Genetika Flashcards

(13 cards)

1
Q

Wet van Dominansie.

A

Elke geen het twee allele – een van elke ouer.

As die twee allele verskil (heterosigoties, bv. Bb), sal slegs die dominante alleel sigbaar wees.

Resessiewe alleel: Word net uitgedruk as twee van hulle teenwoordig is (bv. bb). (Word aangedui met ‘n kleinletter, bv. b)

’n Resessiewe alleel is slegs sigbaar wanneer dit saam met ’n ander resessiewe alleel voorkom.

Dit beteken die resessiewe eienskap sal net verskyn as die geenpaar bb is (dus geen dominante B teenwoordig nie).
As daar een dominante alleel (B) is, sal dit die resessiewe een (b) onderdruk, en net die dominante eienskap sal gesien word.

n Eienskap sal net voorkom as dit dominant is of as altwee allele ressessief is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die Wet van Onafhanklike Sortering.

A

Verskillende eienskappe word onafhanklik van mekaar aan nakomelinge oorgedra:

Gene vir verskillende kenmerke (soos kleur van saad en kleur van peul) word apart oorgedra.

’n Plant kan dus byvoorbeeld die saadkleur van een ouer en die peulkleur van die ander ouer hê.

Die kombinasies van eienskappe by die nageslag pas nie noodwendig by dié van die ouers nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verskil tussen die Wet van Skeiding en Wet van Onafhanklike Sortering.

A

Wet van Skeiding:
Verwys na die twee allele van dieselfde geen.

Elke ouer dra een van sy twee allele vir ’n geen oor.

Bv. ’n plant se twee allele vir saadkleur skei van mekaar.

Wet van Onafhanklike Sortering:
Verwys na verskillende gene wat verskillende eienskappe beheer.

Die oordrag van een geen beïnvloed nie die ander een se oordrag nie.

Bv. gene vir saadkleur en peulkleur sorteer onafhanklik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die Belang van Mendel se Werk in Genetika.

A

Mendel se werk is die grondslag van moderne genetika. Hy het getoon dat:

  1. Kenmerke word oorgedra as afsonderlike eenhede (wat ons vandag gene noem).
  2. Gene kom in pare voor – een van elke ouer – en word volgens vaste patrone oorgedra.
  3. Beide ouers dra ewe veel by – dit maak nie saak of die geen van die ma of pa kom nie.
  4. Gene raak nie verlore nie – selfs al is hulle nie sigbaar nie, word hulle steeds oorgedra (resessiewe gene).
  5. Gene sorteer onafhanklik van mekaar – bv. saadkleur en saadvorm word apart oorgedra, sodat verskeie kombinasies moontlik is (rond/geel, gerimpel/groen, ens.).
  6. Eienskappe kan verskil tussen generasies – daar is variasie in hoe gene uitgedruk word.
  7. Dominante eienskappe verskyn meer gereeld – selfs al is resessiewe gene teenwoordig.
  8. Sommige eienskappe bly weggesteek (resessief) totdat hulle in ’n suiwer paar voorkom (bv. bb).

Waarom is sy werk belangrik?
Dit verklaar hoe oorerwing werk.
Dit help ons om voorspellings te maak oor genetiese patrone.
Sy reëls is steeds die basis van genetiese navorsing, plantverbetering en selfs medisyne vandag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Oorerwing en variasie.

A

Monohibriedkruisings.

’n Monohibriedkruising is ’n genetiese kruising tussen twee individue wat verskillende allele vir één kenmerk het.
Hierdie individue kan wees:
Homosigoties (bv. PP of pp – albei allele dieselfde), of
Heterosigoties (bv. Pp – verskillende allele)

Waarom is dit belangrik?
Dit wys dat:
Dominante eienskappe oorheers resessiewe eienskappe in heterosigotiese toestande.
Gene word voorspelbaar oorgedra.
Die resessiewe eienskap kan in die volgende generasie weer verskyn (F₂).

Gebruik van genetiese diagramme:
Genetiese kruistelingsdiagramme (soos Punnett-vierkante) word gebruik om:
Die verskillende moontlike genetiese kombinasies van nageslag te wys.
Die kanse op elke tipe nakomeling te bereken.

Onthou:
dominante alleel - hoofletter resessiewe alleel - kleinletter
Dit maak nie saak of ons ‘n letter kies wat die dominante kenmerk of die resessiewe kenmerk voorstel nie. Ons gebruik die letter wat die dominante kenmerk voorstel, byvoorbeeld P en p (ligpers) in hierdie voorbeelde, maar ons kan ook W en w gebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Die verskil tussen Kodominansie en Onvolledige Dominansie.

A

Kodominansie:
Albei eienskappe verskyn volledig en saam.
Geen vermenging – albei verskyn apart.
Voorbeeld: Rooi + Wit = Rooi-en-wit kolle

Onvolledige Dominansie:
Eienskappe meng – geen oorheers nie.
Gemengde eienskap word gevorm.
Voorbeeld: Rooi + Wit = Pienk

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Dihibriedkruisings.

A

’n Dihibriedkruising is ’n genetiese kruising wat tegelyk twee verskillende eienskappe (kenmerke) bestudeer.
Mendel het dit gebruik om te toets of kenmerke onafhanklik van mekaar oorgeërf word (bv. blomkleur én saadvorm).

Die gene vir verskillende eienskappe (soos kleur en vorm) lê op verskillende pare homoloë chromosome.
Tydens meiose segregeer of sorteer hierdie chromosome onafhanklik van mekaar.
Dit lei tot lukrake kombinasies van allele in gamete.

LEER DIE STAPPE.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Geslagsgekoppelde gene.

A

Geslagschromosome:
X-chromosoom het meer as 1 000 gene
Y-chromosoom het net sowat 78 gene
Geslagsgekoppelde gene = gene wat op die X- of Y-chromosome voorkom

Waarom is X-gekoppelde resessiewe gene belangrik?
Mans het slegs een X-chromosoom
→ ’n resessiewe alleel sal direk uitgespreek word in hul fenotipe
Vroue het twee X-chromosome
→ ’n resessiewe alleel op een X kan deur ’n dominante alleel op die ander X onderdruk word
→ Vroue is dan dikwels draers sonder om simptome te wys

LEER SKETS BL 146

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verskil tussen mans en vroue.

A

Vrou :
XX
Twee X-chromosome – kan dominante allele hê wat resessiewe onderdruk

Man :
XY
Een X en een Y – geen tweede X om resessiewe allele te masker nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Deaktivering van X-chromosoom.

A

Vroue het twee X-chromosome in elke sel.
In vroeë embrioniese ontwikkeling word een van die twee X-chromosome in elke sel permanent gedeaktiveer.
Hierdie proses heet X-deaktivering.

Waarom gebeur dit?
Om te verhoed dat vroue dubbel soveel X-geenprodukte het as mans (wat net een X het).
Dit help om gelykheid tussen die geslagte in die hoeveelheid X-geenuitdrukking te bewaar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Definisies.

A

Genetika:
Die studie van oorerwing en hoe eienskappe van ouers na nageslag oorgedra word deur gene.

Geen:
’n Segment van DNS wat die kode dra vir die maak van ’n spesifieke proteïen of eienskap.

Alleel:
Verskillende vorme van dieselfde geen wat op dieselfde lokus op ’n chromosoom voorkom. (Byvoorbeeld: ‘n alleel vir bruin oë en een vir blou oë.)

Dominante alleel:
’n Alleel wat sy eienskap uitdruk, selfs wanneer dit saam met ’n ander (resessiewe) alleel teenwoordig is. (Byvoorbeeld: A)

Ressesiewe alleel:
’n Alleel wat sy eienskap slegs uitdruk wanneer dit in die homosigotiese toestand voorkom — dus saam met nog ‘n resessiewe alleel (Byvoorbeeld: a)

Genotipe:
Die genetiese samestelling van ’n organisme vir ’n spesifieke eienskap (bv. AA, Aa, of aa).

Fenotipe:
Die sigbare eienskap of fisiese uitdrukking van die genotipe, beïnvloed deur beide gene en omgewingsfaktore. (Byvoorbeeld: bruin oë, lang plant)

Homosigoties:
’n Toestand waarin beide allele vir ’n spesifieke geen dieselfde is. (bv. AA of aa)

Heterosigoties:
’n Toestand waarin die twee allele vir ’n spesifieke geen verskillend is. (bv. Aa)

Monohibriede kruising:
’n Kruising tussen twee organismes wat verskil in slegs één eienskap (wat deur een geenpaar beheer word).
Byvoorbeeld: blomkleur (pers vs wit)

Dihibriede kruising:
’n Kruising tussen twee organismes wat verskil in twee eienskappe (wat deur twee verskillende geenpare beheer word).
Byvoorbeeld: saadvorm en saadkleur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Dominansie.

A

Volledige dominansie: Bb
een alleel is dominant en die ander is
resessief, in so ‘n mate dat die resessiewe alleel deur die
dominante alleel in die heterosigotiese toestand verberg
word.

Gedeeltelike dominansie:
geeneen van die twee allele van ‘n
geen is dominant oor die ander nie, wat ‘n intermediêre fenotipe in die heterosigotiese toestand tot gevolg het.

Kodominansie:
beide allele van ‘n geen is ewe dominant en beide allele kom in die fenotipe in die heterosigotiese
toestand voor.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wet van Segregasie

A

Die wet stel dat elke individu twee allele het, wat tydens meiose skei sodat elke gamete net een alleel kry.
Voorbeeld: Tt → T en t gamete.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly