6. Voorlopige Belasting Flashcards

1
Q

WIE BETAAL VOORLOPIGE BELASTING?

A
  • In kort: enige natuurlike persoon wat ander inkomste verdien as besoldiging (soos ‘n salaris).
  • Maatskappye en Trusts betaal ook VB.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

NOEM 3 WIE NIE VOORLOPIGE BELASTING BETAAL NIE?

A
  • Sekere publieke weldaadsorganisasies (PBO’s) goedgekeur deur SARS;
  • Ontspanningsklubs goedgekeur deur SARS;
  • Body Corporates
  • Buitelandse skip of vliegtuig operateurs
  • Klein besigheid befondsing entiteit
  • Boedels
  • Natuurlike persone wat nie handel dryf nie en ook nie die belastingdrempel oorskry nie; of as belasbare inkomste bestaan uit rente, buitelandse dividende en huurinkomste vanaf vaste eiendomme wat nie R30 000 oorskry nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

WANNEER BETAAL NATUURLIKE PERSONE HIERDIE BELASTING?

A
  • Moet: 1ste betaling geskied binne die eerste 6maande voor die JVA = 31 Augustus
  • Moet: 2de betaling geskied voor of op die laaste dag van die JVA = 28 Februarie
  • Opsie: 3de betaling te doen voor of op 30 September na die einde van die JVA.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Hoe word die 1ste betaling bereken?

A

 1ste betaling gebaseer op helfte van die normale belasting betaalbaar op die totale beraamde belasbare inkomste = BETER BEKEND AS DIE BASIESE BEDRAG
 Minus: werknemersbelasting
 Minus: belasting wat betaalbaar is aan buitelandse regerings wat kwalifiseer vir ‘n korting ingevolge artikel 6quat
 Let op: Gewoonlik mag die beraming nie minder as die basiese bedrag wees nie (tensy buitengewone omstandighede)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoe word die Basiese bedrag (BB) bereken?

A

Belasbare inkomste soos geassesseer deur SARS in die vorige JVA
Minus: belasbare kapitaalwins
Minus: belasbare deel van die aftreefonds enkelbedrae/onttrekkings/skeidingspakkette
Minus: bedrae t.o.v. afdankings/verliese/kansellasie van indiensneming wat moontlik in die belasbare inkomste ingesluit was ingevolge bruto inkomste definisie par (d).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Om die BASIESE BEDRAG te bereken moet daar TWEE reëls in ag geneem word:

Wat is die twee reels?

A

A. Die 14-dag reël

B. Die > 18 maande reël

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

A. Die 14-dag reël

A

Die vorige JVA se assessering, wat uitgereik was deur SARS = moet ten minste 14 dae wees, voor die datum waarop die eerste voorlopige belasting betaling gemaak moet word (31 Augustus elke jaar)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

B. Die > 18 maande reël

A

Die basiese bedrag sal aangepas word met 8% as die skatting gemaak word op ‘n geassesseerde belasbare inkomste wat ouer is as 18 maande na die einde van die jongste voorafgaande jaar van aanslag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Voorbeeld A
Veronderstel ons moet die BB bereken vir die 31 Augustus 2023 voorlopige betaling (6 maande voor 28 Feb 2024) – maar die enigste vorige JVA se assessering wat uitgereik was, was op 28 Feb 2022 = Hierdie is op die kop 18 maande. Hoekom?

A

Want: 28 Feb 2023 tot 31 Augustus 2023 = 6mde
Plus: 28 Feb 2022 tot 28 Feb 2023 = 12 mde
Totaal = 18 mde!!
Dus die BB hoef nie verhoog te word met 8% nie, want dit moes MEER as 18mde gewees het, en hier was dit presies 18 maande.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Voorbeeld B
Veronderstel ons moet die 2de voorlopige belasting betaling doen (dus 28 Feb 2024) en steeds is die enigste vorige JVA se assessering wat uitgereik was deur SARS die ene van 28 Feb 2022. Gaan die BB met 8% verhoog? JA – Hoekom?

A

Want: Die tydperk van 28 Feb 2022 tot 28 Feb 2024 = 24 maande
En: 24 maande > 18 maande
Dus: BB gaan met 8% + 8% = 16% verhoog want die verhoging gebeur per JVA.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

VOORBEELD 1
Saak A:
* Die kennisgewing van aanslag (ITA34) vir die 2023-belastingjaar van aanslag is op 15 Augustus 2023 uitgereik wat ‘n belasbare inkomste van R180 000 aandui.
* Die kennisgewing van aanslag (ITA34) vir die 2022-belastingjaar van aanslag is op 1 Februarie 2023 uitgereik wat ‘n belasbare inkomste van R150 000 aandui.
Saak B:
* Die kennisgewing van aanslag vir die 2023-belastingjaaraanslag is op 19 Augustus 2023 uitgereik wat ‘n belasbare inkomste van R180 0000 aandui.
* Die kennisgewing van aanslag vir die 2022-belastingjaar van aanslag is op 1 Februarie 2023 uitgereik wat ‘n belasbare inkomste van R150 000 aandui.
Saak C:
Die kennisgewing van aanslag vir die 2023-belasting jaar van aanslag is op 25 Augustus 2023 uitgereik wat ‘n belasbare inkomste van R180 000 aandui.
Die kennisgewing van aanslag vir die 2022-belastingjaar van aanslag is nog nie uitgereik nie.
Die kennisgewing van aanslag vir die 2021-jaar van aanslag is op 1 Januarie 2022 uitgereik, wat dui op ‘n belasbare inkomstebedrag van R100 000.
Van u word verlang om
om te bepaal of die basiese bedrag verhoog sal word ten opsigte van die 18-maande-reël vir die belastingbetaler se eerste voorlopige belastingbetaling ten opsigte van die 2024-jaar van aanslag vir elk van die bogenoemde gevalle.
Let wel: ‘n kennisgewing van aanslag is wanneer mens die opgawe vir die JVA indien by SARS en dan op die ITA34 laat weet hulle mens of jy geld gaan terug kry of moet jy in betaal.

A

VOORBEELD 1 – OPLOSSING
Saak A
Die sperdatum vir die indiening van die eerste voorlopige belastingopgawe vir 2023 is 31 Augustus 2023.
* Die aanslag vir 2023 is 16 dae (16-31 Aug 2023) voor die indiening van die voorlopige belastingberaming uitgereik wat dus meer as 14 dae is voor die datum is waarop die beraming benodig word vir die eerste betaling. Aangesien dit aan die 14-dae-reël voldoen, is die jongste voorafgaande jaar van aanslag die 2023-belastingjaar.
* Die skatting word nie meer as 18 maande na die einde van die jongste voorafgaande jaar van aanslag gemaak nie (28 Feb 2022 tot 31 Aug 2023 = op die kop 18 maande)
Gevolgtrekking:
* Die basiese bedragaanpassing van 8% sal dus nie in ag geneem word by die bepaling van die basiese bedrag vir die eerste voorlopige betaling vir 2024 nie.
Saak B
* Die sperdatum vir die indiening van die 1ste voorlopige opgawe vir 2024 is 31 Aug 2023.
* Die 2023-jaar van aanslag is uitgereik 12 dae (20-31Aug 2023) voor die datum waarop die voorlopige belasting skatting ingedien is - wat dus 14 dae minder is, voor die datum waarop die beraming benodig word vir die eerste betaling. Aangesien die 2023-aanslag dus nie aan die 14-dae-reel voldoen nie, is die jongste geassesseerde voorafgaande jaar van aanslag die 2022-belastingjaar.
* Die skatting word nie meer as 18 maande na die einde van die jongste voorafgaande jaar gemaak nie (vergelyk 31 Augustus 2023 met 28 Februarie 2022 (presies 18 maande).
Gevolgtrekking
* Daarom sal die basiese bedragaanpassing van 8% nie toegepas word nie.
Saak C
* Die sperdatum vir die indiening van die eerste voorlopige belastingopgawe vir 2024 is 31 Augustus 2023.
* Die 2023-jaar van aanslag is 6 dae voor die datum waarop die voorlopige belastingskatting ingedien is, uitgereik. Die 2023-assessering voldoen dus nie aan die 14-dae-reel nie en kan die 2023-assessering nie as die basiese bedrag gebruik word nie. Aangesien die 2022-jaar van aanslag nog nie uitgereik is nie, is die jongste geassesseerde voorafgaande jaar van aanslag die 2021-belastingjaar van aanslag.
* Die skatting word meer as 18 maande na die einde van die jongste voorafgaande jaar gemaak (vergelyk 31 Augustus 2023 met 28 Februarie 2021).
Gevolgtrekking
Daarom sal die basiese bedragverhoging van 8% van toepassing wees.
Die basiese bedrag word aangepas met 8% vir elke jaar vanaf die einde van die jaar van beoordeling van die jongste voorafgaande jaar tot aan die einde van die jaar van aanslag van die jaar waarvoor die skatting gemaak word. * Die belasbare inkomste vir 2021 sal in totaal met 24% styg.
R100 000 × (8%x3) = R124 000

