Groepsdruk en Probleemoplossing Flashcards
(14 cards)
Wat is groepsdruk?
Druk van maats of ander mense wat so oud is soos jy om iets te doen.
Wie is jou portuurgroep?
Maats wat so oud is soos jy
Wanneer/Hoekom gebeur groepsdruk?
Groepsdruk vind plaas as ‘n mens deur ander liefgehê en aanvaar wil word
Is groepsdruk altyd negatief?
Nee dit kan positief of negatief wees.
Ben vra jou om speletjies te speel om Jano te terg. Dit is ‘n voorbeeld van watter tipe groepsdruk?
Negatiewe groepsdruk
Ruben sê jy moet vanmiddag saam met hom kom hardloop en jou hokkie span saam bring om fiks te raak. Watter tipe groepsdruk is die?
Positiewe gropetsdruk - motiveer jou om harder te probeer en beter te doen
Wat beteken die woord “bemiddeling”?
Dit is wanneer ‘n objektiewe mens (iemand nie by dit betrokke nie) optree as vredemaker tussen twee mense wat van mekaar verskil bv mamma as Ben en Tjaart baklei oor Fortnite
Wat is konflik?
Wanneer twee of meer mense nie oor iets saam stem nie (stry oor iets)
Hoe kan ons konflik oplos en vrede bewaar?
Deur bemiddelingsvaardighede aan te leer
Hoe help ‘n bemiddelaar om konflik op te los?
Die bemiddelaar help mense om mekaar se standpunte in te sien en so die konflik op te los
Iemand druk voor jou in by die snoepie. Wat gaan jy doen om konflik op te los?
Sê: jammer ek is seker jy is honger vandag, maar ons staan almal in die ry. Moet asb nie weer voor my indruk nie.
Noem ‘n paar bemiddelingsvaardighede wat kan help om konfilk op te los?
- Gaan ‘n kompromis aan
- Aanvaar verantwoordelikeheid vir jou optrede
- Leer om ‘n goeie luisteraar te wees.
Wat beteken dit om ‘n kompromis aan te gaan?
Om vrede bewaar moet jy soms saam met ander mense werk. Vind ‘n oplossing tussen wat JY wil hê en wat IEMAND ANDERS wil he.
Noem dinge wat ‘n goeie luisteraar doen en help om vrede te bewaar.
- Kyk na die persoon, behou oogkontak
- Moet nie die persoon onderbreek nie (nie in rede val nie)
- Maak bewegings wat wys dat jy luister (knik of skud jou kop)