Reaksie op die omgewing by mense. Flashcards

(30 cards)

1
Q

Bloedoortapping en bloedgroepe.

A

Mense het voorafgevormde teenliggaampies teen dié A- of B-antigene wat hulle nie op hulle rooibloedselle het nie.
* Iemand met tipe A-bloed het teenliggaampies teen B.
* Iemand met tipe B-bloed het teenliggaampies teen A.
* Tipe O-persone het teenliggaampies teen A- en B-antigene.
* Tipe AB-persone vervaardig nie teenliggaampies teen A- of B-antigene nie, anders sal hulle hulle eie rooibloedselle vernietig.
* Tipe O is die universele skenker, en tipe AB is die universele ontvanger.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Senuwees.

A

Wat is senuwees?

Dra impulse tussen liggaamsdele.
Bestaan uit neurone (senuweeselle) en neuroglia (ondersteunende selle).
Neurone stuur elektrochemiese boodskappe (impulse).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Senuweeweefsel.

A

Bestaan uit:
Neurone (senuweeselle)
Neurogliale selle – beskerm en ondersteun neurone.

Bestaan uit 3 interaktiewe stelsels:
sentrale senuweestelsel
perifere senuweestelsel
outonome senuweestelsel

🧬 Tipes neurone:
Sensoriese neurone (afferent):
Dra impulse vanaf reseptore na rugmurg/brein.
Motoneurone (efferent):
Dra impulse vanaf brein/rugmurg na spiere/kliere.
Interneurone:
Verbindingsneurone – verwerk en interpreteer impulse tussen sensoriese en motoriese neurone.

Senuweefstelsel se 5 hooffunksies:
versamel inligting mbv sintuie
dra inligting na jou brein en organe oor
verwerk inligting
formuleer n reaksie op stimuli
stuur inligting terug na die netwerk na effektororgane om die reaksie uit te voer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Sentrale Senuweestelsel (SSS).

A

Bestaan uit:
brein en rugmurg

Omring deur n stelsel membrane - die meninges wat dit beskerm.
Die meninges beskerm die brein.
Serebrospinale vloeistof kom tussen die meninges voor.

Serebrospinale vloeistof se funksie:
beskerming teen skok
help met eweredige druk
hou senuweeweefsel klam

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Algemene struktuur van ‘n neuron.

A

Selliggaam (soma):
Bevat die nukleus.
Verwerk seine van die dendriete.

Dendriete:
Kort, vertakte uitsteeksels.
Ontvang seine van ander neurone of reseptore en stuur dit na die selliggaam.

Akson:
Lang uitsteeksel wat seine weg van die selliggaam stuur.
Vertak aan die einde in sinaptiese knoppe (eindvoetjes) wat chemiese boodskappe na die volgende sel oordra.

Sinaptiese knop:
Swelsel aan die einde van elke akson-tak.
Stuur neuro-oordragstowwe (neurotransmitters) na die volgende sel.

Schwann-selle:
Spesiale gliaselle wat die akson omring.
Belangrik vir herstel van beskadigde neurone.

Miëlienskede:
Vetlaag afgeskei deur Schwann-selle.
Isoleer die akson en laat impulse vinnig voortbeweeg.

Ranvierknope:
Gaps (ruimtes) tussen Schwann-selle.
Laat impulse spring van knoop tot knoop – maak impulse vinniger.

LEER FIGUUR 106

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Afwykings van die senuweestelsel.

A

Alzheimer se siekte.

Definisie:
Staan ook bekend as Demensie – geheueverlies en verlies aan ander intellektuele vermoëns.
Geen geneesmiddel, is progressief en lei tot die dood.

Oorsaak:
kom voor wanneer al hoe meer gesonde neurone minder doeltreffend word.
met tyd verloor neurone hul vermoë om take te verrig en sterf uiteindelik.
dit veroorsaak onomkeerbare veranderinge in die brein.

Simptome:
Stadiger denke
Gedragsveranderinge
Geheueverlies
Herken nie mense nie
Moeilikheid om te praat, sluk en loop

Genesing en behandeling:
Geen genesing beskikbaar nie.
Huidige behandelings vertraag die simptome tydelik.

Fokus is op:
Verbetering van lewensgehalte
Navorsing na stamselle en terapeutiese kloning vir moontlike geneesmiddels.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die serebrum.

A

Grootste deel van die brein.
Verdeel in twee hemisfere.

Funksies:
beheer willekeurige funksies (loop, praat en skryf)
ontvang en interpreteer sensasie vanaf sintuigorgane
hoër denkprosesse (geheue, intelligensie en redenasie)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Die serebellum. (kleinbrein)

A

Tweede grootste deel van die brein.
Is agter en onder die serbrum geleë.

Funksies:
koördineer alle willekeurige funksies
koörddineer skeletspiere om balans te bring
behou balans en postuur
behou spiertonus

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Die medulla oblongata.

A

Laer deel van die brein.

Funksies:
beheer asemhaling, peristalses, hartklop en sluk.
vervoer impulse vanaf die rugmurg na die brein.
beheer minder belangrike reflekse.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Die hipotalamus.

A

Klein deel van die brein net bokant die pituitêre klier.

Funksie:
beheer sentrum vir honger, dors, slaap, liggaamtemp. en emosies.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Die Corpus Callosum.

A

Dik band senuweevesels onder die serebrum.

Funksie:
verbind die twee hemisfere
maak kommunikasie tussen die twee hemisfere moontlik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Refleksentrums beheer.

A

Noodsaaklike reflekse:
Asemhalingstempo en -diepte
Bloeddruk en liggaamstemperatuur
Hartkloptempo
Ingewande aktiwiteite (peristalse, kliere, sluk)

Nie noodsaaklike reflekse:
Speekselvorming
Hoes
Oogknip
Hik, nies

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Die Rugmurg.

A

Ligging en beskrywing:
Geleë in rugmurgkanaal / werwelkanaal.
Verlenging van die brein, met 3 lae meninges.
31 pare spinale senuwees verlaat aan ventrale en dorsale wortels.
Elke rugmurg senuwee het n dorsale ne n ventrale wortel.

Struktuur:
Sentrale kanaal bevat serebrospinale vloeistof.
Grystof aan die binnekant, witstof aan die buitekant (H-vorm).
Senuwees gaan tussen werwels in en uit.
Werwels beskerm die rugmurg.

4 Hooffunksies van die rugmurg:

✅ Refleksaksies:
Werk saam met die medulla oblongata om onwillekeurige refleksaksies te beheer (bv. knierefleks, oogknip, nies, hoes).
Hierdie aksies gebeur sonder bewuste denke – dit beskerm die liggaam.
📩 Afferente impulse:
Sensoriese impulse beweeg vanaf reseptore deur die rugmurg na die brein toe.
📤 Efferente impulse:
Bewegingsimpulse beweeg vanaf die brein deur die rugmurg na effekter-organe soos spiere.
⚡ Outonome senuweestelsel:
Simpatiese en sommige parasimpatiese impulse beweeg deur spinale senuwees wat aan die rugmurg verbind is.

LEER RUGMURG FOTO

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Die perifere senuweestelsel.

A

Ligging en beskrywing:
Die PNS bestaan uit alle senuwees buite die sentrale senuweestelsel bestaan uit kraniale senuwees en spinale senuwees.

Dit sluit in:
12 kraniale senuwees
31 spinale (rugmurg) senuwees
Verdeel in:
Somatiese senuweestelsel: beheer skeletspiere en bewuste aksies.
Outonome senuweestelsel: beheer onwillekeurige funksies soos hartklop, asemhaling, vertering.

Funksies van die PNS:

Gelei impulse vanaf reseptore na die SSS.
Gelei impulse vanaf die SSS na die effektore.

Somatiese stelsel:
Ontvang impulse vanaf reseptore.
Stuur impulse na effektore (bv. skeletspiere).

Outonome stelsel:
Beheer onwillekeurige funksies soos asemhaling, hartklop en kliere.
Het twee vertakkings:
🔴 Simpatiese vertakking – berei liggaam voor vir n noodtoestand:
Pupille vergroot
Hartklop versnel
Vertraag vertering en Speekselproduksie
Stimuleer adrenalienafskeiding
🔵 Parasimpatiese vertakking – laat die liggaam na normaal terugkeer:
Pupille vernou
Verhoog speekselproduksie
Vertraag hartklop
Stimuleer vertering en blaaslediging

Dubbel-innervasie:
Organe word deur beide simpatieke en parasimpatieke senuwees beheer.
Hulle het teenoorgestelde uitwerkings:
Een stimuleer, die ander inhibeer (onderdruk).
Bv. simpatiek vergroot pupille, parasimpatiek vernou dit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Die refleksboog en reflekse.

A

Refleksaksie:
n vinnige outomatiese reaksie op n stimulus en betrek nie die brein nie. Beskerm die liggaam teen besesings.

Refleksboog:
die pad waarlangs senuwee impulse beweeg om n reaksie op die stimulus teweeg te bring tydens n refleksaksie.

Struktuur en volgorde van ‘n refleksboog:
reseptor - n struktuur wat n stimulus ontvang en dit omsit in n impuls.
sensoriese neuron - dra die impuls van die reseptor na die rugmurg.
interneuron - dra die impuls vanaf die senosoriese neuron na die motoriese neuron.
motoriese neuron - dra die impuls vanaf die rugmurg na die effektore.
effektor - struktuur wat die reaksie veroorsaak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Belang van ‘n eenvoudige refleksboog.

