LE 4: Leierskap Flashcards
(31 cards)
Identifiseer ‘n Bekende Leier: Die gekose leier is Donald Trump, die
voormalige president van die Verenigde State van Amerika.
Analiseer Die Leier se Styl:
o Doelwitte:
Donald Trump fokus sterk op resultate en die handhawing van sy visie.
Hy is taak-georiënteerd en stel dikwels groot, ambisieuse doelwitte,
soos om die Amerikaanse ekonomie te versterk en internasionale
handelsooreenkomste te heronderhandel. Hierdie doelwitte toon ‘n
taakgedrewe benadering.
Verhoudings:
Trump is bekend vir sy direkte en soms kontroversiële kommunikasie.
Hy is minder emosioneel betrokke en dikwels meer selfgesentreerd in
sy benadering. Sy verhouding met spanlede en politieke vennote
wissel, en daar is gevalle waar hy sterk lojaliteit eis.
Leierskapstyl:
Sy styl neig sterk na die outokratiese benadering. Hy neem
beslissende aksies, beheer streng, en verwag dat ander sy besluite sal
volg. Dit is duidelik in sy “America First”-beleid, waar hy min ruimte
gelaat het vir kompromie of alternatiewe menings. Hierdie benadering
was effektief in sekere krisissituasies (bv. vinnige besluitneming oor
nasionale sekuriteit), maar het ook frustrasie veroorsaak, veral onder
sy teenstanders en sommige spanlede.
Teorie Toepassing:(bv. McGregor se Teorie X/Y, Fiedler se Kontinenteits teorie, of Adair se Aksie-georiënteerde Leierskap). Hoe goed pas die teorie by die leier se benadering?
McGregor se Teorie X pas goed by Trump se leierskapstyl. Hy
benader sy span (en dikwels kiesers) as mense wat beheer en rigting
benodig om doeltreffend te wees. Sy leierskapstyl weerspieël die
veronderstelling dat streng leiding en gereelde evaluasie nodig is om
resultate te lewer. Daarbenewens kan Trump se leierskapstyl ook
vergelyk word met Fiedler se Kontingensieteorie: sy taakgeoriënteerde
leierskap blyk meer effektief te wees in ongunstige situasies waar sterk
beheer nodig is.
- Skryf ‘n Kort Refleksie: Skryf ‘n paragraaf waarin jy verduidelik watter leierskapsbenadering jy persoonlik sou volg in ‘n situasie van jou keuse (bv. groepwerk, bestuur van ‘n projek, of in jou toekomsberoep). Verduidelik waarom
Kort Refleksie: Persoonlik sou ek ‘n demokratiese leierskapstyl verkies in ‘n
situasie soos groepwerk of projekbestuur. Hierdie styl bevorder
spanbetrokkenheid, innovasie, en samewerking. Ek glo dat mense meer
gemotiveerd is wanneer hul insette waardeer word en hulle deel voel van die
besluitnemingsproses. Hoewel ‘n outokratiese styl doeltreffend kan wees in
noodsituasies, wil ek konflik en frustrasie vermy deur die groep se deelname
en kreatiewe idees aan te moedig.
Gevolgtrekking:
Donald Trump se leierskapstyl toon duidelike trekke van outokratiese en
taakgeoriënteerde leierskap, wat soms voordelig en ander kere problematies kan
wees. ‘n Meer gebalanseerde benadering, soos demokratiese leierskap, kan in
sommige kontekste groter langtermyn sukses verseker.
Doelwitte
aktief en persoonlik betrokke by dit
Verhoudings
baie empatie en gee aandag aan die betekenis van aksies
Werks rolle
leiers soek veranderinge en nuwe geleenthede
Styl
Leier handel meer oor motivering en transformasie
effektiewe leiers
word gesien as die met fisiese persoonlikheids en sosiale eienskappe
hulle het hoe intellegensie, self vertroue
en hulle kan die bree prentjie sien
3 hoofstyle van leierskap
1 Outokraties
2 Demokraties
3 Laizer Faire
1 Outokraties
doen dit!
strenge beheer
kan frustrasie veroorsaak
2 Demokraties
hy se, kom ons almal werk saam
hier word besluite geneem met groeps betrokkenheid
bevorder innovasie en motivering
3 Laizer Faire
ek los dit oor aan jullle
kan tot ontenvredenheid lei
McGregor se teorie X en Y
X
focus op die autoritere bestuurstyl
wat se dat werkers is lui en hulle moet beheer word
Y
Demokratiese benadering
werkers is gemotiveer en selfstandig
demokratiese leierskap lei na
die meeste produktiwiteit en tevredenheid
Laizer Faire is
minder produktief
Outokraties veroorsaak
frustrasie
daars geen een beste manier van leierskap nie
hang af van die situasie, groeps behoeftes en die organisasie
n Goeie leier is
n Goeie leier is aanpasbaar en het n aanpasbare benadering om die beste resultate te lewer
Situationele leierskap teorie
daar is geen eenformige leierskapstyl is nie
Aksie-georienteerde leierskap
3 fokus areas
taak
groep
individue
leier moet balans vind tussen hierdie drie
om produktiwiteit
spanwerk en indivuale tevredenheid te bevorder
Fiedler se Kontinenteits teorie
leierskap styl meot pas by die regte situasie
fokus op die leier - lid verhouding