LE 4: Bestuur Flashcards

(16 cards)

1
Q

Jy is aangestel as bestuurder van ‘n nuwe onderneming wat spesialiseer in e-handel.
Jou take sluit in die ontwikkeling van ‘n bestuurstrategie wat beide bestuur en
leierskap insluit. Gebruik die inligting hieronder om jou eie bestuursmodel te ontwerp
en toe te pas.

Verskil tussen bestuur en leierskap:
a. Skryf in jou eie woorde hoe jy leiding aan jou span sal gee om ‘n
gemeenskaplike visie te bereik.
b. Beskryf watter bestuursprosesse jy sal gebruik om die daaglikse take en
operasies te struktureer.

A

a. Leierskap:
Ek sal inspireer deur ‘n duidelike visie vir die onderneming te skep, wat fokus
op ‘n kliëntgesentreerde benadering en hoë gehalte diens. Ek sal gereeld
spanvergaderings hou waar ek hulle doelwitte verduidelik en hul insette vra,
sodat almal voel hulle dra by tot die groter prentjie.

b. Bestuur:
Ek sal ‘n gestruktureerde benadering volg deur werkskedules en duidelike
prosedures te implementeer. Ek sal hulpbronne beplan en koördineer, bv. die
gebruik van sagteware vir voorraadbestuur en kliëntediens, om operasionele
doeltreffendheid te verseker.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Rol van bestuurders:
a. Benoem en beskryf hoe jy ten minste een van Mintzberg se
interpersoonlike rolle, informasie rolle, en besluitnemende rolle sal
gebruik in jou bestuurstyl.

A
  1. Rol van bestuurders:
    a. Interpersoonlike rol - Leier:
    Ek sal my span motiveer deur werkverdeling te optimaliseer op grond van hul
    sterkpunte en deur erkenning te gee vir goeie prestasie, bv. maandelikse
    toekennings vir uitmuntendheid.

b. Informasie rol - Monitor:
Ek sal markneigings ontleed deur weeklikse verslae oor kliënteterugvoer en
verkoopsyfers te hersien om probleme vinnig te identifiseer.

c. Besluitnemende rol - Hulpbrontoekenner:
Ek sal begrotings en personeel toewys volgens prioriteite, bv. om ekstra hulpbronne
te kanaliseer na bemarking gedurende hoogseisoene.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

. Bemagtiging en delegasie:
a. Stel twee take voor wat jy aan werknemers sal delegeer en verduidelik
waarom dit effektief sal wees.
b. Lys twee strategieë wat jy sal gebruik om werknemers te bemagtig.

A

a. Take vir delegasie:
o Bestuur van kliëntediensnavrae: Ek sal dit aan ‘n opgeleide spanlid
oordra sodat ek op strategiese prioriteite kan fokus.
o Sosiale media-bemarking: Ek sal dit delegeer aan iemand wat kreatief
en tegnies vaardig is om innoverende veldtogte te skep.

Strategieë vir bemagtiging:
o Ek sal werknemers betrek by besluitneming, soos deur ideesessies
aan te bied vir die verbetering van werkprosesse.
o Ek sal gereelde opleidingsessies aanbied sodat werknemers nuwe
vaardighede kan aanleer en meer selfstandig kan funksioneer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Teorieë toepas:
a. Kies een klassieke bestuursmodel (Taylor of Weber) en beskryf hoe jy dit in
jou onderneming sal toepas.
b. Kies een kontemporêre bestuursmodel (bv. Herzberg, Maslow, of
Kontinenteits teorie) en verduidelik hoe dit jou bestuurstrategie sal aanvul

A

a. Klassieke bestuursmodel - Taylor se wetenskaplike bestuur:
Ek sal werkstudies gebruik om die mees effektiewe werksmetodes te
identifiseer, soos hoe om produkte vinniger te verpak sonder om kwaliteit te
verloor. Ek sal werknemers ook volgens ‘n prestasie-gebaseerde stelsel
beloon om produktiwiteit te verhoog.

b. Kontemporêre bestuursmodel - Herzberg se twee-faktor teorie:
Ek sal higiënefaktore aanspreek deur te sorg vir ‘n gesonde en gemaklike
werksomgewing, terwyl ek motiveringsfaktore inkorporeer deur uitdagende
projekte toe te ken wat werknemers die kans gee om te groei en erkenning te
kry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Evaluering:
Skryf ‘n kort paragraaf oor hoekom jy dink jou bestuursmodel suksesvol sal
wees.

A

Ek glo my bestuursmodel sal suksesvol wees omdat dit ‘n balans handhaaf
tussen gestruktureerde bestuur en inspirerende leierskap. Deur Taylor se
doeltreffendheid en Herzberg se motivering te kombineer, skep ek ‘n
omgewing waar werknemers gemotiveer is om hul beste te lewer terwyl ons
operasioneel sterk bly. Hierdie model is aanpasbaar en ondersteun
langtermyn sukses in ‘n mededingende mark.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verskil tussen bestuur en leierskap

A

leieskap
rigting en visie
inspireer mense om doelwitte te bereik
deur hulle bereidwilligheid
kan op alle vlakke in n organisasie plaasvind

bestuur
baie meer gestruktureerd is
dit behels die prosesse van beplanning, organiseering
bevelvoerdering, beheer om alles om doelwitte te bereik
meer taak gedrewe
en prosedure gedrewe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

intepersoonlike rolle

A

bestuurder kan n simbool figuur wees
leier wees
skakelbeampte wees

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

of informasionele rolle

A

kan die moniteerder wees
verspreider of woordvoerder

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

besluitnemende rolle aanneem

A

die enterpreneur
hanteerder van versteuring
die hulpbron toekenner
die onderhandelaar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Mag

A

vermoe om invloed uit te oefen
soos beloningsmag
dwang mag
kundigheid
gesag

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

plig

A

is om take uit te voer
en aanspreeklik te wees vir die resultate

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

bemagtig

A

wanneer jy werknemers meer automie en verantwoordelikheid gee
verbeter hulle motivering

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

delegasie

A

bestuurder se gesag word oorgedra
maar verantwoordelikheid bly steeds by die bestuurder

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

voordele van delegasie

A

tydsbestuur
beter besluitneming
en loopbaan ontwikkeling

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

uitdagings van delegasie

A

sommige bestuurders vrees om beheer te verloor
od dink hulle werknemers is nie vaardig genoeg om take te kan doen nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

om effektief te kan delegeer moet

A

mens duidelike perke van gesag tel
verseker dat die werknemers geskik is wat jy aanstel
vermei inmenging en volle gesag aan die werknemer gee