Kortverhale Flashcards

1
Q

Wat is ‘n kortverhaal

A

’n Kortverhaal is ‘n ‘storie’ wat net in ‘n paar bladsye vertel word.
Hierdie tipe ‘stories’ kan soms net een bladsy wees en ander kere tot 30 bladsye.
Die gebeure en idees wat die skrywer wil oordra, moet dus binne ‘n paar bladsye vertel word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe lees ek ‘n kortverhaal

A

’n Kortverhaal moet amper soos ‘n gedig gelees word.
Die skrywer het net ‘n paar bladsye om ‘n storie te
vertel.
Die skrywer kies daarom elke gebeurtenis – en soms elke woord – baie sorgvuldig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Kenmerke van ‘n kortverhaal

A

‘n saamgeperste stukkie lewe – dit vertel net ‘n deel van ‘n lewe.
Bevat gewoonlik ‘n enkele tema of kerngedagte.
Moet met min woorde ‘n storie vertel (nie lang beskrywings nie)
Die leser moet soms self aflei wat in die intrige gebeur.
Die gebeure volg mekaar vinnig op.
Die dialoog is kort en bondig.
Die ruimte/milieu word net kortliks beskryf.
Botsings of konflik is ‘n belangrike deel van die kortverhaal.
Daar is gewoonlik net een hoofkarakter en ‘n paar newekarakters in ‘n kortverhaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Bou van ‘n kortverhaal

A

Inleiding (eksposisie)
Die leser leer die omstandighede, tyd, plek, ruimte en karakters ken.
▪ Motoriese moment
Die oomblik wat al die gebeure aan die gang sit.
▪ Verwikkeling
Spanning bou op en afwagting word geskep.
▪ Klimaks/hoogtepunt
Dit is die onvermydelike (ons kan nie voorkom dat dit gebeur nie) krisis waartoe die verhaal opbou.
▪ Ontknoping
Die spanning neem af tot die slot van die verhaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly