Slawerny in die suide van Amerika Flashcards
(19 cards)
Wat is kolonies?
Grondgebied wat deur ’n ander land oorgeneem en beheer word.
Wie is setlaars?
Mense wat in ’n ander land gaan woon.
Wat is plantasies?
Groot plase wat baie arbeiders gebruik en waar gewasse soos katoen, suikerriet en koffie geplant word.
Wat beteken winsgewend?
Iets wat die meeste geld inbring.
Wat is forte?
Sterk geboue wat gebou is om teen vyande te beskerm.
Wie is handelaars?
Mense wat goedere koop en verkoop.
Wat is eiendom?
Iets wat jy het of besit.
Wat beteken vervaardig?
Om iets te maak, dikwels in ’n fabriek met masjiene.
Wat het Europese ontdekkingsreisigers in die 15de en 16de eeu gedoen?
Hulle het na verskillende dele van die wêreld begin reis.
Hoe het Europese lande ryk geword?
Deur handel te dryf met Afrika, Amerika en Asië.
Wat het Europeërs met inheemse bevolkings gedoen?
Hulle het oorlog gemaak en hul grond oorgeneem.
Waarom het Europeërs nedersettings en kolonies begin stig?
Om handel te dryf, grond oor te neem, en setlaars daarheen te stuur.
Waarom het die Europese lande soos Spanje, Portugal en Frankryk slawe nodig gehad?
Hulle het plantasies in Suid-Amerika en die Wes-Indiese Eilande aangelê en baie werkers benodig.
Wat het die Portugese oorspronklik uit Afrika gekoop voordat hulle met slawehandel begin het?
Goud en ivoor.
Wat het van die 15de tot die 19de eeu met miljoene Afrikane gebeur?
Hulle is as slawe geneem om in plantasies in die Amerikas te werk.
Hoe is slawe in Wes-Afrika gevang en verkoop?
Mense is op landerye gevang, in kettings vasgebind, na die kus geneem en aan Europese handelaars verkoop.
Wat is slawe in Wes-Afrika vir verruil?
Gewere, ysterstawe en materiaal.
Waar is slawe gehou voordat hulle op skepe gelaai is?
In forte langs die kus, waar baie van hulle weens slegte omstandighede gesterf het.
Wat was die toestande op slaweskepe?
Slawe is vasgeketting in klein ruimtes, het min kos gekry, en omtrent ’n kwart het tydens die vaart na Amerika gesterf.