Menseregte Flashcards
(14 cards)
Reg: Gelykheid
Almal is gelyk voor die wet, ongeag kleur, geslag, taal of oortuigings.
Reg: Menswaardigheid
Jy het selfrespek en niemand mag dit van jou wegneem nie.
Reg: Lewe
Geen doodstraf vir ernstige oortredings nie – slegs lewenslange tronkstraf.
Reg: Vryheid en sekuriteit van die persoon
Jy moet verhoor word voor jy tronk toe gaan; geen marteling of mishandeling in tronke nie.
Reg: Slawerny, knegskap en dwangarbeid
Geen werk voor 15 jaar nie; minimum loon moet betaal word.
Reg: Privaatheid
Jou persoonlike inligting bly privaat.
Reg: Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening
Jy mag self kies wat jy glo en waarin jy glo.
Reg: Vryheid van uitdrukking
Jy en die media mag idees vrylik uitspreek.
Reg: Vryheid van beweging en verblyf
Jy het reg op ’n paspoort en ID; jy mag self besluit waar om te woon.
Reg: Omgewing
Vullis mag nie in riviere en onvanpaste plekke gestort word nie.
Reg: Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike veiligheid
Die regering moet dienste soos skoon water, elektrisiteit, klinieke en hospitale voorsien. Mense kry toelaes om te kan oorleef.
Reg: Kinders
Kinders het reg op onderwys en mediese sorg.
Reg: Onderwys
Genoeg skole en onderwysers moet beskikbaar wees vir almal.
Reg: Taal en kultuur
Jy mag jou eie taal en kultuur uitleef.