Fiela se Kind Eksamen Vrae - Eerste Bedryf - Toneel 4 Flashcards

1
Q

Waarom kon Fiela nie aalwee tap soos sy beplan het nie?

A

Die Noordwestewind het te erg gewaai.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoekom, dink jy, was Benjamin baie bly toe hy gehoor het hulle gaan nie veld toe nie?

A

Dan kan hy met sy skuitjies speel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat moes Benjamin doen voor hy kon gaan speel?

A

Werf vee.
Die hoenderhok help skoonmaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Dink jy Benjamin tree op net soos enige ander kind?

A

Ja. Kinders wil eerder speel as werk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Fiela het ander werk aan die kinders uitgedeel.
Watter opdrag het Kittie en Emma onderskeidelik gekry?

A

Kittie moet koffie maak.
Emma moet seep wegvat vir miss Baby.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wie het die skuld gekry vir die seep wat nie so goed gelyk het nie?

A

Benjamin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoekom het Kittie Benjamin blameer?

A

Hy het in die seeppot geroei in plaas van roer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Kittie is nie baie fluks/hardwerkend nie.
Stem jy saam met die stelling? Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord te motiveer.

A

Ja. Sy slaap onder ʼn bos wanneer sy moet help om die volstruise in die veld op te pas.
Sy het nie die seep help roer toe dit haar beurt was nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Fiela gee Emma nog ʼn opdrag. Wat was dit?

A

Om meel by die winkel te gaan koop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Fiela bestuur haar huishouding soos ʼn diktator.
Hoekom is die stelling WAAR?

A

Sy sê wat elkeen moet doen en almal moet net spring.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat het Fiela beplan om te doen nadat almal hulle take voltooi het?

A

Om Pollie by Skopper in te jaag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoekom sou Tollie nie kon help nie?

A

Hy het sy been seergemaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoekom het Fiela met Benjamin geraas?

A

Hy het sy mond vol brood gestop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoekom mag Benjamin dit nie doen nie?

A

Dit is slegte/swak maniere.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Selling het ellendig gelyk. Waaroor het Selling gekla?

A

Die wêreld draai om hom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Noem die medisyne wat Fiela hom gegee het om te drink.

A

Bakbossietreksel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Hoekom kon Selling, volgens Fiela, nie die week siek wees nie?

A

Rossinski kom en Selling moet nog die karwatse en velle klaarmaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Fiela is streng maar regverdig.
Hoekom sou jy sê die stelling is WAAR?

A

Tollie het sy been seergemaak en sy laat hom nie toe om met die seer
been te werk nie. Hy moet eerder rus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Watter nuus het die sensusopnemers gebring?

A

Mister Goldsbury, die nuwe magistraat op Knysna, wil Benjamin sien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wat was die naam van die nuwe Magistraat?

A

Mister Goldsbury.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Hoe het Fiela op die nuus van die mans reageer?

A

Sy het gesê die magistraat kon Benjamin by haar huis kom sien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Watter dag van die week het die sensusopnemers weer by Fiela se huis opgedaag?

A

Woensdag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Wie gaan ook by die hof wees saam met Benjamin?

A

Barta van Rooyen.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Waaruit kan die leser aflei dat die Dikke klaar besluit het dat Benjamin
die kind van die van Rooyens was?

A

Hy het gesê die kind se ma sal ook die Vrydag in die hof wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Wat het Fiela gevoel moes die magistraat en die bosvrou doen?

A

Hulle kan op Wolwekraal na Benjamin kom kyk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

Wat het Fiela aangebied om te doen wat die mans dadelik afgeskiet het?

A

Om Benjamin self Knysna toe te vat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

Waarom sou Fiela, volgens die Lange, Benjamin nie self Knysna toe kon neem nie?

A

Dit is twee dae te voet of dalk langer en Benjamin moet die Vrydag daar wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

Hoe het Fiela na Barta van Rooyen verwys?

A

Bosvrou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

Wat is Fiela se houding teenoor Barta?

A

Negatief.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Is Fiela se houding teenoor die bosvrou geregverdig?

A

Ja. Die vrou gaan dalk haar kind van haar af wegvat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Hoekom is die Lange se redenasie van dis te ver om te voet Knysna toe te loop, ironies?

A

Toe Benjamin 3 jaar oud was, het hy alleen vanuit die Bos tot by Fiela geloop, maar nou is hy 12 jaar oud en die Lange voel dis te ver.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Waarom mag Fiela nie vir die Magistraat voorsê nie?

