Die Owerheid Graad 12 Flashcards
(46 cards)
Die openbare sektor
Sluit alle departemente, staatsamptenare en ander ondernemings in wat in staat besit en beheer is
Nasionale regering
*betrokke by alle nasionale aangeleenthede, dus is hulle gemoeid met die bestuur van die land as geheel
*hanteer kwessies soos: veiligheid, sekuriteit en nasionale handel
* In SA sluit die nasionale regering ook die nasionale departemente in, wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die nasionale beleid en om dienste in al 9 provinsies te koordineer
Provinsiale regering
*gemoeid met ekonomiese kwessies van ‘n spesifieke streek
*stel ‘n raamwerk op vir die ontwikkeling van die provinsiale ekonomie en verbetering van dienste soos behuising, gesondheid en onderwys
Plaaslike regering
*betrokke by alle plaaslike aangeleenthede van ‘n dorp of munisipale gebied
*bv) verkeersbeheer, biblioteke en elektrisiteitsvoorsiening
Staatsbeheerde ondernemings
*die nasionale regering skep SBO om namens hulle handelbedrywighede te onderneem
*sluit ook paratatale ondernemings in
Noodsaaklikeheid van die owerheid
1) vorsien openbare goedere en dienste
2) bewaar hulpbronne
3) bestuur ekonomie
Gemeenskaps goedere
*is nie- mededingend
*word voorsien in geheel of glad nie
*behaal nie ‘n prys nie
*Bv) polisiering en verdediging
Kollektiewe goedere
*behaal ‘n prys (fooie, belasting en kostes word gehef om parasiete uit te sluit)
*mededingend van aard
*Bv) strande en parke
Meriete goedere
*voordelig om te gebruik
*word voorsien deur die owerheid omdat daar aanvaar word dat dit ondervoorsien sal wees indien die voorsiening oorgelaat word aan markkragte (pivaat sektor)
*Bv) onderwys, gesondheidsorg, navorsing
Eienskappe van openbare goedere
1) dit is onmoontlik om mense uit te sluit van die verbruik daarvan
2) kan nie verwerp word nie
3) is nie- mededingend in verbruik
Bewaar van hulpbronne
Negatiewe eksternaliteit is koste vir die gemeenskap wat veroorsaak word deur produksie en verbruik van item
Produsente dra nie die koste van negatiewe eksternaliteit nie en ‘n onderneming se wins ord dus nie deur die nadelige oorvloei van produksie geraak nie
Eksternaliteit
Koste of voordele wat voortspruit uit die produksie van ‘n item of dien wat nie deur die markprys weerspieel nie
Bestuur die ekonomie
*verseker ‘n maatskaplike en wetlike omgewing
*toepaslike en geloofbare ekonomiese en ander beleide word aangewend
*bevorder bleide wat gelyke geleenthede vir alle gemeenskapslede verseker
*beperk anti - mededingende gedrag
Swak openbare voorsiening (aanspreeklikheid)
- aanspreklikheid word gesteun deur ministriele verantwoordbaarheid, skatkis beheer, parlementere vraagstelling en ouditeurs generaal
- daar word van die regering verwag om beleide daar te stel en te implimenteer
- die publiek hou die regering aanspreeklik vir die doeltreffende lewering van dienste en implimentering van beleide
- staatsamptenare moet rekenskap kan gee van hul besluite en optrede
Ministriele verantwoordbaarheid
- elke minister word belas met ‘n portefeulje en spesifieke verantwoordelikheid
- elke departement het ‘n direkteur generaal
- elke minister is die spraak buis van daardie departement
Parlementer vraagstelling
- voorgeskrewe vra wat deur die parlement aan relevante minister gevra word
- opposisie mag die minister ondervra om beter verstandhouding te kry
- ministers is volgens wet verplig om vrae te beantwoord
skatkisbeheer
- die nasionale tesourie is verantwoordelik vir die bestuur van die regering se finansies
- minister van finansies is voorsitter van die nasionale tesourie
- grondwet vereis dat die regering prosedures vestig wat deursigtighied verseker
Ouditeurs generaal
- die ouditeurs generaal van Suid Afrika (OGSA) moet rekeninge, finansiele bestuur oudit en verslag doen oor die staatsdepartemente
- rapporteer jaarliks aan die parlement oor elke departement
Doeltreffendheid
- doeltreffende voorsiening: staatsamptenare verskaf openbare goedere stiptelik en in die regte hoeveelheid en kwantiteit aan die publiek
- ondoeltreffende voorsiening: staatsamptenare misluk in die lewering van dienste aan die publiek as gevolg van : burokrasie, onbevoegdheid en korrupsie
Burokrasie
Amptelike reels en tydrowende prsedures belemmer die doeltreffendheid en produktiwiteit van ondernemings
Onbevoegdheid
ondoeltreefheid in organisasies kan gevolg wees van swak bestuur, vaardigheidsgebrekke, te min ondervinding en onvermoe om takke te verrig
Korrupsie
ondoeltreffendheid is soms die gevolg van swak beluite as diegene hulle posisie uitbuit vir mag en persoonlike voordeel
Assessering van behoeftes
- die regering verskaf goedere en dienste volgens die behoeftes van die mense. Dit is moeilik om hierdie behoeftes te assesseer
- staatsondernemings is nie onderworpe aan die kragte van vraag en aanbod nie
- dit is vir die openbare sektor baie moeilik om behoeftes te beraam omdat hulle nie markpryse as leidrade het nie, dus ondervoorsien of oorvoorsien hulle dikwels openbare goedere en dienste
Prysbeleide:
- die openbare sektor funksioneer binne markstelsel en skep probleme met prysbepalings
- die regering stel pryse op verskeie maniere vas: gratis dienste, gebruikstariewe, betaalde dienste en gesubsideerde produkte