. deur 'n **sensus** of lugfoto; die direkte tegniek het tot gevolg dat die resltate eksakt is of die totale getal van die bevolkingsgrootte is, d.i. **nie 'n beraming** nie
51
# Definieer: Dravermoë
Die **maksimum aantal individue** wat deur die omgewing **onderhou** kan word onder toestande wat op enige gegewe tydstip voorkom
52
# Definieer: Dwelmmiddel weerstand
Die vermoë van sekere **siekteveroorsakende mikro-organismes** om die effek van medisyne te oorkom wat bedoel is om hulle te **vernietig**
53
# Definieer: Dwergagtigheid
**Gebreksiekte** veroorsaak deur **onderafskeiding** vd **groeihormoon** deur die hipofise of pituïtêre klier tydens die kinderjare, veroorsaak **vertraagde groei** van die liggaam
54
# Definieer: Eenvoudige monsterneming
'n **Metode** om die **bevolkingsgrootte** te beraam
55
# Definieer: Eilandjies van Langerhans
Gespesialiseerde weefsel binne die **pankreas** wat die hormoon **insulien** en **gukagon** afskei
56
# Definieer: Ejakulatoriese buis
'n Buis wat die **spermselle** van die vasa efferentia in die uretra in dra, sametrekkings van die ejakulatoriese buis forseer die inhoud deur die uretra
57
# Definieer: Ekologiese voetspoor
Bepaling van hoeveel **grondgebied** en **water** wat die menslike bevolking benodig om sy **bronne** wat hy gebruik te produseer en om sy **afvalstowwe** te absorbeer deur van huidige tegnologie gebruik te maak
58
# Definieer: Ektotermies
Aanpassing of variasie in die **liggaamstemperatuur** om dit **dieselfde** as die van die **omgewing** te hou
59
# Definieer: Eksokriene klier
'n Klier wat sy **afskeidings deur 'n buis** vervoer
60
# Definieer: Eksoftalmiese goitre
'n Vergroting van die **tiroïedklier** en **oorafskeiding** van die tiroïedklier het **uitpeul oë** tot gevolg (hipertiroïdisme)
61
# Definieer: Eksotiese spesies
Spesies van **lewende organismes** wat nie natuurlik in 'n spesifieke habitat voorkom nie; ook verwys as **indringer spesies**; teenoorgesteld van inheems
62
# Definieer: Ekstant
Spesies wat nog steeds bestaan d.i. **nie uitgesterf** het nie
63
# Definieer: Embrio
'n Organisme in sy **vroeë stadium van ontwikkeling**; dit is meersellig en ontwikkel van 'n eensellige sigoot deur **opeenvolgende mitotiese verdelings**
64
# Definieer: Emigrasie
**Permanente uitbeweeg** van individue van 'n habitat
65
# Definieer: Endemiese goitre
**Gebreksiekte** wat veroorsaak word deur 'n **tekort aan jodium** in die dieët
66
# Definieer: Endemies
Plante of diere wat **beperk is tot 'n land** of dele van 'n land
67
# Definieer: Endokriene klier
'n Klier wat sy **sekresies** (hormone) **direk** in die **bloedstroom stort** d.i. die sekresies word nie deur 'n buis vervoer nie
68
# Definieer: Endolimf
Die **vloeistof** wat binne die **membraan labirint** van die **binne oor** gevind word
69
# Definieer: Endometrium
Die **binneste slymvlies** van die **uterus**; dit verdik en word ryklik van bloedvate voorsien in voorbereiding van die inplantering van die blastosist; indien **bevrugting nie plaasvind** nie trek die verdikte gedeelte weg en word uitgewerp tydens die **menstruele periode**, dit gaan gepaard met bloeding
70
# Definieer: Endotermies
Onderhouding van 'n **konstante liggaamstemperatuur**, ongeag van die temperatuur **veranderinge** in die omgewing
71
# Definieer: Epididimis
**Gedraaide buise** wat buite die testis maar binne die **skrotum** lê; hulle lei vanaf die spermbuisies, stoor sperme tydelik en dra later hierdie sperme in die **vas deferens** oor
72
# Definieer: Estrogeen
**Hormoon** wat deur die Graafse follikel afgeskei word; verantwoordelik vir die **voorbereiding van die endometrium** van die uterus vir die **inplanting** van die **bevrugte eiersel**
73
# Definieer: Ewewigsfase
'n Fase in die **logistiese groei van bevolkings** waartydens die bevolkingsgroei afplat agv die verhoogde bevolkingsdigtheid wat die **effek** van nadelige faktore **verhoog** het
74
# Definieer: Falanges
**Bene** van die **vingers** en **tone**
75
# Definieer: Fallopiese buis
'n Buis wat die **eierselle** van die **ovarium** na die **uterus** dra; bevrugting vind plaas in die **fallopiese buis**; ook bekend as die **oviduk**
76
# Definieer: Fauna
Al die **dierbevolkings** in 'n **spesifieke habitat**
77
# Definieer: Fekunditeit
Die **gemiddelde aantal kinders** wat in een generasie **per vrou** van **kinderbarende ouderdom** gebore word
78
# Definieer: Fetus
Die naam wat aan 'n **embrio** gegee word nadat dit die **12 weke** (3 maande) stadium bereik het
79
# Definieer: Feromoon
**Chemikalie** wat soos 'n **hormoon** funksioneer en die fisiologie en gedrag beïnvloed; laat ook kommunikasie in diere en fungi plaasvind
80
# Definieer: Flora
Al die **plantbevolkings** teenwoordig in 'n **sekere habitat.**
81
# Definieer: Fotosintese
Proses waardeur **stralingsenergie omgeskakel** word na **chemiese potensiële energie** wat in organiese stowwe gestoor word wat van **koolstofdioksied en water** gevorm word
82
# Definieer: Fototaksie
Die **beweging** van die hele organisme wat op **lig** reageer
83
# Definieer: Fototropisme
**Groeibeweging** van plantorgane t.o.v. 'n **ligstimulus**
84
# Definieer: Fragmentasie by diere
Opbreking van die liggaam van sommige diere in baie deeltjies. Dit word dikwels deur **regenerasie** gevolg.
