Gedigteteorie Flashcards

1
Q

Strofe bou

A
koeplet = 2 reëls
tersine = 3 reëls
kwatryn = 4 reëls
kwintet = 5 reëls
sestet = 6 reëls
oktaaf = 8 reëls
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Haikoe

A

ou versvorm van Japanese oorsprong

bestaan uit 17 sillabes wat oor 3 reëls versprei word patroon: 5-7-5

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Kwatryn

A

‘n Selfstandige gediggie bestaande uit vier reëls tradisionele rymskema is aaba

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Italiaanse sonnet

A

Uiterlike bou: 2 kwatryne en 2 tersines
Innerlike bou:‘n Beeld word in die oktaaf beskryf (gewoonlik ‘n natuurbeeld) en ‘n verdieping en toepassing kom in die sestet voor.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Engelse sonnet

A

Uiterlike bou: 3 kwatryne en ‘n rymende eindkoeplet Innerlike bou: Die inhoud is ‘n aaneenlopende gedagtestroom wat dan ‘n hoogtepunt of verdieping in die koeplet bereik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Ballade

A

‘n eenvoudige lied wat gewoonlik herhalend van aard is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Elegie

A

‘n lykdig of ‘n klaaglied wat handel oor die dood van ‘n geliefde

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Limeriek

A

Bestaan uit vyf reëls
Effens humoristies of verspot
Die hoogtepunt van die limeriek is in die laaste versreël.
Rymskema: aabba
Die eerste, tweede en vyfde reëls is ewe lank. Versreëls 3 en 4 is korter.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Vrye vers

A

Geen vaste rympatroon
Geen vaste strofebou (As daar net een strofe is, kan jy dit nie as ‘n antwoord aanbied nie.)
Min of geen leestekens (kyk wat is van toepassing)
Min of geen hoofletters (kyk wat is van toepassing)
Onreëlmatige versreëllengtes
Dink na:
Waarom kies die digter hierdie digvorm?
Watter stylfiguur gebruik die digter om die gedig tot ‘n eenheid te bind? (bindingselement)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Rymsoorte

A

Paarrym: aabb
Kruisrym: abab
Omarmende rym: abba
Gebroke rym: abca of abcd

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Funksies van rym

A

Funksies van rym:

  • Bind gedig tot ‘n eenheid
  • Rymwoorde aan die einde van versreëls word gewoonlik beklemtoon
  • Bind rymwoorde semanties aan mekaar
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Alliterasie

A

herhaling van konsonante aan die begin van ‘n lettergreep

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Assonansie

A

herhaling van dieselfde vokale of tweeklanke in opeenvolgende woorde

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Enjambement

A

oorloop van een versreël na ‘n volgende sonder enige leestekens.
Ken funksies en moenie generiese antwoorde gee nie.
Moontlike funksies:
- om aandag af te trek van bepaalde rymwoord
- om eentonigheid van paarrym te verdoesel
- beweging kan deur enjambement gesuggereer word - enjambement kan die ritme van die gedig beïnvloed

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Tipgrafie

A

Dit is die manier waarop die gedig vir ons aangebied of afgedruk word.
In sommige gedigte is woorde ingekeep,‘n asterisk (*) word gebruik of daar is wit blokke oop waar daar letters moet wees (tipografiese wit)
Tipografie gaan dus oor hoe die gedig lyk. En dwing ons om na die gedig te kyk en dit nie net te lees nie.
Sommige digters speel met die idee van tipografie om vormgedigte te maak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Progressie

A

Progressie is ontwikkeling of vooruitgang wat in gedig plaasvind. Dit kan byvoorbeeld ‘n beskrywing wees van iemand wat ouer word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Regressie

A

Regressie is die teenoorgestelde van progressie. Dit is wanneer agteruitgang beskryf word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Inversie

A

Inversie is wanneer die woordorde van ‘n sin omgekeer word.

Dit word gewoonlik gedoen om sekere woorde te beklemtoon of om te verseker dat versreëls rym.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Leestekens

A

Die aandagstreep, dubbelpunt en beletseltekens (…) word dikwels in gedigte gebruik.
Die stippels of ellips of beletseltekens (…) word gewoonlik gebruik om die leser te laat nadink, om aandag te vestig op dit wat volg en om die herhaling van ‘n handeling aan te dui.

