Die sakesiklus Graad 12 Flashcards
(54 cards)
Sakesiklus
die voortdurende verandering in ekonomiese aktiwiteite en word gekenmerk deur ‘n aanhoudende patroon van inkrimping en uitbreidings in produksie, inkomste en besteding
Die aard van sakesiklusse
- verandering in ekonomiese aktiwiteite is herhalend maar nie periodies nie
- aanstekers of gebeure wat uitbreidings en inkrimpings in elke sakesiklusse inisieer is nie presies dieselfde nie
- die duur of lengte en die amplitude is verskillend in elke sakesiklus en daarom is 2 sakesiklusse nooit presies dieselfde nie
kenmerke van die sakesiklus
- 2 periodes; opswaai en afswaai
- 4 fases; herstel, voorspoed, resessie, depressie
- 2 draaipunte; trog en piek
Inkrimpingsfase
dui daarop dat daar ‘n afname in ekonomiese aktiwiteite is
Daar word dus aangeneem dat die ekonomie stagneer
Uitbreidingsfase
dui daarop dat daar ‘n toename in ekonomiese aktiwiteite is
Dus kan daar aangeneem word dat die ekonomie herste
Piek
- die boonste draaipunt van die sakesiklus. Die punt waar ekonomiese uitbreiding op sy hoogste is
- word gevolg deur ‘n periode van inkrimping
Trog
- die onderste draaipunt van die sakesiklus. Dit is die punt waar ekonomiese inkrimpings op sy laagste is
word gevolg deur die periode van uitbreiding
Voorspoed fase
- dis waarskynlik dat die ekonomie volle indiensname van geskoolde arbeiders ervaar (lone, invoere en winste neem vinnig toe)
- oorverhitting word aangedui deur inflasie wat teen ‘n snel pas toeneem
- verbruik en investering in hoof en so is belastinginkomste
volg herstel fase. - ‘n fase van voorspoed of oplewing waar ekonomiese aktiwiteite vinnig begin toeneem
Herstel fase
- nasionale inkomste neem toe wat in ruil weer nasionale besteding aanmoedig
- werkloosheid onder geskoolde werkers neem af
- C, I, en M begin toeneem
die verwagting raak positief - die gedeelte van die uitbreidingsfase wat direk na die trog voorkom, ekonomiese aktiwiteite begin stadig toeneem
Resessie fase
- die produkdie, inkomste, investeringbesteding en belastinginkomste daal
- looneise is matig en inflasie neem geleidelik af
- die eerste periode van die afswaaifase, waar die land se ekonomie vir 2 opeenvolgende kwartale negatief groei
Depressie fase
- die sentiment is negatief en bankrotskappe is hoër gewoonlik
- ekonomiese aktiwiteite daal tot lae vlakke, werkloosheid is baie hoog en verbruik, investering en invoere is laag
- deflasie kom sigbaar voor
- die ekonomie groei vir 4 opeenvolgende kwartale negatief
Reële sakesiklus
- word verkry wanneer die uitwerking van die seisoene, ongereelde gebeure, en die langtermyn groeitendens uit die tydreeksdata wat gebruik word om die sakesiklus te beskryf
- die punterige styl van die sakesiklus dui ‘n werklike sakesiklus aan
- die felheid van die sakesiklus word gemeet deur die amplitude
Kitchin sakesiklus
- duur tussen 3-5 jaar
- word veroorsaak deur aanpassing van die onderneming se voorraadvlakke
Juglar sakesiklus
- duur tussen 7 - 10 jaar
- word veroorsaak deur verandering in netto investerings van die onderneming en owerheid
Kuznets sakesiklus
- duur tussen 15- 20 jaar
- word veroorsaak deur verandering in die bou - en konstruksiebedryf
Kondratieff sakesiklus
- 50 + jaar
- word veroorsaak deur tegnologiese innovasie, oorloë, ontdekking van nuwe neerslae hulpbronne
Ekstrapolasie
data uit die verlede wat gebruik word om vooruitskattings te maak oor die toekoms, gebaseer op aannames verwant aan die neigings
word soms gebruik om aandeel pryse in toekoms te voorspel
Amplitude
die verskil tussen die waarde van totale uitset tussen die piek en trog gemeet van die tendenslyn tot die piek en trog
Amplitude toon 2 dinge
- die krag van onderliggende magte, bv) rentekoerse, uitvoere/ verbuikersbesteding. (‘n groter amplitude gedurende die opswaai toon sterk onderliggende magte wat lei tot langer siklusse)
- die omvang van verandering ( hoe groter die amplitude, hoe groter die verandering)
Tendenslyn
- toon die algemene rigting waarin die indekse beweeg wat gebruik word in die sakesiklus
- het normaalweg ‘n positiewe helling omdat die produksiekapasiteit van die ekonomie toeneem oor tyd
- kanale word gevorm as produksie - uitset voortdurend hoër draaipunte bereik
Lengte
- word gemeet van piek tot piek of trog tot trog
- langer siklusse toon sterkter
- siklusse mag verbyskiet wat die effek het dat sommige saamgestelde aanwysers toeneem bo sy normale vlak
Bewegende gemiddeld
- metode bereken herhaaldelik ‘n reekd verskillende gemiddelde waardes saam met ‘n tydreeks om ‘n gladde kromme te lewer
- word gebruik om die veranderinge in ‘n tydreeks te ontleed oor ‘n sekere tyd periode
- om die effek van skerp fluktuasies in die sakesiklus te elimineer, kan ekonome bewegende gemiddeldes gebruik om sakesiklusse glas te stryk sodat dit as ‘n reguit of effens geboogde lyn lyk
bewegende gemiddeld formule
data reeks / aantal jare
leidende aanwyser
- verander voordat die ekonomie verander
- die aanwyser gee verbruiker, produsente en beleidmakers ‘n aanduiding van waarheen die ekonomie op pad is
voorbeelde: vakatures, advertensiespasie, voorraadvlakke, verkoopsverhouding