85
# Definieer: FSH
**Follikel stimulerende hormoon**; afgeskei deur die **anterior lob** van die hipofise of pituïtêre klier; verantw. vir **groei** en **ontwikkeling** van die Graafse follikel.
86
# Definieer: Gedrag
Die manier waarop 'n **organisme** op **stimuli** reageer.
87
# Definieer: Geelvlek
Gebied van die **retina** wat verantw. is vir **helder lig en kleurvisie**; besit 'n baie hoë konsentrasie van **stafies** en **keëltjies**
88
# Definieer: Geometriese groeivorm
**Vinnige groei van 'n bevolking** aangesien daar baie min of geen beperkende faktore is wat die bevolking verhoed om te vermeerder nie; die bevolking groei dieselfde as wat geld groei met saamgestelde rente; wanneer die bevolkingsgrootte teenoor tyd neergestip word, word 'n **j-vorm grafiek** verkry
89
# Definieer: Geslagtelike volwassenheid
Die stadium waartydens 'n **organisme paringsgedrag vertoon**; by die **mens** word na hierdie stadium as **puberteit** verwys
90
# Definieer: Geslagtelike voortplanting
Die **produksie** van **nuwe individue** as 'n gevolg van **bevrugting** van **gamete**
91
# Definieer: Gibberelliene
'n **Plantgroeistof** wat die **verlenging** van litte in stingels tot gevolg het
92
# Definieer: Glasvog
**Jellieagtige stof** in die **oog** wat die vorm van die oogbal onderhou.
93
# Definieer: Gonorreë
**Geslagoordraagbare siekte** wat deur die bakterium Gonooccus veroorsaak word; dit mag tot **steriliteit** by mans en vrouens lei; in die gevorderde stadiums mag dit die vel, bene, gewrigte, tendons en ander organe affekteer
94
# Definieer: Graafse follikel
**Vloeistof gevulde blasie** in soogdiere waarin die ova of **eierselle ontwikkel**
95
# Definieer: Groeifase
'n Fase in die **logistiese groei van bevolkings** waartydens die bevolking **baie vinnig groei** aangesien daar min of geen beperkende faktore is nie.
96
# Definieer: Halfsirkelvormige kanale
Gedeelte van die **binne oor** wat uit drie kanale bestaan wat reghoekig tot mekaar is; onderhou **balans** en **ewewig**
97
# Definieer: Herbivoor
Organisme wat op **plantmateriaal voed**.
98
# Definieer: Heterotroof
Organisme wat nie in staat is om sy eie voedsel te vervaardig nie; al die verbruikers en ontbinders is **heterotrofe**
99
# Definieer: Hidrofiet
Plant met **spesiale aanpassings** wat in of naby **water** leef.
100
# Definieer: Hidrotropisme
**Groeibeweging** van **plantorgane** na **water** toe.
101
# Definieer: Hipertiroïdisme
**Oorafskeiding** van die **tiroïedklier**, veroorsaak die vergroting van die tiroïedklier en eksoftalmiese goitre
102
# Definieer: Hipotalamus
Die gedeelte van die brein wat verantwoordelik is vir **kontrole van slaap**, honger, dors, emosies, bloeddruk en bloed temperatuur
103
# Definieer: Hipotese
'n **Voorgestelde oplossing** vir 'n probleem.
104
# Definieer: Hipotiroïdisme
**Onderafskeiding** van die **tiroïedklier**; het die vorming van endemiese of eenvoudige goitre tot gevolg (slegs die vergroting van die tiroïedklier).
105
# Definieer: Homeostase
Die **neiging** van lewende organismes om hulle **interne omgewing konstant** te hou binne beperkte grense ongeag van **veranderinge** in die **uitwendige omgewing**.
106
# Definieer: Hominied
**Uitgestorwe** en **ekstante** (tans bestaande) mense
107
# Definieer: Hormone
**Chemiese boodskappers** wat **proteïen** van aard is; deur **endokriene kliere afgeskei**
108
# Definieer: Immigrasie
Die **beweging** van **individue** in 'n **habitat** in.
109
# Definieer: Inplantasie
Die proses waardeur die **ontwikkelende embrio** aan die **endometrium wand** van die **uterus** geheg word.
110
# Definieer: Inheems
'n **Spesie** wat **oorspronklik** in die land voorkom; teenoorgesteld van eksoties of indringer.
111
# Definieer: Indirekte tegniek
**Metode** om **bevolkingsgrootte** te beraam
112
# Definieer: Insulien
Die hormoon wat die omskakeling van die **oormatige glukose** na **glikogeen** stimuleer
113
# Definieer: Intelligente ontwerp
'n Teorie wat voorstel dat die **diversiteit van lewe** wat op Aarde bestaan, slegs kan voorkom omdat elke een van hulle slim (**intelligent**) **ontwerp** is
114
# Definieer: Inwendige bevrugting
Bevrugting van die **eiersel** deur 'n **spermsel** binne die vroulike voortplantingsorgane.
115
# Definieer: Inter-spesifieke kompetisie
**Kompetisie** tussen **organismes** van verskillende spesies wat van gemeenskaplike en **beperkte bronne afhanklik** is
116
# Definieer: Intra-spesifieke kompetisie
**Kompetisie** tussen **organismes** van **dieselfde spesie** wat van gemeenskaplike en beperkte bronne afhanklik is
117
# Definieer: In-vitro bevrugting
Bevrugting van 'n eiersel met 'n spermsel in 'n **petribakkie**; die bevrugte eiersel of sigoot word **teruggeplaas in die uterus** vir inplanting in die uterus
118
# Definieer: Iris
Die **gekleurde gedeelte van die oog** wat die **grootte van die pupil reguleer** en sodoende die **hoeveelheid lig** wat die oog binnedring, **kontroleer**.
119
# Definieer: ISSH
**Interstisiële sel stimulerende hormoon**; geproduseer deur die anterior lob van die hipofise; verantw. vir die stimulering van die ovaria en testis om hulle hormone af te skei
120
# Definieer: Karnivoor
**Vleisetende** organisme
121
# Definieer: Karpale
Die **agt klein bene** in die **gewrig**
122
# Definieer: Keëls
**Reseptor selle**, sensitief vir **kleur**, kom in die retina van die oog voor.
123
# Definieer: Kiemepiteel
Kolomepiteel wat die **saadbuisies** van die testes uitvoer en die ovarium bedek en wat oorsprong gee aan selle wat volwasse spermselle en eierselle respektiewelik vorm.
124
# Definieer: Klimaksorganismes
Organismes wat die finale of **stabiele stadium** van **suksessie** in 'n **omgewing** beset.
125
# Definieer: Knoop van Ranvier
Onderbrekings op gereelde intervalle van die miëlienskede van neurone.
126
# Definieer: Knopvorming
'n Tipe **ongeslagtelike voortplanting** waar nuwe individue ontstaan van die **uitgroeisels** van 'n bestaande een.
127
# Definieer: Koglea
**Spiraalgedraaide gedeelte** van die binne oor wat vir die ontvangs van **geluid** verantwoordelik is.
128
# Definieer: Koma
'n Onnatuurlike diep slaap.
129
# Definieer: Kommensalisme
Simbiotiese verwantskap tussen twee organismes waarin een organisme voordeel trek terwyl die ander een nie voordeel trek of benadeel word nie.
130
# Definieer: Kompetisie
'n Interaksie tussen twee of meer individue wat probeer om dieselfde essensiële bronne te gebruik wanneer daar min voorraad is.
131
# Definieer: Ko-ordinasie
Verbinding van verskeie sisteme en aktiwiteite binne in die liggaam.
132
# Definieer: Kopsenuwees
Die twaalf paar senuwees wat direk van die brein ontstaan; dit sluit die optiese en gehoorsenuwees in.
133
# Definieer: Koppeling
Die assosiasie tussen twee gene wat verskillende kenmerke kontroleer sodat hulle van die ouer na die nakomelinge as 'n eenheid oorgedra word d.i. hulle toon nie onafhanklike sortering nie.
134
# Definieer: Kornea
Die deurskynende skyfagtige gedeelte van die sklera wat toelaat dat lig die oog binnedring
135
# Definieer: Kortsiendheid
Die onvermoë van die oog om duidelik op verafgeleë voorwerpe te fokus omdat die lens te rond is en/of die oogbal is te lank.