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

BEREKENING VAN DIE 1ste VOORLOPIGE BELASTING BETALING

A

Stap 1: Bepaal die basiese bedrag (Hoogste tussen BB en beraamde belasbare inkomste)
Stap 2: Bereken die belasting vir die jaar (belastingskaal bedrag – korting – medies)
Stap 3: (Stap 2) ÷ 2 = Bedrag betaalbaar vir voorlopige belasting
Stap 4: Minus WNB wat betaal was in die eerste 6 mde van die huidige JVA
Stap 5: Minus buitelandse belasting betaal (artikel 6quat)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

VOORBEELD 2
Daniel is 51 jaar oud en het sy IRP6 vanaf SARS aangevra. Dit het aangedui dat sy jongste voorafgaande aanslag was in 2021. Die belasbare inkomste op die IRP6 was R220 000 en die basiese bedrag was R255 200. Hy het hierdie basiese bedrag so aanvaar.
Hy het sy belasbare inkomste beraam vir die huidige jaar van aanslag op R230 000. Sy werkgewer het vir die eerste ses maande van die jaar se werknemersbelasting afgetrek van sy salaris wat in totaal R14 500 was. Hy het nie aan enige mediese fonds behoort nie.
Van u word verlang
Om sy eerste voorlopige belasting betaling te bereken.

A

Basiese bedrag (BB) is die hoogste van:
* Basiese bedrag van R255 000; of
* Beraming van belasbare inkomste op IRP6 van R220 000
(Die hoogste ene word gekies want as die bedrag te laag is en SARS kom agter jou basiese bedrag was te laag kan daar gevolge wees in die vorm van boetes en rente)
(So dit was reg van Daniel om die R255 200 as BB te aanvaar.

Belasting volgens die skale: R42 678 + [26% x (R255 200 – R237 100)] = R47 384

Minus: Primêre korting = (R17 235)

Belasting vir die volle jaar (vir 12 maande) = R30 149

Helfte (50%) van die belasting (vir 6 maande) = R15 075

Toelaatbare aftrekkings:
Minus: WNB (vir 6 maande) = (R14500)
Minus: buitelandse belasting

Eerste voorlopige belasting betaling = R575

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

TWEEDE VOORLOPIGE BELASTING BETALING

A

 Betaalbaar voor of op 28 Februarie = laaste dag van die JVA.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

o BP met belasbare inkomste (BI) < R1 miljoen vir die huidige JVA

A

Let wel: BI (+ belasbare kapitaalwins)
Boetes sal nie gehef word nie indien die beraming vir die BI:
>= Basiese bedrag; of
>= 90% van die werklike BI vir die JVA is
*As ‘n beraming gebruik word vir die 2de betaling en die beraming is minder as 90% van [werklike BI + BB] dan sal SARS ‘n 20% boete hef op die tekort.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

o BP met belasbare inkomste (BI) > R1 miljoen vir die huidige JVA

A

Let wel: gebaseer op ‘n beraming van die BP se BI (+belasbare kapitaalwins) vir die JVA
Boetes sal nie gehef word nie indien die beraming vir die BI:
>= 80% van die werklike BI

*As ‘n beraming gebruik word vir die 2de betaling en die beraming is minder as 80% van die [werklike BI] dan sal SARS ‘n 20% boete hef op die tekort indien dit opsetlik of kwaadwillig gedoen was. Hierdie is ‘n boete waar SARS sy diskresie kan toepas.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

BEREKENING VAN DIE 2de VOORLOPIGE BELASTING BETALING

A

Stap 1: Bepaal die beraamde belasbare inkomste
Stap 2: Bereken die belasting vir die jaar
Stap 3: Minus: WNB vir die huidige JVA
Stap 4: Minus: buitelandse belasting betaal
Stap 5: Minus: 1ste voorlopige belasting betaling

18
Q

VOORBEELD 3

Eerste voorlopige belasting betaling
Nerina maak haar eerste voorlopige belasting betaling op 31 Augustus 2023 ter waarde van R190 000. Haar basiese bedrag was R1 500 000.

Tweede voorlopige belasting betaling
Nerina dien haar tweede voorlopige belasting opgawe in vir die 2024 jaar van aanslag en sy betaal R194 673. Sy was 38 jaar oud op daardie stadium. Sy het beraam dat haar belasbare inkomste vir die 2024 jaar van aanslag R1 200 000 is en gebruik hierdie beraming vir haar tweede voorlopige belasting betaling.

Ontvang die 2024 JVA aanslag vanaf die Ontvanger van Inkomste
Sy ontvang haar aanslag vanaf SARS vir die 2024 jaar van aanslag op 15 November 2024, wat aangedui het dat haar finale geassesseerde belasbare inkomste (ook genoem werklike belasbare inkomste) vir die jaar R1 650 000 was.

VAN U WORD VERLANG OM
Te bepaal of Nerina onderhewig sal wees aan ‘n boete. U kan aanvaar dat sy nie kwalifiseer vir enige mediese krediete nie.
Bron: SILKE 2023 – Voorlopige belasting voorbeelde

A

VOORBEELD 3 - OPLOSSING
Die wet vereis
Dat vir belasbare inkomstes meer as R1m moet die beraming ten minste 80% of meer wees van die werklike belasbare inkomste.

Toepassing van die wet
Nerina se belasbare inkomste (R1 650 000) is > R1miljoen vir die jaar.

Dus: haar minimum bedrag moet soos volg bereken word:
Haar beraming (R1 200 000) moet ten minste >=80% van haar werklike belasbare inkomste wees om ‘n boete te vermy:
= R1 650 000 (werklike) x 80%
= R1 320 000

Gevolgtrekking
Haar beraming was egter R1 200 000 wat < is as R1 320 000 en daarom sal sy ‘n boete ontvang vanaf SARS.

19
Q

VOORBEELD 4
Eerste voorlopige belasting betaling
Sy basiese bedrag was R450 000. Sy eerste betaling was op 31 Augustus 2023 gemaak en dit was R40 000.

Tweede voorlopige belasting betaling
Coenie dien sy 2de voorlopige belasting betaling in by SARS op 28 Februarie 2024 vir die 2024 jaar van aanslag en betaal R34 100. Hy was 32 jaar oud op daardie stadium. Hy het beraam dat sy belasbare inkomste vir die 2024 JVA R400 000 gaan wees en gebruik toe hierdie skatting vir sy 2de voorlopige betaling.

Ontvang die 2024 JVA aanslag vanaf die Ontvanger van Inkomste
Hy ontvang ook sy finale geassesseerde belasbare inkomste vanaf SARS op 15 November 2024 wat aangedui het dat dit R480 000 is.

VAN U WORD VERLANG OM
Te bepaal of Coenie moontlik ‘n boete vanaf SARS gaan ontvang, al dan nie. U kan aanvaar dat daar geen mediese krediete was waarvoor hy gekwalifiseer het nie.

A

VOORBEELD 4 - OPLOSSING
Die wet vereis:
As ‘n belasbare inkomste kleiner is as R1 miljoen, sal ‘n individu nie ‘n boete van SARS ontvang nie, indien sy beraamde belasbare inkomste:
>= basiese bedrag; of
>= 90% van sy werklike belasbare inkomste
Toepassing:
Die beraamde belasbare inkomste was R400 000 wat kleiner as R1 miljoen is.
Coenie sal nie onderhewig wees aan ‘n boete vanaf SARS nie, indien sy beraamde belasbare inkomste (R400 000):
1. >= Basiese bedrag (R450 000); Voldoen nie aan die vereiste nie want R400 000 < R450 000. OF
2. >= 90% van werklike belasbare inkomste. 90% x R480 000 = R432 000. Voldoen nie aan die vereiste nie want R400 000 < R432 000.
Gevolgtrekking
Hy voldoen nie aan die vereistes van die minimum bedrag nie en daarom sal Coenie ‘n boete van SARS ontvang.

20
Q

VOORBEELD 5
Demi-Lee is 51 jaar oud en het sy IRP6 vanaf SARS aangevra. Dit het aangedui dat haar jongste voorafgaande aanslag was in 2021 en die belasbare inkomste en die basiese bedrag op die IRP6 was R255 200. Sy het haar basiese bedrag aanvaar.
Sy het sy belasbare inkomste beraam vir die huidige jaar van aanslag op R260 000 op 28 Februarie 2024. Haar werkgewer het vir die eerste ses maande van die jaar se werknemersbelasting afgetrek van haar salaris wat in totaal R30 000 was. Sy het nie aan enige mediese fonds behoort nie, maar het buitelandse belasting betaal wat kwalifiseer vir ‘n korting van R500. Haar eerste voorlopige belasting betaling was R2 171.
Van u word verlang om
Te bereken wat haar tweede voorlopige belasting betaling sal wees.

A

Beraming van die belasbare inkomste was R255 200
Die minimum bedrag:
>= basiese bedrag van R255 200 (A); of
>= 90% x R260 000 [90% van werklike BI] = R234 000 (B)
Dus voldoen sy aan (A) so dan is die “minimum bedrag” die R255 200 wat ook die belasbare inkomste is.
= R255 200

Belastingskaal: 26% skaal: R42 678 + [26% x (R255 200 – R237 100)
=R47 384

Minus: Primêre korting
=(R17 235)

Belasting vir 12 maande
=R30 149

Minus: Vooruitbetaalde belasting
- Werknemersbelasting (WNB) =(R30 000)
- Buitelandse belasting betaal = (R500)
- Eerste voorlopige belasting betaling = (R2 171)

Tweede voorlopige belasting betaling (Beperk tot R0) Mag nie negatief wees nie, want mens ontvang nie ‘n refund van SARS nie.

21
Q

DERDE VOORLOPIGE BELASTING BETALING

A

 Die 3de betaling is ‘n vrywillige betaling

22
Q

Vraag: Wat is die aard van die derde betaling van voorlopige belasting?

A

Antwoord: Die derde betaling is ‘n vrywillige betaling.

23
Q

Vraag: Waarom maak belastingbetalers gewoonlik die derde betaling van voorlopige belasting?

A

Antwoord: Om te vermy dat rente gehef word deur SARS.

24
Q

Vraag: Wanneer word rente gehef op uitstaande belasting vir die JVA?

A

Rente word gehef op die uitstaande belasting vir die JVA as individue ‘n belasbare inkomste (ingesluit kapitale wins) van meer as R50 000 gehad het.

25
Q

Waarop is die derde betaling van voorlopige belasting gebaseer?

A

Die derde betaling is gebaseer op die werklike belasbare inkomste vir die JVA.

26
Q

Binne watter tyd moet die derde betaling van voorlopige belasting gedoen word?

A

Die betaling moet binne 7 maande na 28 Februarie gedoen word deur individue.

27
Q

Is daar ‘n opgawe om in te vul vir die derde betaling van voorlopige belasting?

A

Nee, daar is geen opgawe om in te vul nie.

28
Q

BEREKENING VAN DIE 3 de VOORLOPIGE BELASTING BETALING

A

Stap 1: Bepaal die belasbare inkomste vir die JVA (ingesluit kapitaalwins)
Stap 2: Bereken die belasting vir die 3de betaling (belastingskaal bedrag – korting – medies)
Stap 3: Minus die WNB
Stap 4: Minus buitelandse belasting betaal
Stap 5: Minus die 1ste voorlopige belasting betaling
Stap 6: Minus die 2de voorlopige belasting betaling

29
Q

VOORBEELD 6
Peter Black (48 jaar oud) se jongste assesseringsjaar waarvoor hy geassesseer is, is die 2023-jaar van assessering. Die belasbare inkomste op die IRP6 en die basiese bedrag is R371 200. Peter het sy belasbare inkomste vir die huidige jaar van aanslag op R380 000 bereken. Sy werkgewer het werknemersbelasting ten bedrae van R58 895 van sy salaris vir die huidige jaar van aanslag afgetrek. Peter het buitelandse belasting ten bedrae van R250 betaal. Peter het ‘n eerste voorlopige betaling van R4 564 en ‘n tweede voorlopige betaling van R1 064 gemaak.
VAN U WORD VERLANG OM
Bereken die bedrag wat Peter as sy derde voorlopige betaling moet betaal as hy geen rente wil betaal nie.

A

Belasbare inkomste R380 000

Belastingskaal: 31% skaal: R77 362 + [31% x (R380 000 – 370 500)] R80 307

Minus: Primêre korting (R17 235)

Belasting vir 12 maande R63 072

Minus: Vooruitbetaalde belasting
- Werknemersbelasting (WNB) (R58 895)
- Buitelandse belasting betaal (R250)
- Eerste voorlopige belasting betaling (R4 564)
- Tweede voorlopige belasting betaling (R1 064)

Derde voorlopige belasting betaling betaalbaar (Beperk tot R0) R0

30
Q

Kies die belastingpligtige(s) wat voorlopige belasting moet betaal.

i. Natuurlike persone wat ander inkomste bo R30 000 ontvang, behalwe ʼn besoldiging ontvang

ii. Natuurlike persone wat nie handel dryf nie

iii. Natuurlike persone wat nie die belastingdrempel oorskry nie

iv. Boedels

v. Maatskappye

vi. Trusts

vii. Buitelandse vliegtuig operateurs

Question 11Answer

(i), (ii), (v) en (vi)

Slegs (i)

(i), (v) en (vi)

(i) tot (vii)

(i) tot (vi)

A

(i), (v) en (vi)

31
Q

U kan aanvaar dat voorlopige belasting betalings in die volgende orde moet plaasvind vir individue en maatskappye met ʼn jaareinde einde Februarie elk jaar. Die voorlopige belasting betalings sal op die volgende datums plaasvind

(1) Eerste betaling: 31 Augustus 2023

(2) Tweede betaling: 29 Februarie 2024

(3) Derde betaling: 30 September 2024

Kies die regte opsie t.o.v. die aard van voorlopige belasting betalings vir die 2024 jaar van aanslag.

Question 12Answer

(1) is verpligtend, (2) is verpligtend en (3) is verpligtend.

(1) is verpligtend, (2) is verpligtend en (3) is vrywillig.

(1) is verpligtend, (2) is vrywillig en (3) is verpligtend.

(1) is vrywillig, (2) is vrywillig en (3) is vrywillig.

A

(1) is verpligtend, (2) is verpligtend en (3) is vrywillig.

32
Q

Cecilia is ʼn voorlopige belasting betaler en moet haar eerste voorlopige belasting betaling aan die SAID maak op 31 Augustus 2023.

Haar aanslag vir die 2021 jaar van aanslag is op 1 Desember 2021 uitgereik.
Haar aanslag vir die 2022 jaar van aanslag is nog nie uitgereik nie.
Haar aanslag vir die 2023-belasting jaar is op 23 Augustus 2023 uitgereik.
Kies die mees korrekte stelling.

Question 13Answer

Die 2023-aanslag voldoen nie aan die 14-dag reël nie en daarom kan die aanslag nie gebruik word om die basiese bedrag te bepaal nie.

Die skatting van die basiese bedrag is minder as 18 maande na die einde vanaf die jongste voorafgaande jaar van aanslag.

Die jongste voorafgaande geassesseerde jaar van aanslag is die 2023 jaar van aanslag.

Die 2023-aanslag voldoen aan die 14-dag reël en daarom kan die aanslag gebruik word om die basiese bedrag te bepaal.

A

Die 2023-aanslag voldoen nie aan die 14-dag reël nie en daarom kan die aanslag nie gebruik word om die basiese bedrag te bepaal nie.

Die aanslag voldoen nie aan die 14 dag reel nie (want hy het die aanslag vanaf SAID slegs 8 dae (31 dae in Aug – 23 dae) voor 31 Aug ontvang) wat < 14 dae is.

Die jongste voorafgaande JVA is dus 2021, want SARS het die aanslag op 1 Des 2021 uitgereik en dus was hul belasbare inkomste aangeslaan.

Die skatting van die basiese bedrag geskied oor meer as 18 maande na die einde vanaf die jongste voorafgaande jaar van aanslag. (Vergelyk 28 Feb 2021 tot 31 Aug 2023 > 18 maande)

33
Q

Cristelle is ʼn voorlopige belasting betaler en moet haar eerste voorlopige belasting betaling aan die SAID maak op 31 Augustus 2023.

Haar aanslag vir die 2021 jaar van aanslag is op 31 Desember 2021 uitgereik.
Haar aanslag vir die 2022 jaar van aanslag is nog nie uitgereik nie.
Haar aanslag vir die 2023-belasting jaar is op 1 Augustus 2023 uitgereik.
Kies die mees korrekte stelling.

Question 14Answer

Die 2023-aanslag voldoen aan die 14-dag reël en daarom kan die aanslag gebruik word om die basiese bedrag te bepaal.

Die jongste voorafgaande geassesseerde jaar van aanslag is die 2023 jaar van aanslag.

Die skatting van die basiese bedrag is meer as 18 maande na die einde van die jongste voorafgaande jaar van aanslag.

Die 2023-aanslag voldoen nie aan die 14-dag reël nie en daarom kan die aanslag nie gebruik word om die basiese bedrag te bepaal nie.

A

Die 2023-aanslag voldoen aan die 14-dag reël en daarom kan die aanslag gebruik word om die basiese bedrag te bepaal.

34
Q

Jane (45 jaar oud) dien haar tweede voorlopige belasting opgawe in vir die 2024 jaar van aanslag en sy betaal R254 778 se belasting.

Sy het oorspronklik geskat dat haar belasbare inkomste vir die 2024 jaar van aanslag R889 557 is en het hierdie skatting vir haar tweede voorlopige belasting betaling gebruik. Sy ontvang haar aanslag vanaf die SAID vir die 2024 jaar van aanslag op 15 November 2024, wat aangedui het dat haar werklike belasbare inkomste vir die jaar van aanslag R1 760 000 was.

Aan watter een van die volgende vereistes moet Jane se geskatte belasbare inkomste voldoen, sodat die SAID geen boetes ophef nie?

Question 15Answer

Groter of gelyk aan 80% van haar werklike belasbare inkomste vir die jaar.

Kleiner of gelyk aan die basiese bedrag; of kleiner of gelyk aan 90% van die werklike belasbare inkomste vir die jaar.

Groter of gelyk aan die basiese bedrag; of groter of gelyk aan 90% van die werklike belasbare inkomste vir die jaar.

Kleiner of gelyk aan 80% van haar werklike belasbare inkomste vir die jaar.

A

Groter of gelyk aan 80% van haar werklike belasbare inkomste vir die jaar.

35
Q

Jane (45 jaar oud) dien haar tweede voorlopige belasting opgawe in vir die 2023 jaar van aanslag en sy betaal R254 778. Sy beraam dat haar belasbare inkomste vir die 2024 jaar van aanslag R889 557 is en gebruik hierdie skatting vir haar tweede voorlopige belasting betaling.

Haar basiese bedrag was R1 560 000. Haar eerste voorlopige belasting betaling was op 31 Augustus 2023 gemaak ter waarde van R190 000. Sy ontvang haar aanslag vanaf SARS vir die 2024 jaar van aanslag op 15 November 2024, wat aangedui het dat haar werklike belasbare inkomste vir die jaar R1 760 000 was.

