Fiela se Kind Eksamen Vrae - Eerste Bedryf - Toneel 1 Flashcards

1
Q

Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en letter (A-D) neer.

Die skuinsgedrukte woorde in die inleiding is deel van die …

A	motoriese moment.
B	ontknoping.
C	eksposisie.
D	klimaks.
A

C. eksposisie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is die funksie van die skuinsgedrukte woorde in die inleiding?

A

Gee inligting oor die plekruimte: Die Bos

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die funksie van die skuinsgedrukte woorde oor die algemeen?

A

Dui op die aksies/handeling van karakters.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Waar bly Elias en sy familie?

A

In die Bos

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat verklap die eerste DRIE reëls van Elias se monoloog van sy karakter?

A

Hy is lui.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

ELIAS: ʼn Man het net een lyf en dié moet lank uitkom.

Verduidelik in jou eie woorde wat die reël beteken.

A

ʼn Mens moet na sy liggaam kyk/sy liggaam spaar/sy liggaam nie
onnodig verniel nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Noem DRIE goed wat vir Elias in sy lewe belangrik is.

A

ʼn Man se liggaam.
ʼn Goeie plan.
Geluk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is volgens Elias ʼn skaars ding in die Bos?

A

Geluk

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

ELIAS: Ek glo aan ʼn goeie plan en ʼn bietjie geluk, al is geluk ʼn
skaars ding in hierdie Bos.

Watter afleiding kan jy maak oor Elias se planne na aanleiding
van hierdie sin?

A

Elias se planne werk nie altyd uit nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

ELIAS: Ek glo aan ʼn goeie plan en ʼn bietjie geluk, al is geluk ʼn
skaars ding in hierdie Bos.

Stem jy saam met die woorde van dié karakter? Gee ʼn rede vir
jou antwoord.

A

Nee. As ʼn mens nie hard werk nie, gaan jy nêrens in die lewe kom nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Elias is ʼn hardwerkende man.

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Hy is altyd besig om planne te maak om vinnig geld te maak/hy
glo aan geluk om hom te help/hy maak asof hy hard werk wanneer
Barta vir hom koffie bring.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat was Elias se lewensfilosofie?

A

Hy het aan ʼn goeie plan en geluk geglo.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en antwoord neer.

Die woorde “Die mis is wragtig dik,” verhoog die (spanning/angstigheid) in die drama.

A

spanning

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoekom was die kinders permanent siek?

A

Dit het nat/vogtig/klam binne die huis gebly as gevolg van die mis.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hoe sou Elias die probleem van nattigheid in die huis kon oplos?

A

Ekstra sinkplate te gebruik vir die dak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Waaruit kon Elias aflei dat die nattigheid in die huis die kinders siek
gemaak het?

A

Hulle het gesnuif en gehoes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat was die gevolg van die nattigheid in die huis?

A

Die kinders het siek gebly /kinders het gesnuif en gehoes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Wat het Elias gedoen toe Barta vir hom koffie gebring het?

A

Hy het die handbyl gegryp.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Elias het die handbyl gegryp toe Barta vir hom koffie gebring het. Wat, dink jy, was sy beweegrede vir dié aksie?

A

Sy moes dink hy werk baie hard.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Na wie het Barta gesoek?

A

Lukas

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Beskryf Barta se gemoedstoestand met EEN WOORD wanneer sy
na Lukas soek.

A

onrustig

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Hoe het Elias sy vrou, Barta, beskryf?

A

Sy is mooi.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Wat het Barta volgens Elias nodig gehad?

A

skoene

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Wie wou Elias vra om hom te kom help balke saag?

A

Krisjan Smal van Lelievleibos se oudste seun.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Hoekom het Elias vir Krisjan Smal nodig gehad?

A

Om ekstra balke te lewer om meer geld te maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

Hoekom kon Elias se eie kinders hom nie help nie?

A

Hulle was nog te jonk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

Waarom het Elias teen ekstra hulp besluit?

A

Hy moes blyplek vir die persoon kry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

Hoekom sou Krisjan Smal nie saam Elias en sy vrou kon bly nie? Gee TWEE redes.

A

Elias se plek te klein.
Die dak het gelek en het klam/nat/vogtig gebly.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

Noem die ding wat Elias dink hy moes kry om genoeg geld te verdien?

A

ʼn Geweer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Wat wou Elias met die geweer doen?

A

Olifante skiet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Hoe gaan die skiet van olifante Elias help om ryk te word?

A

Hy het die tande verkoop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Stem jy saam met Elias dat diere gejag moet word vir die doel van
geldmaak? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Dit roei ons diere uit/dieremishandeling.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Watter dier word huidiglik in Suid-Afrika deur stropery bedreig?