136
# Definieer: Kranium
Gedeelte van die skedel wat die brein bevat en beskerm.
137
# Definieer: Kreasionisme
Teorieë wat voorstel dat alle lewensvorme deur 'n Opperwese geskape is en dat organismes nie sedert hulle skepping verander het nie.
138
# Definieer: K-strategie spesies
Klimaks organismes wat min nakomelinge voortbring maar baie ouersorg toepas
139
# Definieer: Kwadraat (gebied)
'n Afgemete gebied van enige vorm en grootte wat as 'n monster area in 'n biologiese opname gebruik word, veral in die opname van plante en of sessiele en sittende diere
140
# Definieer: LH
Luteïniserings hormoon; geproduseer deur die anterior lob van die hipofise; verantw. vir ovulasie, estrogeen produksie deur die Graafse follikels en vir die omskakeling van die geskeurde follikel na die corpus luteum
141
# Definieer: Logistiese groeivorm
'n Baie stadige bevolkingsgroei aan die begin, wat deur vinnige groei gevolg word, wat dan uiteindelik stadiger word totdat die ewewigsvlak bereik en onderhou word; wanneer die bevolkingsgrootte teen tyd getrek word, word 'n **S-vormige** grafiek gevorm
142
# Definieer: Makulae
Reseptore in die sakkulus en utrikulus van die oor wat sensitief is t.o.v. swaartekrag
143
# Definieer: Malleus
Een van die drie klein beentjies wat in die middel oor gevind word; ook genoem die hamer; die ander twee beentjies is die incus (aambeeld) en stapes (stiebeuel)
144
# Definieer: Malpigiese liggaam
Gedeelte van die nefron van die menslike nier, bestaan uit die kapsule van Bowman en die glomerulus
145
# Definieer: Medulla oblongata
Gedeelte van die brein waar die respiratoriese sentrums geleë is.
146
# Definieer: Membraan labirint
Gedeelte van die binne oor wat uit membraanagtige sakke en buise opgebou is wat in die perilimf van die benige labirint dryf; dit bestaan uit halfsirkelvormige kanale, die sakkulus en utrikulus; gevul met 'n vloeistof bekend as endolimf.
147
# Definieer: Meninges
Beskermende membrane wat die brein en rugmurg omring
148
# Definieer: Menopouse
'n Stadium in die lewe van 'n vrou waar sy ophou om te ovuleer en menstrueer; vind tussen die ouderdomme van 45 en 55 jaar plaas.
149
# Definieer: Menslike Genoom Projek
'n Navorsingstudie wat die presiese posisies of lokusse van al die gene in al die chromosome van die mens uitgewerk het; om dit te bereik is die korrekte volgorde van al die DNS basispare in al die chromosome eers uitgewerk
150
# Definieer: Menstruasie
Die losmaak van die endometriese voering van die uterus as die menstruele periode wat met bloeding gepaardgaan; vind een keer in ongeveer 28 dae plaas, ongeveer 14 dae na ovulasie.
151
# Definieer: Miëlienskede
Vetagtige membraan wat die aksone van neurone bedek; voorsien elektriese insulasie en help om die oordrag van impulse vinniger te laat plaasvind
152
# Definieer: Migrasie
Periodieke verlaat van en terugkeer na 'n habitat
153
# Definieer: Miksodeem
Siekte wat deur die tekort van tiroksien in volwassenes veroorsaak word; 'n persoon wat aan miksodeem lei het 'n lae metaboliese tempo, verlies van geheue, stadige denke, liggaamsbeweging en spraak, met 'n droë, growwe vel
154
# Definieer: Miskraam
Die spontane abortering van die embrio vir onbekende redes, sonder inmenging deur die moeder, mediese werker of ander persone
155
# Definieer: Mortaliteit
Die sterftes van individue in 'n bevolking
156
# Definieer: Motoriese neuron
Senuweeselle wat die impulse van die sentrale senuweestelsel na die effektors (spiere en kliere) dra
157
# Definieer: Mutualisme
Simbiotiese verwantskap tussen twee organismes waardeur beide voordeel trek
158
# Definieer: Naelstringbloed
Bloed wat in die naelstring gevind word; dit is 'n ryk bron van stamselle
159
# Definieer: Nataliteit
Die inherente vermoë van 'n bevolking om te vergroot.
160
# Definieer: Negatiewe terugvoer (kliere)
Interaksie tussen twee endokriene kliere waar 'n verandering in die hormoonvlakke in die een teruggevoer word na die klier en 'n teenoorgestelde respons tot gevolg het.
161
# Definieer: Neuron
Gespesialiseerde senuweesel wat in die senuweesisteem gevind word.
162
# Definieer: Neuronoordrag stowwe
Chemikalieë wat impulse oor 'n sinaps dra.
163
# Definieer: Nie-skeiding
'n Fout wat in die proses van meiose of mitose voorkom waardeur beide pare van homoloë chromosome of suster chromatiedes nie skei nie.