VRAAG
Die minimum bedrag wat Jane se beraming van haar belasbare inkomste moet wees vir die 2024 jaar van aanslag is, R Answer 1 Question 16

Jane is dus ______ aan ʼn boete vanaf die SAID. (1 punt)

A

R1408000

onderhewig

36
Q

Fire Bpk. verkoop verwarmers wat veral tydens winter musiekfeeste gebruik word. Die maatskappy is nie ‘n kleinsakekorporasie soos omskryf in die Inkomstebelastingwet nie. Die jaar van aanslag eindig op 29 Februarie 2024.

Die volgende inligting is beskikbaar:

2021 15de April 2021 R2,900,000
2022 19 Aug 2023 R2,400,000
2023 31 jan 2024 R3,300,000
2024 Beraming R3,700,000
2024 20 Julie 2024 R4,900,000

Bereken die basiese bedrag wat gebruik moet word in die voorlopige belasting berekening vir die 2024 jaar van aanslag.

Die basiese bedrag is: R Answer 1 Question 17

A

Die basiese bedrag is die belasbare inkomste in die jongste voorafgaande jaar van aanslag.

2023 – was geassesseer maar kan nie gebruik want dit was eers op 31 Januarie 2023 uitgereik – dus die inligting was nie tot die maatskappy se beskikking teen die bepaling van die 1ste betaling nie (wat voor 31 Aug 2022 gemaak moet word).

2022 – was geasseseer, maar kan nie gebruik word nie, want dit voldoen nie aan die 14-dag reel nie (19 tot 31 Aug < 14 dae)

2021 – was geassesseer maar voldoen dit aan die 18 maande reel? Nee want 28 Feb 2020 tot 28 Feb 2023 is 3 jaar. Dus moet die 2020 ser werklike belasbare inkomste verhoog word met (8% x 3) 24%. R2 900 000 x 1.24 = R3 596 000

37
Q

Fire Bpk. verkoop verwarmers wat veral tydens winter musiekfeeste gebruik word. Die maatskappy is nie ‘n kleinsakekorporasie soos omskryf in die Inkomstebelastingwet nie. Die jaar van aanslag eindig op 29 Februarie 2024.

Die volgende inligting is beskikbaar:

2021 15de April 2021 R2,900,000
2022 19 Aug 2023 R2,400,000
2023 31 jan 2024 R3,300,000
2024 Beraming R3,700,000
2024 20 Julie 2024 R4,900,000

Indien u kan aanvaar dat die basiese bedrag R4 000 000 is, bereken die eerste voorlopige belasting betaling vir die 2024 jaar van aanslag.

Die eerste voorlopige belasting betaling is: R Answer 1 Question 18

A

Stap 1

4000 000 x 27%

= R1 080 000

Stap 2

R1 080 000 x 50% = R540 000

Stap 3

R1 080 000 - R540 000

= R540 000

38
Q

Fire Bpk. verkoop verwarmers wat veral tydens winter musiekfeeste gebruik word. Die maatskappy is nie ‘n kleinsakekorporasie soos omskryf in die Inkomstebelastingwet nie. Die jaar van aanslag eindig op 29 Februarie 2024.

Die volgende inligting is beskikbaar:

2021 15de April 2021 R2,900,000
2022 19 Aug 2023 R2,400,000
2023 31 jan 2024 R3,300,000
2024 Beraming R3,700,000
2024 20 Julie 2024 R4,900,000

Indien u kan aanvaar dat die eerste voorlopige belasting betaling R800 000 is, bereken die tweede voorlopige belasting betaling vir die 2024 jaar van aanslag.

Die tweede voorlopige belasting betaling is: R

A

Beraming = R3 700 000

@27% maatskappy belastingkoers = R999 000

Minus eerste betaling = (R800 000)

Tweede betaling is dus = R199 000

39
Q

Wat is die naam van die opgawe wat ingedien moet word by die SAID ten opsigte van voorlopige belasting?

Question 20Answer

IRP6

IRP4

IRP3

IRP5

A

IRP6

40
Q

Is die volgende stelling waar of vals:

“Maatskappye en individue het geen verpligting om vir voorlopige belasting by die SAID te registreer nie.”

Question 21Answer
Waar
Vals

A

Waar