Terme en definisies Flashcards
(39 cards)
Verteller
Die persoon wat die storie aan die gehoor vertel
Vertelling
Om ’n storie aan ’n gehoor te vertel
Verhoogaanwysings
Instruksies wat die regisseur in die draaiboek aan die akteurs gegee het om vir hulle te sê waar om op die verhoog te staan of na te beweeg
Tydsverhoog
n Tydperk tussen twee dinge wat gebeurt
Teikengehoor
Die mense vir wie die opvoering bedoel is.
Stereotiepiese/plat karakter
n Karakter wat onmiddellik herkenbaar is omdat hulle ’n algemene kenmerk het of stereotipe gedrag vertoon, byvoorbeeld ’n bromige ou man
Stereotipe
’n Oorvereenvoudigde oordeel oor groepe mense. Bv: alle vroue is swak, alle mans is gewelddadig. Gewoonlik gekoppel aan politieke en kulturele oorheersings.
Simbool
’n Persoon, plek, voorwerp, gebaar wat vir iets staan of dieper betekenis dra, byvoorbeeld ’n kruis kan Christenskap simboliseer, ’n vlag kan ’n nasie verteenwoordig
Repetisie
Oefeninge voor opvoering/vertoning
Rekwisiete
Voorwerpe wat op die verhoog of in film gebruik word om die storievertelling te verbeter en ’n meer geloofwaardige ervaring te skep. Word ook ‘props’ genoem
Regisseur
Die persoon wat verantwoordelik is vir die toesig oor en interpretasie van die werk
Refleksie
Om jou eie en ander se werk te analiseer en evalueer om jou prestasie te verbeter
Ouditorium
Die deel van die teater waar die gehoor sit
Kleedrepetisie
Finale oefening voor optrede in vol kostuum.
Dekor
Die groter objekte op die verhoog wat die omgewing van die toneel voorstel.
Gehoor
Die groep mense wat na die optrede kyk
Dramatiese media
Verskillende kontekste waar drama opgevoer word, bv. televisie, die verhoog, film, radio
Diafragma
Die groot koepelvormige spier wat die buikholte en die borsholte skei. Dit is ’n plat spier waarop die longe rus
Rolverdeling
Die verdeling van rolle in ’n toneelstuk.
Blokkering
Die presiese plasing en bewegings van die akteurs op die verhoog in ’n toneelstuk.
Bevoordeeld
Om een persoon of kant bo ‘n ander te bevoordeel
Akteur
Die persoon wat die karakter uitbeeld of vertolk
Stel/verhoog
Die fisiese omgewing waarin ‘n toneelstuk of opvoering plaasvind
Koorspraak
Die groep se teks wat deur ’n groep mense voorgebring of hardop uitgespreek word. Die verteller van die gedig kan saam praat in kleiner groepe of alleen