A

Refleksbewegings:
Wat is dit?
Refleksbewegings is onwillekeurige of outomatiese reaksies op stimuli.
Funksie:
Dit is aangebore veiligheidsmeganismes wat die liggaam beskerm teen skade deur vinnige reaksies op veranderinge in die inwendige en uitwendige omgewing.
Voorbeelde van eenvoudige reflekse:
Ontsnaprefleks (reaksie op pyn)
Asemhaling
Spysvertering
Hartklop
Bisepsstrekrefleks
Kornearefleks (oogknip)
Patellarefleks (knierefleks)
Niesrefleks
Pupilrefleks
Kwylrefleks
Kraprefleks

LEER TABEL 13

17
Q

Belang van sinapse.

A

Wat is ‘n sinaps?
’n Klein gaping tussen die akson-eindpunt van een neuron en die dendriet van ’n ander neuron.

Belangrikheid van n sinaps:
verseker dat impulse slegs in een rigting beweeg.
voorkom die aanhoudende stimulering van neurone
verseker dat die impuls van die sensoriese neuron na di emotoriese neuron oorgedra word.

18
Q

Die menslike oog.

A

Die oog is ‘n ligsensitiewe orgaan vir sig.
Sigpersepsie vind in die brein plaas, nie in die oog self nie.
Fotoreseptorselle vang stimuli op en stuur impulse na die brein.

Buitenste laag.
Kornea: verantwoordelik vir die breking van ligstrale vanaf die voorwerp om die beeld op die retina te vorm.
Sklera: wit buitenste lig wat die oog beskerm.

Middelste laag.
Choroïed: donkerkleurige laag - verhoed weerkaatsing; voed die oog.
Sispensoriese ligament: hou die lens in posisie.
Pupil: die ronde opening in die iris waardeur lig ingaan.
Watervog: die waterige vloeistof wat die kornea en voorste oogkamer ondersteun.
Siliêre liggaam: hou lens in plek via suspensoriese ligamente; beheer lensvorm.
Iris: gekleurde deel van die oog. Beheer die hoeveelheid lig wat die oog binnegaan.
Lens: verander van vorm vir naby en ver sig.

Binneste laag.
Retina: bevat ligsensitiewe selle.
nl. stafies en keëltjies

Stafies:
Pigment: Rodopsien.
Sensitief vir lae lig (nagvisie).
Verskaf swart-en-wit sig.

Keëltjies:
Pigment: Jodopsien.
Sensitief vir helder lig en kleur.
Verantwoordelik vir kleursig en fyn detail.

Glasvog:
Jellierige stof wat vorm aan die oog gee.

Blindevlek:
geen stafies en keëltjies nie, dus geen visie nie.

Macula lutea (geelvlek):
Grootste hoeveelheid keëltjies en dra die beste beeld.

Optiese senuwee:
dra impulse vanaf die retina na die brein.

19
Q

Binokulêre visie en die belangrikheid
daarvan.

A

Die linker-en regteroog vorm elk sy eie beeld van die voorwerp waarna gekyk word. Die brein kombineer die twee beelde om een drie-dimensionele geheelbeeld te vorm.

Binokulêre visie verskaf ‘n wyer
gesigsveld en skep ‘n persepsie van
diepte.
Hierdie vermoë om in 3D te sien word stereoskopiese visie genoem.

20
Q

Akkommodasie in die soogdier se oog.

A

Naby voorwerpe (nader as 6 m):

  1. Siliaarspiere ontspan.
  2. siliaarliggaam beweeg verder van die lens af.
  3. suspensoriese liggamente trek saam.
  4. spanning op die lens verhoog.
  5. lens word minder konveks.
  6. ligstrale word minder gebreek.
  7. n skerp gefokusde beeld word op die retina verkry.

Ver voorwerpe (verder as 6 m):
1. siliaarspiere trek saam.
2. siliaarliggaam beweeg nader aan die lens.
3. suspensoriese ligamente ontspan.
4. spanning op die lens neem af.
5. lens word meer konveks.
6. ligstrale word meer gebreek.
7. n skerp gefokusde beeld word op die retina verkry.

21
Q

Die voordele van binokulêre visie.

A
  • enkele sigveld
  • vergrote sigveld
  • beste dieptepersepsie
  • vergoeding vir blinde vlekke van albei oë.
22
Q

Pupilrefleks.

A

Die pupillêre refleksbeweging is die reaksie van die pupil op die stimulasie van die retina deur lig: op helder lig en beperkte lig.

Pupillêre meganisme vir ‘n refleks op ligintensiteit.