A

Renosters

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Watter maatreëls kan deur die regering getref word om die onwettige
jag van diere stop te sit?

A

Strenger strafmaatreëls/boetes vir die boewe. (eie antwoord)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Noem EEN probleem wat Elias egter sou hê as hy dit kon regkry om ʼn olifant te skiet.

A

Om verby die houtkopers in die dorp te kom om die tande (ivoor) aan die skepe te verkoop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
36
Q

Hoekom het Elias nog nie daarin geslaag om ʼn olifant te skiet nie?

A

Hy het nie geld vir ʼn geweer of koeëls nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
37
Q

Waarom sou die houtkopers vir Elias ʼn probleem wees?

A

Net hulle het ʼn lisensie om olifanttande/ivoor aan die skepe te verkoop.

38
Q

Waarom wou Elias die ivoor aan die skepe verkoop en nie aan die
houtkopers nie?

A

Die skepe het die meeste betaal.

39
Q

Noem DRIE probleme wat Elias met sy plan het om ʼn olifant te skiet.

A

Hy het nie geld vir ʼn geweer of koeëls nie.
Hy weet nie hoe hy verby die houtkopers in die dorp gaan kom nie.
Net die houtkopers het ʼn lisensie om aan die skepe te verkoop.

40
Q

Waarvoor het die houtkopers ʼn lisensie gehad?

A

Om ivoor aan die skepe te verkoop.

41
Q

Waar het Willem eerste na Lukas gaan soek?

A

Tant Malie

42
Q

By wie moes Willem na Lukas gaan soek?

A

Tant Malie en Anna.

43
Q

Noem die name en gee die ouderdomme die Van Rooyen-kinders?

A

Willem = 6 jaar
Kristoffel = 5 jaar
Lukas = 3 jaar
Nina = baba

44
Q

Wanneer, volgens Elias, was die beste tyd om ivoor aan die skepe te verkoop?

A

In die nag.

45
Q

Hoekom het Elias nie met die soektog na Lukas gehelp nie?

A

Hy het gedink aan hoe hy die ivoor by die skepe gaan kry/oor hoe
hy vinnig geld kon maak.

46
Q

Hoe het Elias reageer toe Barta hom WEER gevra het of hy nie vir Lukas gesien het nie? Gee slegs EEN WOORD.

A

Geïrriteerd/kortaf

47
Q

Dink jy dat Elias se gedrag/optrede teenoor sy vrou reg was? Motiveer
jou antwoord.

A

Nee. Hy moes ook help soek/hy moes besef dat sy ernstig was.

48
Q

Malie, tant Gertjie en Sofie het daar opgedaag. Wie het ʼn storie vertel wat die spanning verder verhoog het?

A

Tant Malie.

49
Q

Malie, tant Gertjie en Sofie het daar opgedaag. Skryf die storie neer wat tant Malie vertel het.

A

Haar oorlede tante agter Karatara se bos se kind het weggeraak.
Sy het gedink hy het saam gegaan om vuurhout te kap.
Sy het eers die middag agtergekom hy was weg.
ʼn Week later is sy verkluimde liggaam gevind.

50
Q

Waaruit kan jy aflei dat Elias nie kan glo dat die kind weg is nie?

A

Hy het almal beveel om weer in hulle huise en onder hulle beddens te gaan soek al het hulle alreeds daar gesoek.

51
Q

Vir wie het Elias vir die wegraak van Lukas blameer?

A

Barta

52
Q

Is Elias se beskuldiging geregverdig?

A

Ja. Sy as ma moes na hom gekyk het/sy was verantwoordelik vir hom.
OF
Nee. Hy kon ook die kind dopgehou het.

53
Q

Hoekom kon Barta nie vir Lukas dopgehou het nie?

A

Sy het met die vuur gesukkel.

54
Q

Watter voorstel het tant Gertjie aan Elias gemaak?

A

Die mans moes kom help soek.

55
Q

Hoekom kon die kind, volgens Elias, hulle nie hoor roep nie?

A

Die mis.

56
Q

Waarmee het tant Gertjie ʼn kind vergelyk?

A

Skilpad.

57
Q

Verduidelik hoekom tant Gertjie ‘n kind met ‘n skilpad vergelyk.

A

ʼn Mens dink ʼn kind is so stadig soos ʼn skilpad en dit maak jou gerus
maar die een oomblik is so ʼn kleintjie nog hier en die volgende oomblik
is hy/sy weg.

58
Q

Hoekom kon Elias nie help met die soektog na Lukas nie?

A

Hy moes Barta bystaan/sy het hom nodig gehad.

59
Q

Wie het tant Gertjie voorgestel moes die mans gaan roep?