164
# Definieer: Nissi korrels
Korrelagtige strukture wat in die sitoplasma van selliggame gevind word, wat stowwe produseer wat vir die oordrag van senuwee impulse verantwoordelik is.
165
# Definieer: Oksitosien
Hormoon afgeskei deur die hipotalamus en gestoor in die posterior lob van die hipofise wat veroorsaak dat die uterus spiere saamtrek tydens die geboorteproses
166
# Definieer: Olfaktoriese orgaan
Orgaan van reuk
167
# Definieer: Omnivoor
Organismes wat van beide plant en diermateriaal eet
168
# Definieer: Ongeslagtelike voortplanting
'n Tipe voortplanting wat nie geslagselle insluit nie. Dit mag geskied deur tweedeling, knopvorming, vegetatiewe voortplanting or regenerasie
169
# Definieer: Ontbinders
Mikro-organismes wat die afbreking van dooie organismes veroorsaak.
170
# Definieer: Onvolledige metamorfose
Verandering in die voorkoms van 'n insek wat 'n eier, larwe en volwasse stadium insluit.
171
# Definieer: Onwillekeurige spiere
Spiere wat se sametrekking en ontspanning nie onder beheer van die wil is nie; ook genoem gladde of ongestreepte spiere.
172
# Definieer: Oögenese
Die proses waardeur eierselle of ovums geproduseer word van die kiemepiteel in die ovarium van soogdiere
173
# Definieer: Omgewingsweerstand
Die som faktore wat bevolkingsgroei inhibeer a.g.v. heersende toestande in die habitat.
174
# Definieer: Optiese senuwee
Senuwee verantwoordelik om impulse van die oog na die serebrum van die brein te dra
175
# Definieer: Orgaan van Corti
Orgaan wat in die koglea kanaal van die binne oor gevind word wat verantwoordelik is om die klankstimulus te ontvang
176
# Definieer: Ouderdoms piramiede
'n Grafiese voorstelling wat die verspreiding van verskillende ouderdomsgroepe in 'n bevolking toon wat normaalweg in 'n piramiede vorm is.
177
# Definieer: Ouksien
Plantgroeistowwe wat beskou kan word as hormone.
178
# Definieer: Outonome senuwee stelsel
Gedeelte van die senuweestelsel wat reageer deur dubbele invervasie van die organe
179
# Definieer: Outotrofies
Besit die vermoë om self voedsel te vervaardig
180
# Definieer: Ovaalvenster
Dun membraan wat oor 'n klein opening strek tussen die middel oor en die vestibulêre kanaal (boonste kanaal) van die binne oor.
181
# Definieer: Oviparie
'n Metode van voortplanting waarin die eiers gelê en ontwikkeling van hierdie eiers buite die moeder se liggaam plaasvind
182
# Definieer: Ovoviviparie
'n Metode van voortplanting waardeur die jonges van eiers ontwikkel binne die moeder se liggaam maar hulle verkry hulle voeding van eiergeel en nie van die moeder nie. Die kleintjies broei binne die moeder se liggaam uit en word kort daarna gebore.
183
# Definieer: Ovulasie
Die proses waardeur die Graafse follikel oopskeur en die eiersel vrystel.
184
# Definieer: Osoon
'n Gas (O3) wat normaalweg in die atmosfeer geproduseer word en die aarde van ultraviolet lig beskerm
185
# Definieer: Parasiet
'n Organisme wat van 'n ander (die gasheer) vir sy voedsel afhanklik is
186
# Definieer: Parasitisme
Simbiotiese verwantskap tussen twee organismes waarin die een voordeel trek en die ander een benadeel word
187
# Definieer: Parkinson se siekte
Siekte wat die neurone in deel van die brein affekteer wat spierbeweging kontroleer
188
# Definieer: Patogeen
'n Siekte veroorsakende organisme
189
# Definieer: Perifere senuweestelsel
Bestaan uit al die senuwees buite die sentrale senuweestelsel
190
# Definieer: Pionier organismes
Die eerste organismes wat 'n gebied koloniseer en die eerste stadium van suksessie begin
191
# Definieer: Plaagdoder
Chemiese bestanddeel wat gebruik word om peste te vernietig
192
# Definieer: Plasenta
Orgaan wat uit embrioniese en moederlike weefsel opgebou is waardeur die embrio vasgeheg is aan die uterus van die moeder; verantwoordelik vir voeding, gaswisseling en ekskresie van die ontwikkelende embrio
193
# Definieer: Predator
Die dier wat jag en vinnig 'n ander dier doodmaak vir sy voedsel.
194
# Definieer: Predasie
Die proses waardeur 'n dier jag en ander diere vinnig doodmaak vir hulle voedsel
195
# Definieer: Prekosiële ontwikkeling
Eiers van voëls wat ontwikkel in jong voëls wat goed ontwikkeld is; met hulle oë wyd oop; liggame met donsvere bedek; in staat is om te beweeg en hulle self te voed.
