Magnetise Flashcards
(34 cards)
Wat word met die N-pool van ‘n magneet bedoel?
Dit is die pool van die magneet wat na die aarde se magnetiese noordpool soek.
Definieer die term magneetveld
Die gebied rondom ‘n magneet waarin ‘n ander magneet of ‘n ferromagnetiese stof ‘n magnetiese krag sal ondervind.
Waar is die grootte van die krag van ‘n magneetveld die sterkste en hoekom?
Die magneetveld is die sterkste by die pole omdat die veldlyne dig/nader aan mekaar by die pole as in die middel is.
Verduidelik hoe ‘n kompas werk
‘n Kompas is self ‘n magneet en die noordpool wys altyd na die aarde se magnetiese noordpool
Wat is die eienskappe van veldlyne?
1) Aaneenlopend
2) Het denkbeeldige lyne
3) Is 3-D
4) Die rigting loop van die noord- na suidpool
5) Kruis of raak mekaar nooit nie
6) Is die digste waar die magneet veld die sterkste is.
Definieer die terme ferromagnetiese materiaal.
Ferromagnetiese materiaal is materiaal wat gemagnetiseer kan word en deur magnete magnete aangetrek word.
Noem voorbeelde van ferromagnetiese elemente wat op die Periodieke tabel voorkom
Yster (Fe), Kobalt (Co), Nikkel (Ni)
Noem drie voordele wat die aarde se magneetveld vir mens en dier inhou
1) Kompas kan gebruik word om rigting aan te dui.
2) Tydens migrasie maak trekvoel daarvan gebruik om hulself te orienteer.
3) Waterdiere soos dolfyne bepaal hulle posisie daarmee
4) Beskerm die aarde teen sonwinde.
Watter eenheid meet magnetiese veldsterkte?
Tesla (T)
Wat is ’n elektromagneet?
’n Magneet wat krag nodig het om ’n veld op te wek (d.m.v. stroom).
Watter reël bepaal veldrigting rondom ‘n draad?
Regterhandreël: duim wys stroomrigting, vingers wys veldrigting.
Wat gebeur as jy ’n magneet in twee breek?
Jy kry twee kleiner magnete – elk met ’n noord- en suidpool.
Wat is die verskil tussen permanente en elektromagnete?
Permanente magnete het altyd ’n veld; elektromagnete net as stroom vloei.
Hoekom trek sommige materiale nie aan nie?
Hulle het nie belynde magnetiese domeine nie.
Wat is die funksie van ‘n kern in ‘n elektromagneet?
Versterk die magnetiese veld – meer gefokus en kragtig.
Wat wys veldlyne se digtheid?
Hoe sterker die magnetiese veld is in daardie area.
Waarom is yster ’n goeie kernmateriaal?
Dit magnetiseer vinnig én verloor magnetisme maklik (beheerbaar).
Wat gebeur met magnetisme as temperatuur styg?
Magnetiese eienskappe kan afneem — domeine verloor belyning.
Elkemagnee bestaan uit ‘n ___pool
dipool
Wat is die deklinasie hoek?
Die hoek tussen die magnetiese noordpool en die geografiese noordpool van die aarde.
Wat is die verskil tussen die magnetiese noordpool en geografiese noordpool?
Magnetiese noordpool:
- Punt waar die magneetveldlyne die aarde binnegaan.
- Verander gedurig posisie.
- Deur ‘n kompas bepaal
Geografiese Noordpool
- Punt in die noordelike halfrind waar die aarde se rotasie-as die oppervlakte ontmoet.
- Word op meeste kaarte gebruik.
- Deur die posisie van die son bepaal
Wat is ‘n magnetiese veldlyn?
‘n Magnetiese veldlyn is ‘n denkbeeldige lyn wat getrek word rondom ‘n magnee om die grootte, die vorm, die rigting, en die sterkte van die magneetveld aan te dui.
‘n Elektriese veld ontstaan as gevolg van wat?
Positiewe en of negatiewe lading
‘n Magnetiese veld ontstaan as gevolg van wat?
Magneet met ‘n noord- en suid-pool