A

Anna.

60
Q

Hoekom was Anna ʼn goeie keuse om die mans te gaan roep?

A

Sy het die voetpaaie geken.
Sy het geweet wat om te maak as daar grootvoete langs die pad was.

61
Q

Wat is ʼn “grootvoet”?

A

Olifant.

62
Q

Waaruit kan ʼn mens aflei dat dit al laat in die dag was?

A

Ligte is aangeskakel.

63
Q

Noem die voedselsoort wat Lukas voor sy verdwyning geëet het?

A

Patats.

64
Q

Waar het Willem Lukas die laaste keer gesien?

A

Op die hoek van die huis.

65
Q

Waar het Kristoffel vir Lukas die laaste keer gesien?

A

In die huis.

66
Q

Waarmee het Lukas gespeel toe Kristoffel hom laas gesien het?

A

Met sy klippe.

67
Q

Watter DRIE dinge wat genoem is, het die leser op die ergste voorberei?

A

Die mis ; die grootvoete ; dis nag/donker.

68
Q

TANT GERTJIE: ʼn Kind, Elias, is nes ʼn skilpad.

Benoem die beeldspraak.

A

Vergelyking

69
Q

Hoekom, dink jy, is dit so moeilik om in die mis iemand te hoor?

A

Mis demp klank

70
Q

Hoekom sou dit so moeilik wees om Lukas in die mis op te spoor?

A

Die mense gaan hom nie hoor roep/huil nie.

71
Q

Waarom sou dit vir Elias moeilik wees om Lukas se spoor te vind?

A

Daar was spore van baie kinders.

72
Q

Wie het weggeraak wat nooit gevind is nie?

A

Flip Lourens.

73
Q

Hoe het Flip Lourens volgens Elias gesterf?

A

Die grootvoete het hom getrap.

74
Q

Hoe het tant Malie die situasie vererger?

A

Sy het gesê dat die grootvoete in die omgewing was en hulle sou nie
eens voel as hulle op ʼn klein kindjie trap nie.

75
Q

Hoekom sou jy kon sê dat tant Malie ʼn doemprofeet was?

A

Sy het die ergste elke keer raakgesien, bv. sy het twee keer van gebeurtenisse vertel van mense wat in die Bos weggeraak het.

76
Q

Wat wil die dramaturg bereik met tant Malie se vertellings?

A

Dit was maklik om in die Bos weg te raak/verhoog die spanning.

77
Q

Hoe weet ons dat dit nou baie donker is?

A

Mense het lanterns aan.

78
Q

Waarom sou die grootvoete nie ʼn probleem tydens hulle soektog wees nie?

A

Hulle was in Goena se Bos.

79
Q

Wanneer het die mense die soektog na Lukas gestop?

A

Op die agtste dag.

80
Q

Tot watter gevolgtrekking het die konstabel op die agtste dag gekom?

A

Lukas is dood.

81
Q

Stem jy saam met die konstabel dat Lukas na 8 dae se soek nie meer kan leef nie? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Ja. ʼn Klein kindjie kan nie oorleef sonder kos en water in die Bos nie.
OF
Nee. ʼn Mens gee nie op voor jy nie die lyk gesien het nie.

82
Q

Wat het Barta gedra wat vir ons wys dat sy gerou het?

A

Sy was in lanfer/swart geklee.

83
Q

Watter soort verteller is die “Stem op die band”?

A

alomteenwoordige verteller

84
Q

Wat is die funksie van die verteller in hierdie gedeelte?

A

Om die wegraak van Lukas feitelik en sonder emosie aan die gehoor oor te dra.

85
Q

Wanneer het die boswagter by Elias-hulle opgedaag?

A

7 maande na Lukas weggeraak het.

86
Q

Watter nuus het die boswagter gebring?

A

Hulle het ʼn kleinerige kind se geraamte gekry.

87
Q

Waar het hulle die geraamte van ʼn kind gekry?

A

Gounarivier

88
Q

Waaruit kan ʼn mens aflei dat die boswagter nie 100% seker was dat
dit nie Lukas was nie?

A

Hy het genoem dat dit ook die geraamte van ʼn bobbejaan kon wees.

89
Q

Hoe lank na Lukas se verdwyning het die groot reën gekom?

A

7 maande

90
Q

Hoe het Barta op die nuus van Lukas se dood reageer?

A

Sy is opgehuil/kon nie meer huil nie/die vrouens moes haar vashou/verslae.

91
Q

Hoe het Elias op die nuus van Lukas se dood reageer?

A

Hy het sy kop heen en weer gerol.

92
Q

Hoe het Barta se voorkoms verander vandat Lukas verdwyn het?

A

Sy het oud geword/sy het verouder.