Onderwerp 5 - Beplanning Flashcards
(22 cards)
Wat is beplanning?
-Is die proses wat deur bestuurders gevolg word om die besigheid te lei om doelwitte te bereik.
-Behels die identifisering van die organisasie se doelwitte en die ontwikkeling van n strategie om die doelwitte te bereik
-n plan is dus bloudruk,n gids vir doelwit bereiking
Die belangrikheid van beplanning
1.Verskaf die basis vir die ander bestuurstake
2.le die standaarde neer wat gebruik word ok beheer uit te oefen oor prestasiestandaarde en die aksieplanne wat ingestel is om dit te bereik en te monitor
3.Gee die organisasie n gevoel van rigting en doel
4.Is toekomsgerig
5.Verminder onsekerheid
6.Vergemaklik besluitneming
7.Bevorder innoverende idees
8.verminder oorvleuelende en verkwistende aktwiteite
9.verminder slegte besluitneming
10.bevorder koördinasie
11.Stel n organisasie in staat om sy strategiese en beperkte hulpbronne toe te ken op die beste manier moontlik
Vlakke van beplanning
TOP Vlak
Middel Vlak
Lyn Bestuur Vlak
Visie en missie
-Is kragtige stellings wat help om die organisasie te stuur om n hoër doel te bereik
-Die visie is wat die organisasie wil wees ,terwyl die missie verwys na die aksie wat nodig is vir die organisasie om sy visie te bereik
-Organisasies moet weet waar hulle wil wees
-Sodra hulle dit vasgestel het,moet hulle bepaal hoe hulle daar sal kom
Formule: Oor vyf jaar,…………………..(visie)deur…………………………(missie)
Stel van doelwitte (SMART)
Spesifiek
Meetbaar
Haalbaar
Relevant
Tydgebonde
Spesifieke planne:
-duidelik gedefinieerde planne wat geen ruimte vir misverstand laat nie
-doelwitte word duidelik gestel en en word duidelik gedefinieer
Rigtinggedrewe planne:
-vereis nie dat spesifieke doelwitte bereik moet word nie
-Verkieslik in dinamiese omgewings
Enkelgebruiksplanne:
-ontwikkel vir spesifieke situasies
-een keer en nooit weer gebruik nie
Staande planne:
-kan mettertyd aangepas word indien nodig
-beleide,prosedures en reels en regulasies is alle soorte staande planne
Doelwitte en doelstellings
-Moet duidelik aandui waarmee hulle verband hou
-kan ons leiding gee en ons aandag op take en doelstellings vestig
-kan lei tot volharding en dien as motiveerder
-bied n maatsaf vir prestasiemeting
-moet duidelik en meetbaar wees (SMART)
Die beplanningsproses:
- Bepaal en stel die organisatoriese doelwitte
- Assesseer bedreigings en geleenthede
- Evalueer sterk en swakpunte
- Lys alternatiewe maniere om doelwitte te bereik
- Kies die beste alternatief vir die bereiking van doelwitte
- Ontwikkel strategiee om die gekose alternatief na te streef
- Implementeer die planne
- Beheer en evalueer resultate
Besluitneming
-Is die doelgerigte keuse van n uitkoms uit n stel alternatiewe
-moet besluit watter doelwitte en doelstellings nagestreef moet word
-vind voortdurend plaas op alle gebiede van die sake-en bestuurstake
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
Sekerheid:
-individue is ten volle ingelig oor n situasie
-alternatiewe oplossings is duidelik
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
Risiko:
-besluite is gebaseer op vorige ervarings of persoonlike oordeel
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
Onsekerheid:
-min of geen relevante inligting is beskikbaar nie
-besluite is gebaseer op n opgevoede raaiskoot
-Covid 19 – baie onsekerheid
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
Roetine besluite:
-Is besluite wat mense op n daaglikse basis maak en wat min navorsing of tyd vereis
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
Aanpasbare besluite:
-word gemaak in reaksie op n ongewone situasie en behels die wysiging en verbetering van besluite wat in die verlede gemaak is
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
Innoverende besluite
-skep innoverende oplossings tot ongewone probleme
Die voorwaardes waaronder besluite geneem word
SWOT analise
-Is ontwerp om die sterkpunte,swakpunte,geleenthede en bedreigings wat n organisasie in sy bedryfsomgewing in die gesig staar,te ondersoek
S- Sterkpunte
S-Swakpunte
G-Geleenthede
B-Bedreigings
S- Sterkpunte
Identifiseer kernbevoegdhede en bou daarop om jou besigheid se doelwitte te ontmoet
S-Swakpunte
Deur jou onderneming se swakhede te erken is een van die eerste stappe om jou besigheid te verbeter en ook te oorweeg voordat sakebesluite geneem word
G-Geleenthede
Oorweeg ook hoe die aanspreek en uitskakeling van n spesifieke swakheid nuwe geleenthede kan skep vir die besigheid
B-Bedreigings
Bepaal watter eksterne uitdagings in die pad staan om jou doelwitte te bereik
Belsuitnemingsproses:
- Definieer en diagnoseer die probleem
- Stel doelwitte
- Soek alternatiewe oplossings
- Evalueer alternatiewe
- Kies tussen alternatiewe oplossings
- Implementeer gekose alternatief
- Volg op en beheer