196
# Definieer: Primêre suksessie
'n Tipe ekologiese suksessie wat in 'n byna lewelose habitat voorkom waar daar oorspronklik geen lewende organismes was nie en die grond nog nie gevorm is nie.
197
# Definieer: Produseerder
Organismes wat in staat is om hulle eie voedsel deur fotosintese en chemosintese te vervaardig
198
# Definieer: Progesteroon
Hormoon wat deur die corpus luteum afgeskei word wat swangerskap onderhou
199
# Definieer: Prognaties
Het 'n gepunte gesig a.g.v. kake en 'n neus wat na vore projekteer.
200
# Definieer: Prolaktien
Hormoon deur die anterior lob van die hipofise geproduseer wat verantwoordelik is vir melkproduksie.
201
# Definieer: Prooi
Dier wat gejag en gedood word deur 'n predator
202
# Definieer: Proprioreseptore
Reseptore wat in die spiere, tendons en gewrigte gevind word en wat sensitief is vir spierspanning en die strek van die spiere
203
# Definieer: Prostaatklier
Klier wat aan die basis van die blaas gevind word en in die manlike voortplantingstelsel open by die punt waar dit by die uretra aansluit; saam met die klier van Cowper en seminale vloeistof produseer dit voeding vir die spermatosoa en bevorder hulle beweging
204
# Definieer: Puberteit
Die ouderdom waarby seksuele volwassenheid plaasvind; sekondêre geslagskenmerke soos skaamhare, hare onder die arms (in mans en vrouens), toename in die grootte van die borste en die begin van menstruasie (in vrouens) die groei van gesigshare, verlaging van die stem en ontwikkeling van spiere en verbreeding van die skouers (in mans); puberteit vind gewoonlik rondom 11-14 jaar ouderdom plaas
205
# Definieer: Pupil
Sentrale opening binne die iris wat lig toelaat om die oog binne te dring
206
# Definieer: Radiokatiwiteit
Die proses waardeur sekere stowwe, bekend as radioaktiewe stowwe wat strale afgee word teen hoë snelhede; hierdie strale is in staat om liggaamsweefsels binne te dring en hulle te beskadig
207
# Definieer: Regenerasie
Die hergroei van liggaamsdele van dele van 'n organisme; as die hele organisme van hierdie dele gevorm word, word dit beskou as 'n tipe ongeslagtelike voortplanting
208
# Definieer: Refleksaksie
'n Vinnige outomatiese (onwillekeurige) respons tot 'n stimulus wat deur 'n sinsorgaan of ander reseptor ontvang is
209
# Definieer: Refleksboog
Pad wat deur 'n impuls geneem word om die respons na vore te bring tydens 'n stimulus van 'n refleksaksie.
210
# Definieer: Respirasie
Die proses waardeur energieryke molekules afgebreek word om energie vry te stel; gewoonlik word suurstof benodig (aerobiese respirasie) en koolstofdioksied en water word vrygestel.
211
# Definieer: Retina
Die binneste laag van die wand van die oog, bevat die stafies en keëltjies
212
# Definieer: Ronde venster (oor)
Dun membraan wat oor die klein opening tussen die middel oor en timpaniese kanaal (onderste kanaal) van die binne oor gestrek is
213
# Definieer: R-strategie spesies
Pionier organismes wat nuwe habitatte binnedring en probeer om hulself vinnig te vestig deur hulle hoë voortplantingstempo's
214
# Definieer: Saprofiet
Organismes wat op dooie of ontbindende materiaal lewe
215
# Definieer: Sekondêre suksessie
'n Tipe suksessie wat voorkom wanneer 'n bestaande gemeenskap deur een of ander steurnis verwyder word wat die grond intakt hou
216
# Definieer: Selfbestuiwing
Oordrag van stuifmeel van die helmknop na die stempel van dieselfde plant
217
# Definieer: Somatiese senuwee stelsel
Sluit al die dele van die senuweestelsel in wat die liggaam in staat stel om op veranderinge in die omgewing te reageer
218
# Definieer: Sensus
Die totale telling van al die individue in 'n gemeenskap, dit is nie 'n beraming nie
219
# Definieer: Sentrale senuweestelsel
Gedeelte van die senuweestelsel wat bestaan uit die brein en rugmurg
220
# Definieer: Sensoriese neuron
Senuselle wat impulse van die sinsorgane na die sentrale senuweestelsel dra
221
# Definieer: Sertoli selle
Gespesialiseerde selle binne die saadbuisies wat ryk is aan glikogeen; wetenskaplikes glo dat hierdie glikogeen dien as voedingstowwe vir die spermatiedes soos wat hulle in spermselle of spermatosoa ontwikkel
222
# Definieer: Serebellum
Gedeelte van die brein wat verantw. is vir die koördinasie van spierbewegings, spiertonus en balans
223
# Definieer: Serebrospinale vloeistof
Vloeistof wat in die holtes van die brein en rugmurg gevind word.
