Onderwerp 4: Internasionale Handel Flashcards
(77 cards)
Internationale handel
Wisselwerking van die ekonomie t.o.v handel v g&d oor landsgrense en handhawing van ekonomiese betrekkinge
Wat is die 5 vraagredes hoekom internationale handel voorkom
1) Die grootte van die bevolking
2) Die inkomstevlakke van die bevolking
3) Styging van welvaart van die bevolking
4) Persoonlike smake en voorkeure
5) Verbruikspatrone
Hoe is die grootte van die bevolking ‘n vraagrede waarom internationale handel voorkom
Toename in bevolkingsgroei lei tot ‘n toename in vraag. Invoere vind plaas om die toenemende vraag te bevredig.
Hoekom is inkomstevlakke van die bevolking ‘n vraagrede vir die ontstaan van internasionale handel
Verandering in inkomste veroorsaak ‘n verandering in vraag en beteken Hoër besteebare inkomste.
Hoekom is styging in welvaart van die bevolking ‘n vraagrede vir die ontstaan van internasionale handel
Groter bevolking beteken groter vraag veral na luukse, duurder produkte.
Hoekom is persoonlike smake en voorkeure ‘n vraagrede vir die ontstaan van internasionale handel
Dit bepaal pryse.
Aanvraag na hoër-waarde produkte.
Hoekom is verandering in verbruikspatrone ‘n vraagrede vir die ontstaan van internasionale handel
Swak Ontwikkelde lande het ‘n hoër vraag na basiese produkte.
Goed Ontwikkelde lande het ‘n hoër vraag na luukse items.
Twee tipes voordeel:
1) Absolute voordeel
2) Vergelykende voordeel
Omskryf Absolute voordeel vir twee punte
‘n land het ‘n monopolie oor ‘n produk en kan dit produseer teen laer kostes of produktiwiteit; ‘n Voordeel bô alle lande a.g.v die feit dat alle lande ‘n verkil in klimaat, grond of vaardighede het.
Omskryf vergelykende voordeel in twee sinne.
Word gebruik om te bepaal waarin ‘n land moet spesialiseer. Beteken hulle het ‘n voordeel bô ander lande maar dit is in vergelyking met die ander opsies wat ‘n land self gehad het om in te spesialiseer.
Wat is die 6 Aanbod redes waarom internationale handel voorkom
1) Natuurlike hulpbronne
2) Arbeidsbronne
3) Gebrek aan entrepreneurskap
4) Klimaatstoestande
5) Tegnologiese hulpbronne
6) Spesialisasie
Hoekom is Beskikbaarheid van Natuurlike Huplbronne ‘n aanbodsrede vir hoekom internasionale handel ontstaan
NH is nie eweredig versprei tussen alle lande van die wêreld nie. ‘n Land kan slegs aanbied wat hulle kan produseer uit die hulpbronne wat hulle het ens.
Hoekom is Arbeidsbronne ‘n aanbodsrede vir hoekom internasionale handel ontstaan
Arbeid verskil van land tot land in terme van vaardighede, kennis, opleiding, kwaliteit, kwantiteit en koste.
Of geskoolde of ongeskoolde arbeid.
Hoekom is Gebrek aan entrepreneuskap ‘n aanbodsrede vir hoekom internasionale handel ontstaan
Lande met goeie entrepreneuriese vaardighede lewer meer g&d vir handel en is meer doeltreffend wat hoër aanbod beteken.
Hoekom is Klimaatstoestande ‘n aanbodsrede vir hoekom internasionale handel ontstaan
Lande het verskillende klimaatstoestande wat dit moeilik maak om sekere produkte teen ‘n laer prys as ander lande aan te lewer
Hoekom is Tegnologiese hulpbronne ‘n aanbodsrede vir hoekom internasionale handel ontstaan
Die ontwikkelingsvlak en innovasieprosesse van lande sal altyd verskil.
Hoekom is ‘n Spesialisasie aanbodsrede vir hoekom internasionale handel ontstaan
Internationale handel stel lande in staat om te spesialiseer in die produksie van goedere en dienste waarin hulle ‘n komparatiewe voordeel bô ander het en dus kan surplusprodukte uitgevoer word.
Wat is die uitwerking van Internationale Handel (4)
Spesialisasie
Massa produksie
Doeltreffendheid
Globalisering
Hoe lei IH na Spesialisasie
Spesialisasie veroorsaak dat lewenstandaard van landsburgers verbeter want elke land het meer goedere wat verhandel kan word teen laer kostes. Alle tekorte word ingevoer.
Hoe lei IH na Massaproduksie
Indien binnelandse en buitelandse vraag saamgevoeg word maak dit massaproduksie moontlik wat produksie meer bekostigbaar maak
Hoe lei IH na Doeltreffendheid
Internationale handel lei tot Mededinging lei tot doeltreffendheid lei tot laer pryse lei tot verhoogde inkomste van die verbruiker lei tot verhoging in lewenstandaarde
Hoe lei IH na Globalisering
Dit is die kern van Globalisering onder andere;
Inligtingstegnologie, vervoer, kommunikasie, multinasionale ondernemings, kapitaaliberalisme en standaardisering.
Wat is Buitelandse valuta
Geld wat van die buiteland verdien word a.k.a Forex
Wat is die buitelandse valutamarkte
Markte waar een geldeenheid vir ‘n ander verruil word. a.k.a valutahandel