Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 3 Flashcards

1
Q

Waarmee word die magistraatsgebou vergelyk?

A

Vaal en stroef soos die wet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
1
Q

Watter ooreenkoms is daar tussen die magistraatsgebou en die wet?

A

Albei is vaal en stroef/onvriendelik/koud.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is die funksie van die “(op band)” in Fiela se spreekbeurt?

A

Dit is Fiela se gedagtes/dit is wat sy dink.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Na wie het sy as die vredestoorders verwys?

A

Sensusmans.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Hoekom is die gebruik van die woord “vredestoorders” so effektief?

A

Die sensusmans het haar vrede kom verstoor.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Haal ʼn voorbeeld van personifikasie uit Fiela se spreekbeurt aan.

A

“dooie vensters my aangluur”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoe lank het dit Fiela gevat om tot in Knysna te loop?

A

2 dae.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom, dink jy, het Fiela iemand gesoek wat Hollands by die magistraatsgebou kon praat?

A

Dit is makliker om met iemand in jou eie taal te kommunikeer veral as dit iets so belangrik is soos wat Fiela op die hart het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wie is die magistraat?

A

Mister Goldsbury.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat beteken dit wanneer die magistraat “op die bank” is?

A

Besig met ʼn hofsaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

“Seil soos ʼn slang.”
Wat is die betekenis van die vergelyking?

A

Om nederig/onderdanig te wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

“Seil soos ʼn slang.”
Hoekom moes Fiela soos ʼn slang seil?

A

Sy is verleë/het die magistraat se hulp nodig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoekom, dink jy, was Fiela so bly om die skoonmaker te sien? Gee TWEE redes.

A

Hy praat Hollands net soos sy.
Hy is ook bruin soos sy.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verduidelik hoekom die skoonmaker nie haastig was om die magistraat te gaan roep nie?

A

Die magistraat is ʼn besige en belangrike man Fiela wou hom nie sê waaroor dit gaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe het Fiela oor die klag wat sy wou lê, gevoel?

A

Dit was baie ernstig en as die magistraat hoor waaroor dit gaan, sal hy alles los waarmee hy besig is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat se inligting het Fiela van die skoonmaker oor die magistraat gekry wat haar verlig laat voel het?

A

Hy kan Hollands praat.

16
Q

Watter TWEE dinge, volgens Fiela, sou Fiela in haar bangheid dra?

A

Moed en geloof.

17
Q

Wie het die skoonmaker gaan roep?

A

Die konstabel.

18
Q

Onder watter wanindruk het die skoonmaker verkeer?

A

Hy het gedink Fiela wou ʼn klag teen die magistraat lê.

19
Q

Hoe weet jy dat die konstabel ʼn wit man was?

A

Fiela spreek hom aan as “baas”.

20
Q

Wat was die doel van Fiela se besoek aan die magistraat? Gee TWEE feite.

A

Sy wou weet waar sy Benjamin kon kry.
Die sensusmans het gesê hulle sou hom die Saterdag terugbring en hulle het nie.

21
Q

SKOONMAKER: Ek staan maar sommer die wêreld en deurkyk, antie. Dit lyk my hy gaat vandag verkeerdekant draai.

Verduidelik die skoonmaker se woorde aan Fiela in jou eie woorde.

A

Hy voorspel dat Fiela nie goeie nuus gaan hoor nie.

22
Q

Waaruit kan ons aflei dat die skoonmaker nuuskierig was?

A

Hy het daar rondgestaan en op sy besem geleun.

23
Q

Hoekom, sou jy sê, het Fiela nie baie van die skoonmaker gehou nie?

A

Eerstens het hy Fiela se boodskap verkeerd oorgedra.
Tweedens was hy nuuskierig oor hoekom Fiela daar was.

24
Q

Die konstabel het vir Fiela positiewe nuus van die magistraat af gebring.

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.

A

Nee. Hy het vir haar kom sê dat die saak afgehandel is.
Die kind is aan sy eie ouers terugbesorg.

25
Q

Waaruit kan ʼn mens aflei dat die magistraat se besluit finaal was?

A

Die konstabel het met ʼn baasspelerige houding daar aangekom om dit duidelik te maak dat die kind by sy regte ouers is – kyk weereens neer op Fiela wat bruin is en ʼn wit kind grootgemaak het.

26
Q

Waarom, sou jy sê, het die konstabel se houding die tweede keer verskil van die eerste keer?

A

Hy wou seker maak dat Fiela wat bruin is die boodskap kry dat die saak afgehandel is, daar was niks wat sy kon doen nie.

27
Q

Hoekom was die konstabel so seker van sy saak dat die kind aan sy regte ouers terugbesorg is?

A

Hy was self teenwoordig en het gesien hoe die Bosvrou Benjamin dadelik tussen vier ander kinders uitgewys het as haar eie.

28
Q

Hoe het Fiela gevoel toe sy hierdie slegte nuus van die konstabel gehoor het? Gee slegs EEN WOORD.

A

Verslae.

29
Q

Kan jy met Fiela se ongeloof/verslaentheid identifiseer? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Ja. Sy gaan nooit weer die kind sien wat sy vir 9 jaar grootgemaak het soos haar eie nie. Sy kon hom nie eens gegroet het nie.

30
Q

Beskryf die emosies van Fiela na sy hierdie slegte tyding van die konstabel gekry het.

A

Dit voel vir haar soos die skielike afsterwe van ʼn geliefde sonder om die persoon eers te groet.

31
Q

Verduidelik die sin “soos afsterf sonder groet” in jou eie woorde.

A

Wanneer iemand skielik sterf en jy nie kans het om die persoon te groet nie.

32
Q

Skryf die boodskap wat jy graag vir Fiela onder hierdie omstandighede sou wou gee, neer.

A

“Hou moed.”/ “Moenie moed opgee nie!”/ “Glo en vertrou dat jy hom weer sal sien!”/ “Jammer maar jy moet dit aanvaar en aangaan met jou lewe!”