Skerp lig:
die radiale spiere van die iris ontspan.
die kringspiere van die iris trek saam.
die pupil verklein.
minder lig kom die oog binne.

Dowwe lig:
die radiale spiere van die iris trek saam.
die kringspiere van die iris ontspan.
die pupil vergroot.
meer lig kom die oog binne.

23
Q

Die menslike oor.

A

Buiteoor
Pinna: Vang klankgolwe op.
Uitwendige oorkanaal (gehoorkanaal): dra klankgolwe oor na die oordrom.
Timpanum (oordrom): dra klankgolwe oor na die middeloor.

Middeloor
Bevat drie gehoorbeentjies:
Hammer, Aambeeld, Stiebeuel.
Die gehoorbeentjies dra vbrasies oor van die oordrom na die inwendige oor.
Buis van Eustachius: hou druk aan weerskante van die oordrom konstant.

Inwendige oor
Ovaalvenster: dra klankgolwe oor na die inwendige oor.
Ronde venster: verminder die druk in die inwendige oor - absorbeer drukgolwe en voorkom eggo klank.
Halfsirkelvormige kanal: balanseer die liggaam.
Sakkulus en utrikulus: balanseer die liggaam.
Gehoorsenuwee: dra impulse oor na die brein.
Koglea: skakel klankgolwe na senuwee-impulse.

24
Q

Funksies van die oor.

A
  1. gehoor
  2. balans
25
Hoe hoor ons?
Die uitwendige oor ontvang klankgolwe, die middeloor sit die klankgolwe om in vibrasies en die inwendige oor sit dit om in drukgolwe. 1. die pinna vang die klankgolwe op en stuur dit na die oorkanaal. 2. dit veroorsaak dat die oordrom vibreer. 3. die vibrasies word oorgedra na die gehoorbeentjies. 4. die gehoorbeentjies versterk hierdie vibrasies en stuur dit na die ovaalvenster. 5. die ovaalvenster vibreer en veroorsaak drukgolwe in die vloeistof van die koglea. 6. dit stimuleer die orgaan van Corti om die golwe om te skakel in impuls. 7. die impuls word gelei na die gehoorsenuweena die serebrum waar dit geïnterpreteer word.
26
Hoe werk balans?
Die menslike oor is verantwoordelik vir balans in die volgende maniere: 1. die kristae in die halfsirkelvormige kanale word gestumileer deur veranderinge in die rigting en speod van die kop se bewegingen. 2. die makulas in die sakkulus en die utrikulus word deur verndering van die kop se posisie gestimuleer wanneer gestimuleer, sal die kristae en die makulae die stimuli omskakel in senuwee- impulse. die senuwee-impulse word gelei na die serebellum waar dit geïnterpreteer word. die serebellum stuur dan impulse via motoriese neurone na die skeletspiere om balans te herstel.
27
Beskryf die funskionering van die menslike oor om balans te handhaaf. verandering in rigting en spoed van die kop. (gimnastiek)
veranderinge in die rigting en spoed van die kop wat die kristae stimuleer in die halfsirkelvormige kanale. die stimuli word na senuwee-impulse omgeskakel, wat met die gehoorsenuwee vervoer word, na die serbellum vir interpretasie wat impulse na die spiere stuur om balans te handhaaf.
28
Beskryf die funskionering van die menslike oor om balans te handhaaf. wat gebeur wanneer jy jou kop draai? (kyk van links na regs)
verandering in die posisie van die kop stimuleer die makulas in die sakkulus en utrikulus die stimuli word na senuwee-impulse omgeskakel wat met die gehorsenuwee vervoer word na die serbellum vir interpretasie wat impulse na die spiere stuur om balans te handhaaf
29
Gehoordefekte.
Middeloorinfeksie: oorsaak: oortollige vloeistof in die middeloor wat deur patogene veroorsaak word. behandeling: implanting van dreinerings buisies (grommets) - antibiotika Doofheid: oorsaak: beserings aan dele van die oor, opeenhopings of verharding van oorwas, verharding van oorweefsel. behandeling: gehoorapparate, kogleêre inplantings.
30
Veelvuldige/ Meervoudige sklerose.
Dit is ‘n progressief degeneratiewe siekte van die sentrale senuweestelsel. Dit sluit die brein, optiese senuwee en rugmurg in. Oorsaak: * Vind plaas wanneer die immuunstelsel van die liggaam die miëlienskede van neurone vernietig. * Onthou dat die miëlienskede die senuweevesels isoleer en die geleiding van senuwee-impulse versnel. Simptome: * Verlies aan spierbeheer * Verlies aan koördinasie in alle liggaamsdele * Probleme met sig * Tintelingsensasie en dooie gevoel * Spierswakheid