Puberteit Flashcards
(15 cards)
Noem drie fisiese veranderinge aan ’n seun se liggaam tydens puberteit.
• Word langer en skouers word breër.
• Sit gewig aan.
• Arms, bene, hande en voete groei vinniger.
Watter liggaamsveranderinge kan veroorsaak dat ’n seun lomp voel?
Arms, bene, hande en voete groei vinniger as die res van die liggaam.
Waar begin hare groei by seuns in puberteit?
Onder die arms, op die bene, by die skaamdele, later op die bors en gesig (baard).
Wat gebeur met ’n seun se vel tydens puberteit?
Dit raak olieriger, sweet meer en puisies of aknee kan ontwikkel.
Wat gebeur met ’n seun se stem tydens puberteit?
Die stem verdiep, maar kan soms kraak of breek.
Noem drie veranderinge aan die voortplantingstelsel van ’n seun.
• Penis en testikels word groter.
• Ereksies gebeur meer dikwels.
• Liggaam begin semen vervaardig en seun kan nat drome hê.
Wat beteken dit as ’n tiener “buierig” is?
Hulle gevoelens verander vinnig – van gelukkig tot hartseer of kwaad, sonder ’n duidelike rede.
Hoekom gee tieners meer om oor wat ander van hulle dink?
Hulle wil aanvaar word deur hul portuurgroep en voel soms onder druk om in te pas.
Hoe verander tieners se verhouding met hul ouers?
Hulle begin wegbeweeg van hul ouers en identifiseer meer met hul vriende.
Wat emosies ervaar tieners oor hul liggaamsveranderinge?
Hulle voel dalk angstig, selfbewus of is baie krities oor hoe hulle lyk.
Noem drie fisiese veranderinge aan ‘n meisie se liggaam tydens puberteit.
• Borste begin groei.
• Heupe verbreed.
• Hulle raak meer bewus van hul gewig.
Watter veranderinge kan meisies lomp laat voel tydens puberteit?
Arms, bene, hande en voete groei vinniger as die res van die liggaam.
Waar begin hare groei by meisies tydens puberteit?
Onder die arms, op die bene, en by die skaamdele.
Wat gebeur met die vel van meisies tydens puberteit?
Die vel raak olieriger, hulle sweet meer, en puisies of aknee kan ontwikkel.
Wat is menstruasie en hoe lank kan dit duur?
Menstruasie is bloeding wat drie tot sewe dae kan duur en kan met pyn gepaard gaan voor, tydens of daarna.