A

Hy was ʼn vername man.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Hoekom kon Fiela nie saamgaan Knysna toe nie?

A

Daar was nie plek op die kar nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Hoekom was dit vir Fiela so belangrik om saam te gaan?

A

Sy het Benjamin belowe dat sy niemand sal toelaat om hom te vat nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Wie kan direk blameer word vir die feit dat daar ʼn donker wolk oor Benjamin se toekoms hang?

A

Sensusopnemers.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
36
Q

FIELA: Ons is sy wil en God kyk op ons af en Hy skryf iedere traan op wat ʼn kind deur ons wil stort.
Verduidelik in jou eie woorde wat Fiela met hierdie woorde bedoel het.

A

Grootmense moet besluit wat vir die kind die beste gaan wees.
As hulle die kind laat huil/swaarkry, gaan God die mens straf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
37
Q

Die Lange het beweer dat Fiela die kind weggesteek het. Waaruit kan jy aflei dat die bewering tog reg was?

A

Sy het hom nie skool toe of kerk toe laat gaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
38
Q

Wie het Benjamin van die Here geleer?

A

Fiela.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
39
Q

Hoekom het Benjamin nie nodig gehad om kerk toe te gaan nie?

A

Fiela het hom van die Here geleer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
40
Q

Wie het Benjamin skoolwerk geleer?

A

Dawid en Tollie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
41
Q

Hoekom kon Dawid en Tollie Benjamin nie somme leer nie?

A

Hulle kon self nie die somme verstaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
42
Q

Wie het Benjamin somme geleer?

A

Miss Baby Stewart.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
43
Q

Wie het Dawid en Tollie somme geleer?

A

Benjamin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
44
Q

Wanneer sou die mans Benjamin terugbring?

A

Saterdag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
45
Q

Wanneer sou die mans Benjamin kom optel om Knysna toe te gaan?

A

Die volgende dag/Donderdag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
46
Q

FIELA: Hoe weet ek hulle staan nie en lieg nie?
SELLING: Baas, lieg baas-hulle?
LANGE: Ons lieg nie, maar …
Dink jy die mans het beplan om Benjamin terug te bring? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Die Dikke het gepraat van die “ma van die kind”/die mans was rassisties/het op Fiela-hulle neergesien/hulle sou nie die bruin mense toelaat om na die wit kind te kyk nie.

47
Q

Waarmee het die Lange Fiela gedreig as Benjamin nie reg is as hulle hom die volgende oggend kom haal nie?

A

Hy gaan sonder hom Knysna toe ry en die konstabel stuur.

48
Q

Na wie het Fiela altyd gedraai as sy ontsteld was of raad nodig gehad het?

A

Die Here.

49
Q

Hoekom het die Komoeties bedremmeld die huis ingeloop?

A

Hulle het besef daar was probleme.

50
Q

Waar het Fiela gedink kon Benjamin gaan wegkruip?

A

Fonteinkloof.

51
Q

Met watter EEN WOORD het Fiela haar plan beskryf?

A

Dwaas.

52
Q

Hoekom was Fiela te bang om Benjamin fonteinekloof toe te stuur?
Gee TWEE feite.

A

Hy kon nie alleen soontoe gaan nie.
ʼn Tier het die ander dag daar ʼn skaap gevang.

53
Q

Aan wie het die skaap behoort wat deur ʼn tier in die fonteinekloof gevang is?

A

Laghaans.

54
Q

Wat beteken die woord “slingermaer”?

A

Baie maer.

55
Q

“Laghaans se ou slingermaer skape …”

Wat het Fiela met dié woorde oor die Laghaans geïmpliseer?

A

Die Laghaans versorg nie hulle diere nie.

56
Q

Noem die opdragte wat Fiela aan elke kind uitgedeel het om Benjamin gereed te kry vir sy tog na Knysna.

A

Dawid moes dorp toe gaan om vir Benjamin ʼn hemp en skoene te kry.
Tollie moes ʼn vuur buite maak.
Emma moes ʼn vuur binne die huis maak.
Kittie moes die naaldwerkgoed gereed kry sodat Fiela Benjamin se
broek kon regmaak.

57
Q

Wanneer sou die mans Benjamin terugbring?

A

Saterdag.

58
Q

Wie gaan, volgens Fiela, oor Benjamin se lot besluit?

A

Die Magistraat en die Bosvrou.

59
Q

FIELA: “En Ma belowe jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak omdat jy as ʼn Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie.”
Beskryf Fiela se karakter na aanleiding van hierdie aanhaling met EEN WOORD.

