Onderwerp 2: Ekonomiese stelsels Bl. 22 - 37 Flashcards
(29 cards)
Wat is die “ekonomiese probleem van skaarste”?
Die uitdaging dat onbeperkte behoeftes met beperkte hulpbronne bevredig moet word, wat keuses oor produksie en verspreiding noodsaak.
Noem die produksuefaktore (Watter faktore beïnvloed produksie)?
- Natuurlike hulpbronne (bv. grond, water)
- Arbeid (mense se werk)
- Kapitaal (masjinerie, geboue)
- Entrepreneurskap
Drie Kernvrae van Ekonomie (Noem en bespreek)
1. WAT SAL GEPRODUSEER WORD?
Uit die teks:
- “Hulpbronne kan op verskillende maniere gebruik word om verskillende goedere en dienste te produseer”
- “Besluite moet deurgaande geneem word oor hoeveel van wat geproduseer moet word”
- Jy kan bv. minder kapitaal en meer arbeid gebruik of andersom. Jy kan ook meer ongeskoolde arbeid gebruik as jy nie genoeg geskoolde arbeid het nie.
2. HOE SAL DIT GEPRODUSEER WORD?
Uit die teks:
- “Daar is verskillende maniere waarop goedere en dienste met die beskikbare hulpbronne geproduseer kan word”
- “Besluite moet geneem word oor hoe die produksiefaktore in die produksieproses gekombineer sal word”
3. VIR WIE SAL DIT GEPRODUSEER WORD?
Uit die teks:
- “Daar moet ‘n stelsel wees om die finale produkte by die mense wat dit wil hê en nodig het, te kry”
- “Besluite moet geneem word oor wie die verbruikers sal wees en hoeveel hulle daarvan sal nodig hê”
Wat is ‘n ekonomiese stelsel?
Die stelsel wat ‘n land gebruik om die ekonomiese probleem van skaarste op te los deur te besluit wat, hoe en vir wie geproduseer word.
Wat word deur die soort ekonomiese stelsel bepaal?
- Dit bepaal hoe hulpbronne toegeken word, watter goedere/dienste geproduseer word,
- Dit beïnvloed die manier waarop die land se ekonomiese aktiwiteite georganiseer word en hoe besighede bedryf word.
Watter drie hoof ekonomiese stelsels bestaan daar?
- Sentraal beplande ekonomie
- Vryemark-ekonomie
- Gemengde ekonomie
Hoe besluit die regering oor produksie in ‘n sentraal beplande ekonomiese stelsel?
-
“Hulle kies produksiemetodes gebaseer op prioriteite”
- Bv. arbeidsintensief vir werkloosheid
- Bv. omgewingsvriendelik vir ekologie
Wie het die sentraal beplande ekonomiese stelsel begin?
- “Vladimir Lenin het dit in 1917 voorgestel na die Russiese Rewolusie”
- “Hy wou verseker dat selfs die armste burgers toegang tot goedere en dienste het”
- “Josef Stalin het dit later verder ontwikkel”
Kenmerke van ‘n beplande ekonomie
-
“Regering beheer die produksiemiddele”
- “Alle grond en kapitaal word deur die regering besit en beheer”
- “Die regering besluit hoe die land se hulpbronne gebruik word”
-
“Regering besluit watter goedere en dienste om te produseer”
- “Sentrale beplanners bepaal wat die samelewing nodig het”
- “Hulle bepaal die optimale hoeveelheid wat geproduseer moet word”
-
“Regering besluit hoe produksie sal plaasvind”
- “Besluit hoe produksiemiddele in die proses gebruik word”
- Voorbeeld: “As die regering werkloosheid wil verminder, kies hulle arbeidsintensiewe metodes”
- Regering besluit oor verbruikers:
Die regering besluit wie die verbruikers van die goedere/dienste sal wees, hoe goedere versprei word en wie toegang sal hê… Die regering neem hierdie besluite om te verseker alle mense kan die dinge kry wat hulle benodig
Wat was die doel van ‘n beplande ekonomie?
Doel: “Om te verseker alle burgers kry wat hulle nodig het”
Wat is ‘n sentraal beplande ekonomie?
n ekonomiese stelsel waar die regering alle besluite neem oor wat, hoe en vir wie geproduseer word, en alle hulpbronne beheer
Wwt beteken gesentraliseer?
een enkele owerheid,bv. ‘n regering, neem beheer en neem al die besluite.
Wanneer was daar ‘n gesentraliseerde beplanning beskikbaar wat die Russiese ekonomie vir die volgende halfeeu gekoördineer het?
teen die 1930’s
Nadele van ‘n beplande ekonomie
-
“Die regering kan nie alle relevante inligting verkry of verwerk nie”
- “Om te besluit wat/hoe/vir wie om te produseer, benodig ‘n groot hoeveelheid inligting”
- “Dit is onmoontlik vir die regering om al hierdie inligting akkuraat te hanteer”
Kritici redeneer dat beplande ekonomieë te stadig op veranderende behoeftes reageer en dus ondoeltreffend is. Dit is moeilik om te weet waar om te begin en om toekomstige behoeftes te voorspel.
