Onderwerp 4: Bl. 62 - 70 en Onderwerp 6: Bl. 93 - 111 Flashcards
(94 cards)
Voorbeeld van ‘n manier hoe ons ekonomieë kan beskryf
“In ‘n landelike omgewing probeer produsente en verbruikers hierdie probleem oplos met landbouhulpbronne.”
Hoe definieer die boek ‘n ekonomie?
“‘n Omgeving waar verbruikers en produsente betrokke is by aktiwiteite waardeur hulle goedere en dienste maak en gebruik om geld te verdien, om die ekonomiese probleem op te los.”
- Goedere-en-dienste-mark:
Waar besighede verkoop en huishoudings koop”*
• Kan fisies (winkels) of virtueel (internet) wees
Wat is die rol van besighede?
- “Hulle maak winste deur goedere/dienste aan huishoudings te verkoop”
-
Voorbeelde uit teks:
“Herwig-Handelaars, Food Lover’s Market, informele handelaars”
Faktormark:
“Waar huishoudings produksiefaktore verkoop en besighede koop”
Voorbeelde:
• Arbeidsmark (werksoekagentskappe)
• Kapitaalmark (banke)
huishoudings
- “Bestaan uit mense wat saamwoon en gesamentlike ekonomiese besluite neem”
- Kan wees:
“‘n Individu, gesin of groot groep” -
Rol:
“Verkoop produksiefaktore (arbeid, kapitaal) vir inkomste”
“Koop goedere/dienste om behoeftes te bevredig”
Watter drie hoofdeelnemers word in hierdie eenheid bespreek?
- Huishoudings
- Besighede
-
Regering
(Die buitelandse sektor word uitgelaat)
Watter veelvuldige rolle speel huishoudings?
“Hulle is:”
- Verbruikers (koop goedere/dienste)
- Faktorverskaffers (verkoop arbeid, kapitaal, ens.)
- “Elke lid het veelvuldige rolle (ouer, werker, verbruiker)”
Hoe werk die geldvloei?
“Geld word betaal wanneer iets gekoop word”
- “Insluit:”
- Betaling vir produksiefaktore (lone, huur, wins)
- Betaling vir goedere/dienste
Wat behels die reële vloei?
- “Vloei van produksiefaktore van huishoudings na besighede”
- “Vloei van goedere en dienste van besighede na huishoudings”
Hoe hang huishoudings en besighede van mekaar af?
- “Huishoudings moet goedere/dienste van besighede koop”
- “Besighede kan nie bedryf voer sonder die produksiefaktore wat huishoudings verskaf nie”
Hoe werk die regering met huishoudings/besighede saam?
-
Met huishoudings:
“Verskaf dienste (bv. onderwys) en skep werksgeleenthede”
Koop produksiefaktore
Vorder belastings in om vir dienste
te betaal en regeringsdepartemente te bestuur. -
Met besighede:
“Reguleer bedrywe en koop goedere/dienste”
Gee ‘n voorbeeld van regeringsbetrokkenheid
“Die Departement van Landbou help boere om dieresiektes te voorkom deur chemikalieë te verskaf.”*
Wat is die regering se rol in die ekonomie?
“Die regering is ‘n deelnemer wat goedere dienste lewer wat noodsaaklik is vir ekonomiese groei, soos onderwys.”
Waarna verwys die regering/openbare sektor as ‘n deelnemer in die ekonomiese kringloop?
Die groep mense wat deur die landsburgers verkies is om die land te regeer (streeks- provinsiale en nasionale regering), asook besighede wat deur die regering bestuur of gedeeltelik bestuur word, bv. Eskom
Wie is die buitelandse sektor?
“Huishoudings, besighede en regerings van ander lande wat handel dryf met die plaaslike ekonomie.”
Wat is ‘n oop ekonomie?
“‘n Ekonomie waar geld, goedere en dienste ook in en uit die plaaslike ekonomie (oor landsgrense) vloei. Huishoudings, besighede en die regering handel met die buitelandse sektor.”
Wat is ‘n geslote ekonomie?
“‘n Ekonomie waar geen handel buite die plaaslike ekonomie (met ander lande) plaasvind nie. Geld vloei slegs tussen huishoudings, besighede en die regering binne die land.”*
Gee ‘n vb van hoe geld by die ekonomiese omloop van geld
James Tindall het R100 van sy tannie in Engeland gekry.Hy gaan na ‘n plaaslike winkel waar hy ‘n boek vir R100 koop.Die winkeleienaar gee R14 van sy geld aan die regering in belasting op toegevoegde waarde (BTW).Die persoon aan wie die eiendom behoort, bestee R86 om sy hare te laat sny. Die regering gebruik die R14 om ‘n straatveer te betaal, wat dan die geld gebruik om kos by die spazawinkel te koop.Deur James wat die R100 ontvang het en dit in omloop geplaas het deur dit uit te gee, het baie ander mense baat gevind.
Wat is die definisie van belasting op toegevoegde waarde (BTW)?
‘n belasting wat betaal word op die goedere en dienste wat ‘n mens koop
Wat is die verband tussen die beweging van geld en ekonomiese aktiwiteit?
Hoe meer kere dit van persoon na persoon beweeg, hoe meer baat vind mense daarby en hoe groter is die ekonomiese aktiwiteit in daardie ekonomie.
Hoe kom geld in omloop binne die ekonomie?
Wanneer een persoon geld in die ekonomie inbring deur iets van iemand anders te koop, kom dit in omloop binne die ekonomie en word dit oor en oor bestee deur baie ander mense.
Wat gebeur as iemand geld ontvang en dit op ‘n veilige plek wegsit?
As iemand geld ontvang en die persoon dit net op ‘n veilige plek wegsit in plaas daarvan om dit te bestee of dit in ‘n bank te belê, sal dit nie in die ekonomie gebruik kan word nie
Wat dryf die hele ekonomie?
Die hele ekonomie word deur die vloei van geld gedryf, waar die verskillende rolspelers goedere en dienste van en aan mekaar koop en verkoop.