Natuur-Wetenskappe Flashcards
(31 cards)
Hoeveel verskillende sfere is daar?
Vier
Noem die vier verskillende sfere.
Biosfeer (diere en plante)
Litosfeer (land)
Atmosfeer (lug)
Hidrosfeer (water - H2O)
Wat beteken die Griekse woord bios, waarvan bio afgelei word?
Bios beteken lewe.
Wat beteken die Griekse woord sphaira, waarvan sfeer afgelei word?
Sphaira beteken sfeer (sirkel).
Wat is die biosfeer?
Dit is die gedeelte van die aarde waarin alle lewe voorkom.
Die biosfeer strek van die boonste deel van die atmosfeer waar voëls en insekte gevind word, tot diep onder die grond of tot op die bodem van die oseaan.
Wat is die bekende foto van die aarde wat in 1972 vanuit die ruimte geneem is genoem?
“The Blue Marble”
Daar kan die drie komponente (atmosfeer, hidrosfeer en litosfeer) van die biosfeer duidelik gesien word.
Wat is die litosfeer?
Dit is die harde buitenste laag van die aarde.
Dit is die begin van alle voedselkettings op aarde.
Wat is fotosintese?
Dit is die proses waar groen plante stysel vervaardig.
Wat is die hidrosfeer?
Dit is alle water in verskillende vorme op die aarde.
Dit sluit oseane, riviere, mere, ondergrondse water, ys by die Pole en vog in die lug in.
Watter stof kom natuurlik as vastestof, vloeistof en gas voor?
Water
Wat is die doel van die waterkringloop?
Dit verseker dat die water op die aarde nooit opraak nie, maar heeltyd sirkuleer.
Beskryf die waterkringloop.
Water verdamp > Waterdamp kondenseer > Neerslag vorm (reën of sneeu) > Die water vloei deur riviere na die see.
Hierdie siklus gebeur oor en oor.
Wat is die atmosfeer?
Dit is die laag gasse rondom die planeet.
Hoe word gasse na die aardoppervlak aangetrek?
Deur aantrekkingskrag.
Waaruit bestaan droë lug?
- Stikstof
- Stuurstof
- Argon
- Koolsofioksied
- Ander gasse (neon, helium, metaan, kripton en waterstof)
- Waterdamp
Wat benodig alle lewende dinge om aan die lewe te bly?
Suurstof en koolstofdioksied.
Hierdie gasse kom as ‘n mengsel in die atmosfeer voor.
Hoe beskerm die atmosfeer lewe op aarde?
- Dit absorbeer skadelike ultraviolet strale van die son.
- Dit houdie hitte van die son binne sodat die temperatuur op aarde warm bly.
- Dit verminder die temperatuur tussen dag en nag.
Uit watter twee komponente bestaan die biosfeer?
Abiotiese faktore (nie-lewende komponente):
- Litosfeer (grond en klippe)
- Hidrosfeer (water)
- Atmosfeer (gasse in die lug)
Biotiese faktore (lewende komponente):
- Plante
- Diere
- Mikro-organismes (swamme en bakterieë)
Wat is ‘n ander woord vir nie-lewende stowwe?
Anorganiese stowwe
Dit beteken dat hierdie stowwe nooit gelewe het nie, en nooit sal lewe nie.
Wat is die proses wanneer ‘n plant of dier vrek?
Lewende plant of dier > Vrek en vorm organiese materiaal ? Word deur mikro-organismes ontbind > Anorganiese molekules bly oor.
Watter lewende organismes is die grootste groep?
Insekte
Hoeveel basiese lewensprosesse voer alle lewende organismes uit?
Sewe
Wat is die sewe lewensprosesse?
- Voeding (voedsel)
- Groei (word groot)
- Voortplanting (kry kleintjies)
- Respirasie (haal asem)
- Ekskresie (raak ontslae van voedsel - poef)
- Sensitiwiteit (sintuie word gebruik om veranderinge in die omgewing waar te neem)
- Beweging (beweeg van een plek of posisie na ‘n ander)
Onthou dit deur die rympie:
Voor Goggas Vorm Raak Ek Seker Bang
Hoe het plante en diere die litosfeer nodig?
Plante:
- Benodig mineraalsoute uit die grond om te kan fotosinteer.
- Kort grond om hulle wortels geanker te hou.
- Neem water uit die grond op om te groei.
- Sade ontkiem en die plant kan voortplant.
Diere:
- Herbivore nodig plante vir voedsel.
- Minerale soos yster, magnesium, natrium en swawel is nodig vir hulle gesondheid.
- Baie diere maak die grond ‘n habitat waarin hulle leef.