224
# Definieer: Serebrum
Die gedeelte van die brein geassosieer met oordeel, intelligensie, geheue, interpretasie van sensasies en koördinasie van willekeurige aksies.
225
# Definieer: Sklera
Die sterk, nie-elastiese onderskynende buitenste laag van die oogwand.
226
# Definieer: Spermbuisies
Fyn buisies binne die testis wat die spermatosoa produseer.
227
# Definieer: Sifilis
'n Seksueel oordraagbare siekte wat deur 'n spitaal bakterium of 'n spirogeet veroorsaak word beken as Treponema pallidum; begin as blasies op die geslagsorgane asook geswelde limfkliere in die genitale gebied, vorder dan tot die keel, spiere en gewrigte, val die vel, lewer, maag, hart en die senuweestelsel aan; kan lei tot blindheid en selfs die dood
228
# Definieer: Siliaarliggaam
Verdikte sirkelrand van die choroïed wat die siliaarspiere bevat.
229
# Definieer: Siliaarspier
Spiere wat in die siliaarliggaam gevind word; sametrekking en ontspanning van die siliaarspiere verander die vorm van die lens en veroorsaak dus akkommodasie
230
Simbiose
Verwantskap tussen twee organismes wat saamleef waardeur beide of een organisme voordeel trek; drie verskillende tipes simbiose mag onderskei word nl. Kommensalisme, mutualisme en parasitisme
231
# Definieer: Sinaps
Die fisiologiese verbinding tussen die akson van een neuron en die dendriet van 'n ander
232
# Definieer: Sitokiniene
Plant groeistowwe wat selverdeling stimuleer
233
# Definieer: Sloerfase
'n Fase in die logistiese groeifase van bevolkings waartydens die bevolking baie stadig groei omdat die organisme gewoond raak aan die omgewing
234
# Definieer: Somatiese selle
Al die selle behalwe die geslagselle (gamete)
235
# Definieer: Spermatied
Sel wat gevorm word deur die tweede meiotiese deling van elke sekondêre spermatosiet; elke spermatied ondergaan verskeie veranderinge om 'n spermatosoön te vorm
236
# Definieer: Spermatogenese
Die proses waardeur spermselle of spermatosoa gevorm word van die kiemepiteel van die testis van soogdiere
237
# Definieer: Spermatofiet
Saaddraende plant
238
# Definieer: Spermatosoön
Die manlike gameet van soogdiere
239
# Definieer: Spermdoder
'n Room, jellieagtige stof of skuim wat vir voorbehoedings doeleindes gebruik word d.i. as 'n metode van geboortebeperking; dit word aan die binnekant van die vagina gesmeer voordat geslagsomgang plaasvind; dit maak sperme dood en dien as versperring, om daardie sperme wat die gedood is nie te verhoed om die fallopiese buis binne te dring.
240
# Definieer: Spina bifida
'n Geboortedefek waar daar 'n onvolledige sluiting van die werwelkolom is.
241
# Definieer: Sporofiet
Die spoorproduserende fase van mosse, varings, angiosperme en gimnosperme; in varings, angiosperme en gimnosperme is die dominante of hooffase, in mosse is die sporofiet resessief en kom as 'n semiparasiet op die gametofiet voor.
242
# Definieer: Stafies
Ligreseptore wat in die retina van die oog gevind word
243
# Definieer: Stamsel
Ongespesialiseerde selle wat die genetiese kode het om oorsprong te gee aan enige ander sel van dieselfde organisme.
244
# Definieer: Stapes
Een van die drie klein beentjies wat in die middeloor gevind word; ook genoem die stiebeuel; die ander twee beentjies is die malleus (hamer) en incus (aambeeld)
245
# Definieer: Stereoskopiese visie
Die vermoë om die diepte en die vastigheid van voorwerpe te sien
246
# Definieer: Sterffase
'n Fase in die logistiese groei van bevolkings waartydens die habitat gedegradeer word en die bevolkingsgrootte verminder
247
# Definieer: STH
Somatotrofiese of groeihormoon wat deur die anterior lob van die hipofise afgeskei word; verantw. vir normale groei van die skelet en spiere
248
# Definieer: Swangerskap
Die periode waartydens die embrio aan die uterus wand van die moeder in soogdiere geheg is; in die mens is swangerskap normaalweg 280 dae.
249
# Definieer: Talamus
Gedeelte van die brein onder die corpus callosum.
250
# Definieer: Tandformule
Die getal en rangskikking van die verskillende tipes tande in een helfte van die boonste kaak en een helfte van die onderste kaak.