A

Trots.

60
Q

FIELA: “En Ma belowe jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak omdat jy as ʼn Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie.”
Verduidelik in jou eie woorde wat hierdie stelling beteken?

A

Die feit dat hy deur ʼn bruin familie grootgemaak is, beteken nie dat hy slegter daaraan toe is nie.

61
Q

FIELA: “En Ma belowe jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak omdat jy as ʼn Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie.”
Beskryf in DRIE sinne hoe Fiela bogenoemde probeer regkry het.

A

Sy het Benjamin self gebad om seker te maak hy is skoon.
Sy het vir hom ʼn nuwe hemp en skoene gekoop.
Sy het vir hom 5 sjielings gegee om te wys hy is nie brandarm/kaalgat nie.

62
Q

Noem die naam van die plek waar Dawid kortpad dorp toe gaan vat.

A

Jan Koles se kop.

63
Q

Wat moes Dawid in die dorp gaan doen?

A

Hy moes vir Benjamin ʼn nuwe hemp en skoene gaan koop.

64
Q

By wie het Dawid ʼn hemp en skoene gaan koop?

A

Mr. Pace.

65
Q

Hoe gaan Dawid vir die klere betaal?

A

Met skaapvelle en karwatse.

66
Q

Hoe is Benjamin se voete gemeet?

A

Selling trek sy voet af op ʼn stukkie vel.

67
Q

Wat wou Fiela met die naaldwerkgoed doen?

A

ʼn Naat aan Benjamin se broek regmaak/vaswerk.

68
Q

Gee Fiela om oor hoe haar kinders lyk? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.

A

Ja. Sy sorg dat Benjamin ʼn nuwe hemp en skoene kry en sy bad hom.

69
Q

Hoekom was Fiela so haastig om Benjamin reg te kry vir die tog Knysna toe?

A

Die sensusmanne kom hom vroeg die volgende oggend optel.

70
Q

Waarin het Fiela vir Benjamin gebad?

A

In ʼn sinkbad.

71
Q

Hoekom, dink jy, het Fiela besluit om self vir Benjamin te was?

A

Sy was bang hy was homself nie mooi skoon nie.

72
Q

Waar het Benjamin homself gewoonlik gebad/Waar wou Bejamin homself gaan was?

A

In die sloot.

73
Q

Beskryf Benjamin se gemoed oor die reis na Knysna met EEN WOORD.

A

Bang.

74
Q

Hoe mag Benjamin nie die magistraat aanspreek nie?

A

Baas.

75
Q

Hoekom mag Benjamin nie die magistraat as “baas” aanspreek nie?

A

Wit mense het nie anderkleuriges “baas” genoem nie/net swart of bruin
het blankes “baas” genoem.

76
Q

Dink jy die aanspreekvorm “Baas” word vandag nog gebruik? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Ja. Ou swartes veral op plase noem hulle blanke werkgewers nog “baas”.
OF
Nee. Ons is almal gelyk.

77
Q

Hoe moes Benjamin, volgens Fiela, die magistraat aanspreek?

A

Heer.

78
Q

Wat moes mense nie voor die magistraat doen nie?
Verduidelik jou antwoord met TWEE feite.

A

Lieg/Jok.
Jy sal tronk toe gestuur word.
Die magistraat is die grootman van die wet.

79
Q

Wat sou destyds met jou gebeur as jy vir die magistraat gejok het?

A

Jy word in die tronk gegooi.

80
Q

Dink jy dat dat mense wat vir die magistraat jok vandag nog tronk toe gestuurd word?
Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Vandag is jy onskuldig tot daar bewys kan word jy is skuldig.
OF
Ja. Jy kan steeds tronk toe gaan as jy vir die hof lieg.

81
Q

Hoekom kon Fiela nie saam met Benjamin Knysna toe gaan nie?

A

Daar is nie vir haar plek op die perdekar nie.

82
Q

Hoe moes Benjamin die magistraat antwoord as hy hom vra waar hy woon?

A

Wolwekraal in die Lange Kloof.
Dit is hulle eie grond.

83
Q

Hoekom, dink jy, was dit belangrik dat die magistraat moes weet dat die Komoeties grond besit?

A

Hulle was nie arm/sukkelaars/bedelaars nie.

84
Q

Wat moes Benjamin antwoord as die magistraat hom vra hoe hy Fiela se kind geword het?

A

Die Here het hom aan sy ma toebetrou.

85
Q

Hoekom moes Benjamin mooi skryf en lees voor die magistraat?

