B- Newton se wette Flashcards
(19 cards)
Definisie +Voorbeelde :
Nie - kontakkragte
Def. : N Krag wat oor n afstand uitgeoefen word sonder fisiese kontak.
°Elektrostatiese krag
° Gravitasiekrag
°Magneties krag
Definisie +Voorbeelde :
Kontakkrag
N Krag wat uitgeoefen word tussen 2 voorwerpe wat in kontak is.
°Toegepastekrag
°Spanningskrag
°Wrywingskrag
°Normaalkrag
Definisie:
Gewig
Die gravitasiekrag wat die aarde op enige voorwerp op of naby sy oppervlak.
Definisie
Normaalkrag (Fn)
Die loodregte krag uitgeoefen deur n oppervlak op n voorwerp wat daarmee in kontak is.
Definisie
Wrywingskrag
Die krag wat die die beweeging van n voorwerp teenstaan en parralel aan die oppervlakte inwerk waarmee die voorwerp in kontak is.
Definisie
Statiese Wrywing (fs)
Is die wrywing wat die beweging van n stilstaande voorwerp teenstaan.
fsmaks=Grootte van wrywingskrag wanneer voorwerp net begin beweeg.
Definisie
Kinetiese wrywingskrag
Is die wrywingskrag wat die beweging van n nie stilstaande voorwrrp teen werk
Kinetiese wrywingskrag bly konstant
Definisie
Newton se eerste wet
N Voorwerp bly in rus of hou aan om teen n konstante snelheid te beweeg tensy n netto/resulterende krag daarop inwerk.
Definisie
Traagheid
Die eienskap van n voorwerp wat veroorsaak dat dit n verandering in sy toestand van rus of uniforme beweging teenstaan.
Definisie
newton se tweede wet
As daar n resulterende krag op n voorwerp inwerk sal die voorwerp in die rigting van die resulterende krag versnel. Die versnelling is direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massas van die voorwerp.
Fnet=ma
Definisie
Newton se Derde wet
As liggaam A n krag uitoefen op liggaam B dan sal liggaam B gelyktydig ‘n krag uitoefen op Liggam A. Die kragte is gelyk in grootte maar in die teenoorgestelde rigting.
Definisie
Newton se Gravitasie wet
Elke deeltjie met massa in die heelal trek elke ander deeltjie in die heelal aan met n krag wat direk eweredig is aan die produk van die massa en omgekeerd eweredig is aan die afstand tussen hulle middelpunte gekwadraat.
Definisie
Gravitasie veld
N Gebied in ruimte waar n massa n krag sal ondervind.
Definisie
Coulomb se wet
Die aantrekkings of afstotings krag tussen 2 ladings is direk eweredig aan die produk van die ladings en omgekeerd eweredig aan die afstand tussen hulle middelpunte gekwadreer.
Definisie
Elektriese Veld
N Gebied in die ruimte waarin n elektriese lading n krag ervaar. Die rigting van die elektriese veld by n punt is die rigting wat n positiewe toetslading sal beweeg as dit by daardie punt geplaas word.
Verduidelik die belangrikheid van n veiligheidsgordel in terme van Newton se eerste wet?
N Voorwerp sal altyd in rus bly of teen n konstante snelheid beweeg tensy daar n netto of resulterende krag daarop inwerk. Wanneer n motor skielik moet stop, sal n persoon binne die voertuig steeds teen n konstante snelheid voorentoe beweeg. Die persoon sal kontak maak met die voorruit van die motor sonder r n veiligheidsgordel, wat ernstige kopwonde kan veroorsaak. Die veiligheidsgordel tree op as n Toegepastekrag wat die voorwaartse beweeging van die persoon teewerk.
Wat is die effek van newton se tweede wet op n oorlaaide voertuig?
Volgens Newton se tweede wet is versnelling van ‘n voorwerp direk eweredig aan die Toegepastekrag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp. Indien ‘n voertuig oorlaai is sal die stop afstand toeneem wat kan lei tot ernstige ongelukke. Sodra die remme toegepas word sal die krag dieselfde bly,maar die toename in massa veroorsaak n afname in die negatiewe versnelling wat op sy beurt die tyd wat dit neem vir die voertuig om te stop, vergroot.
Newton se Derde wet gedurende n botsing?
Volgens Newton se Derde wet is die krag wat op twee voorwrrpe uitgeoefen word gelyk in grootr maar teenoorgestelde in rigting. Indien 2 voertuie betrokke is in die ongeluk sal beide dieselfde krag op mekaar uitoefen, ongeag van hulle massas.
Wat is fie verskil tussen G(Universele Gravitasiekonstante) en g(Gravitasiekrag )?
G-Universele Gravitasiekonstante
- Waarde van G help om massa van aarde te weet.
g-Versnelling agv swaartekrag
- Slegs konstante op aarde