251
# Definieer: Tandgebit
Die rangskikking van die verskillende soorte tande in die kaak
252
# Definieer: Teenoorstaande duim
Duime wat in teenoorstaande rigtings as die vingers werk; 'n kenmerk van alle primate
253
# Definieer: Teiken orgaan
Orgaan wat reageer t.o.v. 'n sekere hormoon wat deur die bloedstroom ontvang is
254
# Definieer: Terrestrieël
Lewe op land; teenoorgesteld van akwaties
255
# Definieer: Territorialiteit
Proses om 'n gebied te vind en op te eis wat geskik is vir voeding; versorging en teling
256
# Definieer: Testosteroon
Die manlike geslagshormoon wat deur die testis geproduseer word; belangrik vir die ontwikkeling en funksionering van die manlike voortplantingstelsel
257
# Definieer: Toets kruising
'n Kruising tussen 'n individu wat die dominante toestand het met een wat die resessiewe toestand het om te bepaal of die individu homosigoties of heterosigoties dominant is.
258
# Definieer: Tiroksien
Hormoon deur die trioïedklier gesekreteer; verantwoordelik om die metaboliese tempo en groei te reguleer asook die ontwikkeling van die hart en senuweestelsel
259
# Definieer: Tropisme
Die beweging van plante of gedeeltes van 'n plant in respons? op 'n eksterne stimulus
260
# Definieer: Tweeledige sleutel
Pare van wedersydse uitsluitende verklarings van kenmerke van diere wat gebruik word om organismes te identifiseer
261
Uitwendige bevrugting
Bevrugting van die eiersel deur 'n spermsel buite die liggaam van die vrou/wyfie.
262
# Definieer: Ulna
Been van die voorarm wat 'n sigmoïede kerf daarin het.
263
# Definieer: Ultraklank
'n Prosedure waarin klankgolwe gebruik word om beelde van die embrio weer te gee terwyl die embrio nog in die uterus van die moeder is.
264
# Definieer: Uterus
'n Peervormige, hol orgaan met spierwande waarin die embrio ontwikkel.
265
# Definieer: Uretra
'n Buis wat die uriene van die blaas na buite vervoer; in mans loop die uretra deur die penis en vervoer ook die semen; in vrouens is die opening daarvan apart van die voortplantingstelsel; die opening van die voortplantingstelsel staan bekend as die vulva.
266
# Definieer: Vagina
Geboortekanaal wat van die uterus na die uitwendige opening of vulva lei
267
# Definieer: Vang-merk-hervang metode
Die vang van 'n klein groepie diere, hulle dan te merk en vry te laat, en dan 'n groter groep diere te vang en deur die gebruik van 'n formule (die Petersen Indeks) die bevolkingsgrootte te beraam
268
# Definieer: Vas deferens
Die buise wat die spermatosoa van die epididimus deur die abdomen in die ejakulatoriese buis dra
269
# Definieer: Vegetatiewe voortplanting
'n Tipe ongeslagtelike voortplanting in plante waar nuwe individue van nie-reproduktiewe of vegetatiewe dele van die plant gevorm word.
270
# Definieer: Verbindingsneuron
Neurone teenwoordig in die grysstof van die rugmurg wat impulse van die sensoriese neuron na die motor neuron dra
271
# Definieer: Verbruiker
'n Organisme wat ander vir voedsel eet aangesien dit nie sy eie voedsel kan vervaardig nie
272
# Definieer: Verspreiding (in 'n habitat)
Beweging van individue of gedeeltes van individue van een habitat na 'n ander
273
# Definieer: Viervoetig
Vier-voetige dier
274
# Definieer: Vivipari
'n Metode van voortplanting waartydens die jonges binne die uterus van die moeder ontwikkel, waar voedsel van die moeder se bloed deur die plasenta verkry word. Wanneer hulle buite die liggaam vrygestel word (gebore word) is die jonges aktief
275
# Definieer: Volledige metamorfose
Verandering in die vorm van 'n insek wat die eier, larwe, papie en volwasse stadiums insluit
276
# Definieer: Voorbehoeding
Metodes wat gebruik kan word om te verhoed dat die eiersel deur die spermsel bevrug word.
277
# Definieer: Voortplantings gesondheid
Die vermoë van 'n gesonde vrou om saam met 'n gesonde man gesonde kinders te baar
278
# Definieer: Voedselketting
Die pad wat energie volg soos wat dit in 'n lyn van een organisme na 'n ander in 'n ekosisteem oorgedra word
279
# Definieer: Voedselweb
Verskeie voedselkettings tesame om al die moontlike paaie/roetes van energievloei aan te toon
280
# Definieer: Vrugbaarheid
Die getal geboortes per jaar per 1 000 vrouens van kinderbarende ouderdom
281
# Definieer: Vulva
Eksterne opening van die vroulike voortplantingstelsel
282
# Definieer: Waterige vloeistof
Vloeistof in die voorste kamer van die oog wat voedingstowwe na die kornea vervoer en vorm aan die oog gee
283
# Definieer: Willekeurige spiere
Spier onder die beheer van die wil