7. Toelae van kapitale bates Flashcards
Kapitaaltoelaes is ‘n:
- vorm van verligting wat verleen word aan enige onderneming wat
- kwalifiserende kapitaaluitgawes aangegaan
- met die doel om te handel
- gedurende die jaar van aanslag.
Kapitaaltoelaes word toegestaan in die plek van waardetoelaag wat gewoonlik vir inkomstebelastingdoeleindes nie ʼn toelaatbare aftrekking is nie.
Wat is kapitaaluitgawes?
Fondse wat ʼn besigheid gebruik om fisiese bates te koop/verbeter/instandhou. Bv. fisiese bates soos eiendom aanleg en toerusting + Geboue
Herstelwerkkoste =
Aangegaan om ʼn bate weer in sy oorspronklike kondisie te kry.
So: dan mag die besigheid onmiddellik die aftrekking geniet ongeag of die bate besit of gehuur word.
Herstelwerkkoste kan slegs afgetrek word as daar aan die volgende voorwaardes voldoen word:
Dis werklik aangegaan;
In die huidige jaar van aanslag;
Vir bedryfsdoeleindes OF om inkomste daaruit te ontvang; en
Dit hou verwant met bates wat vir handel gebruik word.
Herstelwerkkoste van bates vir huishoudelike of privaat doeleindes kan:
NIE afgetrek word NIE.
Wat sluit herstelwerk uit, wat nie beskou word as herstelwerk nie?
Om ‘n bate te herstel wat ‘n inherente fout by aankoop gehad het, word nie beskou as herstelwerk nie.
Hoe word “verbeteringskoste” in die teks omskryf?
Verbeteringskoste is uitgawes wat aangegaan word om die inkomstegenererende kapasiteit van ‘n bate te verhoog en die bate te verbeter.
Wat is die gevolg vir besighede met betrekking tot verbeteringskoste?
Kapitaaltoelaag is van toepassing op verbeteringskoste, wat beteken dat besighede nie die koste as aftrekking kan kry nie, omdat dit van kapitaalaard is.