A

Om hom te beïndruk/te wys hy is geletterd.

86
Q

Waarom was dit belangrik dat Benjamin moes wys hy kan lees en skryf?

A

Sodat die magistraat kon sien hy is geletterd/Fiela het hom geleer lees en skryf.

87
Q

Waaroor kon die magistraat vir Benjamin uitvra wat nie vir Fiela ʼn bekommernis was nie?

A

Somme.

88
Q

Wat was Benjamin bang gaan die magistraat hom vra?

A

9 x tafel

89
Q

Hoekom was Benjamin bang die magistraat gaan hom die 9 x tafel gaan vra?

A

Hy ken dit nie meer so goed nie.

90
Q

Noem die emosie wat Benjamin aanhou voel?

A

Bang/vrees.

91
Q

Hoe moes Benjamin, volgens Fiela, van sy “bang” ontslae raak?

A

Hy moes dit wegjaag.

92
Q

Kan jy met Benjamin se vrees identifiseer? Verduidelik jou antwoord.

A

Ja. Ek sal ook bang wees om van my ma af weg te gaan/Ek sal bang wees om voor ʼn magistraat te staan.

93
Q

Wat was Benjamin se grootste vrees?

A

Dat die mans hom nie gaan terugbring nie.

94
Q

Verduidelik hoe Fiela Benjamin se vrees probeer stilmaak het? Gee TWEE feite.

A

Die magistraat sou sorg dat die mans hom die Saterdag sou terugbring want die woord is wet.

95
Q

Waarin het Fiela Benjamin se goed gepak?

A

In ʼn trommel.

96
Q

Wat kan jy oor Fiela se persoonlikheid aflei oor die manier waarop sy alles in die trommel gepak het?

A

Sy is netjies/georend/perfeksionisties.

97
Q

Benjamin gaan sy nuwe blou hemp die hele tyd dra.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.

A

Nee. Hy mag dit net aantrek die oggend voor hy die magistraat gaan sien en moet dit dan weer dadelik uittrek.

98
Q

Noem die goed wat Fiela vir Benjamin in sy trommel gepak het.

A

slaaphemp
broek
nuwe hemp
5 sjielings

99
Q

Benjamin gaan sy eie baadjie dra.

Hoekom is die stelling VERKEERD?

A

Dawid het sy baadjie vir hom geleen.

100
Q

Hoeveel geld het Fiela vir Benjamin gegee en hoekom?

A

5 sjielings. Indien die magistraat vra of hy geld het/sodat die magistraat kon sien hulle is nie armsalig nie.

101
Q

Hoe het Fiela seker gemaak dat Benjamin nie die geld verloor nie?
Gee TWEE feite.

A

Sy knoop dit toe in ʼn lap.
Sy sit dit onder in die trommel.

102
Q

Hoe verskil die Komoeties van die ander bruin mense in die Lange Kloof?

A

Die Komoeties het grond en is nie so brandarm soos die ander bruin gesinne nie.

103
Q

Wat mag Benjamin nie met die geld koop nie?

A

Kos.

104
Q

Hoekom mag Benjamin nie kos koop nie?

A

Fiela het vir hom genoeg kos ingepak.

105
Q

Wat sou Fiela met Bejamin doen as hy die geld verloor?

A

Hom foeter/pak slae gee.

106
Q

Wat moes Benjamin doen as die magistraat/mans sy geld vat?

A

Niks/Hy moes dit net los.

107
Q

Wat het Selling voorgestel, moes Benjamin die magistraat noem?

A

Weledele heer.

108
Q

Wat mag Benjamin nooit vir die magistraat vertel nie?

A

Dat Selling in die tronk was.

109
Q

Hoekom, dink jy, mag Benjamin nie vir die magistraat vertel dat Selling in die tronk was nie?

A

Dan sou die magistraat dink hulle is skelms.

110
Q

By wie het Benjamin gehoor dat Selling in die tronk was?

A

Tollie.

111
Q

Wat was die geheim wat Fiela en Selling van Benjamin weerhou het?

A

Dat Selling al in die tronk was.

112
Q

Hoe het Fiela gereageer toe sy uitgevind het Benjamin is bewus van die geheim?

A

Haar hart het amper gaan staan.

113
Q

Fiela het besluit dat Benjamin saam met die sensusopnemers Knysna toe moes gaan.

Wat sou jy gedoen het as jy in Fiela se skoene was? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

A

Ek sou hom laat gaan het/Ek sou vir myself plek gemaak het op die perdekar/Ek sou deur die nag begin stap het.