20
Q

Vergelyking

A

Wanneer twee sake wat ooreenkomste toon met mekaar vergelyk word.
Die woorde “soos”,“nes”,“net soos” en “asof” kom gewoonlik in ‘n vergelyking voor.

21
Q

Metafoor

A

Twee sake word direk gelyk gestel aan mekaar.
Die metafoor is ‘n verkorte vergelyking – sonder die
woorde “soos” of “net soos”.

22
Q

Personifikasie

A

Personifikasie is beeldspraak waar menslike eienskappe aan lewelose voorwerpe toegeken word.

23
Q

Sinestesie

A

Sake waarby meer as een sintuiglike waarneming betrokke is.

24
Q

Antonomasia

A

Naamwisseling

25
Q

Metonimia

A

Een voorwerp word genoem in plaas van ‘n ander op grond van die verband tussen hulle.

26
Q

Sinekdogee

A

Sinekdogee verwys na die noem van ‘n gedeelte in plaas van ‘n geheel.

27
Q

Stylfiguur

A

Daar is ‘n hele lys van stylfigure wat gebruik word om die gedig ‘in te kleur’.
Dit sluit konsepte soos kontras, herhaling, woordspeling en ironie in.

28
Q

Antitese

A

kontras
twee uiterstes word teenoor mekaar gestel
bv. Lief teenoor leed, vrolik teenoor hartseer

29
Q

Paradoks

A

‘n Teenstelling wat ‘n skynbare teenstrydigheid behels en eintlik ‘n dieper waarheid verberg.
Bv. Stilbly is ook ‘n antwoord

30
Q

Oksimoron

A

Dit is ‘n teenstelling wat net uit twee woorde bestaan.

Bv. Horende doof, skoon gemors

31
Q

Hiperbool

A

om iets te vergroot om effek te bereik

Bv. Jou ma gaan jou hok tot jy 80 jaar oud is.

32
Q

Eufemisme

A

om iets onaangenaams te probeer versag bv. Hy het sag heengegaan. (is oorlede)

33
Q

Litotes

A

Verkleining

34
Q

Ellips

A

Digters gebruik dit dikwels om ‘n bepaalde ritme of metrum te behou.

35
Q

Herhaling

A

Herhaling van woorde

36
Q

Anafora

A

Herhaling van dieselfde woorde aan die begin van opeenvolgende versreëls

37
Q

Woordspelling

A

maak gebruik van woorde wat verskillende betekenisse kan hê.

Bv. Ek was nog altyd ‘n wonderkind, mense wonder wat van my gaan word.

38
Q

Ironie

A

die teenoorgestelde word gesê van wat eintlik bedoel word of wat jy verwag het sou gebeur.
Jy moet altyd albei kante van die saak stel wanneer jy gevra word om ironie te verduidelik.
Formuleer jou antwoord so:“’n Mens sou verwag dat … , maar………….”

39
Q

Klimaks

A

spanning word verkry deur woorde te laat opbou tot ‘n hoogtepunt

40
Q

Retoriese vraag

A

‘n vraag waarop daar nie ‘n antwoord verwag word nie. Die digter gebruik dit om die leser te dwing om verder na te dink.

41
Q

Alleenplasing

A

as ‘n sekere gedagte alleen in ‘n versreël geplaas word. Dit word dikwels gedoen om woorde of idees te beklemtoon.

42
Q

Apostroof

A

wanneer iemand in sy afwesigheid aangespreek word Die aangesprokene is dikwels oorlede.

43
Q

Asindeton

A

voegwoorde word weggelaat waar ‘n mens dit gewoonlik sou verwag

44
Q

Polisindeton

A

Polisindeton
Herhaling van ‘n voegwoord
Bv. Ons het gesing en gedans en gelag en gespeel.

45
Q

Enumerasie

A

opnoem van ‘n klomp dinge wat ‘n verband of verwantskap toon. Dit kom gewoonlik in ‘n vrye vers voor.

46
Q

Tema

A

Die tema is gewoonlik die hoofgedagte wat die gedig oordra.

▪ Die tema is gewoonlik meer universeel van aard.

47
Q

Boodskap

A

Die boodskap is meer spesifiek tot die gedig