- “Die afwesigheid van ‘n winsmotief. As die regering alle produksiefaktore besit en die rol van entrepreneur speel, kan geen private persoon wins verdien nie. Almal werk vir die regering en verdien ‘n salaris. Kritici redeneer dat persone gemotiveer word deur die geleentheid om wins te maak en dat daar ‘n gebrek aan kreativiteit, inisiatief en motivering is wanneer hulle dit nie kan doen nie.”
Voordele van ‘n beplande ekonomie
-
“Hulpbronne word gebruik vir die gemeenskaplike voordeel van almal”
- “Die regering het beheer oor alle produksiefaktore… elkeen in die land trek voordeel, private individue kan nie die land sr hulpbronne vir eie behoeftes gebruik nie.”
-
“Ekonomiese gelykheid word bereik”
- “Daar is nie ‘n groot verskil in lewenstandaard tussen ryk en arm mense nie”
- “Goedere/dienste word regverdig versprei”
- **Ekonomies kwesbare mense word beskerm **
Die regering besluit hor om goedere en dienste te versprei sodat almal kry wat hul nodig het. Selfs die armstes het toegang tot noodsaaklike produkte en dienste. Nirmsnd leef in uiterste armoede nie.
wat is lewenstandaard?
hoe goed mense hul behoeftes kan voorsien met geld tot hul beskiking.
Bestaan daar suiwer mark-ekonomieë?
“Nee - selfs die VSA en China het gemengde stelsels waar:”
- “Die regering neem sommige ekonomiese besluite”
- “Die staat besit sekere produksiefaktore”
Wanneer het mark-ekonomieë ontstaan?
- “Ontstaan ná feodalisme (15de eeu)”
Nadele van ‘n vrye markstelsel
-
“Ekonomiese ongelykheid”
- “Eienaars van produksiefaktore word baie ryk”
- “Ander bly arm” → “Groot gaping tussen ryk/arm”
- “Regering kan deur ryk mense gemanipuleer word”
- “Geen aansporing om armes/behoeftiges te help nie”
- “Min aandag aan maatskaplike probleme (bv. besoedeling)”
Verwaarlosing van Openbare Goedere**
“Goedere waarvan entrepreneurs nie wins kan maak nie, word nie verskaf nie”
- Voorbeelde:
“Straatligte, verkeersligte, polisie, weermag”
- “Hierdie kollektiewe goedere is noodsaaklik maar onrendabel”
Uitbuiting van Werkers**
“Entrepreneurs betaal dikwels minimum lone om koste laag te hou vir groter winste”
- Voorbeeld: “Plaaswerkers in Wes-Kaap voel uitgebuit”
- “Hulle vra maksimum pryse van klante sonder morele oorwegings”
Waarom ondersteun sommige hierdie stelsel?
“Lei tot doeltreffende hulpbron-toewysing”
- “Individue gemotiveer deur winsbejag vind altyd die doeltreffendste produksiemetodes”
- “Maksimeer die waarde van beskikbare hulpbronne”
Kenmerke van ‘n mark-ekonomie
-
“Private individue besit en beheer produksiefaktore”
- “Hulle kan hulpbronne gebruik soos hulle verkies”
- “Meer hulpbronbesit = hoër inkomste”
-
“Entrepreneurs neem produksiebesluite”
- ” Private individue esluit wat/hoeveel en die metode om mee te produseer gebaseer op winsmoontlikhede”
-
“Entrepreneurs besluit hoe produksie sal plaasvind”
- “Private individue besluit oor die produksiemetode en hoe produksiefaktore gekombineer word”
- “Hierdie besluite word gebaseer op die prys van produksiefaktore”
- “Entrepreneurs kies die goedkoopste metode om winste te maksimeer”
-
“Individue besluit watter goedere/dienste gebruik word”
-
“Verbruikerskeuses hang af van:”
• “Hul vermoë om te betaal (inkomste)”
• “Hul bereidwilligheid om te koop” - “Wie kry wat word bepaal deur inkomsteverdeling” → “Kontant is koning”
-
“Verbruikerskeuses hang af van:”
Wat is feodalisme?
Die dominante politieke en ekonomiese stelsel van Europa van die 9de tot die 15de eeu, waaronder ‘n land en sy inwoners geheel en al beheer is deur ‘n klein aantal individue wat deur die koning of koningin aangestel is.
Watter lande het gemengde ekonomieë?
-
Suid-Afrika:
“Private vryheid word toegelaat, maar die regering verskaf sekere dienste” -
VSA:
“Hoofsaaklik vryemark, maar met:”
• Minimum lone
• Omgewingsregulasies
• Openbare gesondheidsdienste
• Beperkende invoer en uitvoer regulasies
Hoe word die 3 ekonomiese vrae in hierdie stelsel beantwoord?
-
Wat om te produseer?
- “Gedeeltelik deur verbruikersvoorkeure, gedeeltelik deur die regering”
-
Hoe om te produseer?
- “Kombinasie van private produseerders opsoek na winste en staatsbesluite”
-
Vir wie om te produseer?
- “Deels deur koopkrag, deels deur staatsherverdeling”