Woordsoorte Flashcards
(58 cards)
Bepaalde lidwoord
Die
Onbepaalde lidwoord
‘n
6 soorte selstandige naamwoorde
Soortnaam, eienaam, abstrakte s.nw, massanaam (stofnaam), maatnaam, versamelnaam.
Hooftelwoord
Dui ‘n getal aan (twee)
Rangtelwoord
Dui ‘n posisie aan (tweede)
Oorganklike hoofwerkwoord
Wanneer die handeling oorgaan na ’n voorwerp.
→ Die seun gooi die bal.
Onoorganklike hoofwerkwoord
Wanneer daar nie ’n voorwerp is nie.
→ Die kinders lag hardop.
Hulpwerkwoord van tyd
het
Hulpwerkwoord van wyse
[wil, wou, moet, moes, kan, kon, mag, sal, sou, durf, behoort, hoef]
Hulpwerkwoord van vorm
Dui lydende vorm aan
[word, is]
Skeibare deeltjiewerkwoorde
Die werkwoord is skeibaar as jy “ge-” tussenin kan plaas.
afneem = afgeneem = neem af
Onskeibare deeltjiewerkwoorde
Kan nie “ge-” in verlede tyd gebruik nie. Bv. onderskei
Infinitief
om te + hoofwerkwoord / te + hoofwerkwoord
Deelwoorde
word van werkwoorde afgelei
Teenwoordige(onvoltooide)deelwoorde
Werkwoord + “-ende” / “-de”
→ lag – laggende
Verlede(voltooide)deelwoorde: Sterk verlede deelwoord
klinkerverandering → gebreek = gebroke (metamorfeem vorm) Eindig op “- e”
Verlede(voltooide)deelwoorde: Swak verlede deelwoord
ge - + werkwoord + –de, -te of –e → gebreek = gebreekte
Voornaamwoord
Woord wat ’n selfstandige naamwoord vervang.
Bv. Susan eet Susan se appel.
Susan eet HAAR appel.
Persoonlike voornaamwoorde
Mense of dinge word aangespreek.
Ek/Jy/Julle/U/Hy/Sy/Hulle/ Hom/ Haar
Onpersoonlike voornaamwoorde
Dit/Daar
Besitlike voornaamwoorde
Myne/Hare/Syne
Betreklike voornaamwoorde
W-woord in die middel van ‘n sin. Koppel die byvoeglike bysin aan die hoofsin.
Wat/Wie/Waarop/Waaraan
Vraende voornaamwoorde
W-woord aan die begin van ‘n vraagsin.
Wat/Watter/Hoe/Waarom
Onbepaalde voornaamwoorde
Praat van iets in die algemeen. Iets/Niemand/Niks/Niemand